top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leef ’n HOOFLETTER-lewe
Dit was Martin Luther King Jr wat op ‘n keer gesê het dat as jy ‘n straatveër is, dan moet jy dit doen met dieselfde oorgawe as waarmee die Italiaanse meester, Michaelangelo, sy beeldhouwerke uitgekap het. Of waarmee ’n Mozart sy geniale musiek gekomponeer het. Paulus het iets soortgelyk in gedagte in 1 Korintiërs 10:31 en in Kolossense 3:17. Hy sê naamlik hier dat alles in ons lewe oor die Here moet gaan. Of ons eet, of drink, of enigiets doen, ons doen dit vir Hom.
Stephan Joubert
18 minutes ago


Integriteit begin in die geheim
Integriteit is nie gelyk aan die doen van ’n paar vroom godsdienstige dinge nie. In Matteus 6:1-18 sê Jesus dat godsdienstige dade ook sonder integriteit kan gebeur. Dinge soos gebed, vas en hulp aan die armes kan maklik misbruik word om eie eer te verdien. Jesus se volgelinge moet daarom doelbewus kies om nie sulke dinge te doen om deur ander mense raakgesien te word nie. God se goedkeuring maak die heel meeste vir ons saak.
Stephan Joubert
Sep 18


Waag alles!
Luister ‘n bietjie na al daardie geykte Nuwejaarswense en verjaarsdagwense, dan hoor jy hulle almal gaan eintlik net oor voorspoed en geluk. Sulke wense is baie veilig. Wel, dis darem ook nie verkeerd om mekaar sulke mooi dinge toe te wens nie. Ons weet egter die lewe werk nie heeltemal so nie. Groen weivelde en stil waters is ons almal se droom, maar hoe leef ons die res van die tyd? Hoe help ons geloof ons wanneer ons op ander lewenspaaie moet loop?
Stephan Joubert
Sep 11


Vertrou die Here met jou geliefdes
Ons wil graag diegene naby aan ons in watte toedraai. Ons as ouers wil ons kinders beskerm teen die stampe en stote van die lewe. Net so wil ons ons huweliksmaats vrywaar van seerkry. Ons wil ons vriende ook op die hande dra. Maar ons kan ongelukkig nie altyd fisies daar wees vir mekaar nie. Boonop is dit dalk ook nie die wysste ding onder die son om ons geliefdes gedurig uit die avontuursones van die lewe te probeer weghou nie, want die lewe is nie sonder uitdagings en verra
Stephan Joubert
Sep 4


Ons is nie gemaak vir rak-staan nie
As party mense bid: “Bewaar my, Here,” dan bedoel hulle eintlik: “Preserveer my.” Of: “Moenie my gebruik nie.” Om kos te preserveer is om dit vars te hou tot by die vervaldatum op die verpakking. Sommiges wil hê die Here moet dieselfde met hulle doen. Hy moet hulle eintlik ongebruik deur die lewe laat gaan. Hulle moet heel en ongeskonde by Hom aankom wanneer hulle aardse rakleeftyd verstryk.
Stephan Joubert
Aug 28


Feit is …
FEIT IS: Ons mag nooit arrogant, traak-my-nie-agtig of ongeskik optree nie. Nooit nie! Anders word dit spoedig ook deel van ons normale gedrag.
Stephan Joubert
Aug 21


Gebed verskuif ons Godwaarts
Warren Wiersbe skryf die volgende woorde oor die impak van egte gebed: “Persistence in prayer is not an attempt to change God’s mind, but to get ourselves to the place where He can trust us with the answer.” Met ander woorde, gebed gaan nie daaroor dat ons God moet forseer om iets vir ons te doen nie. Gebed is nie ons aanhoudende pogings om God van opinie te laat verander sodat Hy begin dink soos ons nie. Dit is juis andersom. Gebed verander ons. Gebed belyn onsself met God s
Stephan Joubert
Aug 14


Geloof werk nie soos vernis nie
Vernis dien as ’n noodsaaklike beskermende boonste laag vir hout. Dit beskerm hout teen al die elemente. Daarom smeer ons dit graag aan ons huise se vensterrame en deure. Maar die dilemma met vernis is dat dit papierdun is. Dit werk, maar dit werk net vir ’n beperkte tyd. Binne ’n seisoen of twee vergaan hierdie vernisbolaag bo-oor hout. Vernis dring net nooit diep genoeg in om hout permanent te beskerm nie. Helaas gebeur dieselfde met baie van ons se geloof.
Stephan Joubert
Aug 7


Koffie is nie genoeg nie
“Ek was verkeerd, maar kom ons gesels daaroor oor ’n koppie koffie.” Ken jy ook sulke tipe opmerkings? Ander mense loop jou onder die stof, maar dan meen hulle ’n vinnige koffie kan ’n groot onreg of ’n lang tyd se seermaak in een kuier wegneem. Hulle dink ’n haastige ekskuus is genoeg salf vir sulke diep wonde. Wag, voordat jy my verkeerd hoor: natuurlik moet ons mekaar vergeef. Daarom is woorde soos “ekskuus” of “Ek is jammer wat ek jou aangedoen het” ook lewensbelangrik wa
Stephan Joubert
Jul 31


Handhaaf ’n gesonde volgafstand in ander se lewens
“Hands off!” “Hou jou afstand!” Ek moes hierdie les al ’n paar kere op die harde manier leer. Ek raak net te betrokke by ander mense se lewens. Ek wil graag hê hulle moet slaag. Ek wil nie hê hulle moet swaarkry of sukkel nie. Maar ek moes ook leer dat mense graag hulle eie stem wil behou. Hulle wil voel dat dit wat hulle bereik, ook te danke is aan hulle eie pogings en harde werk. Wanneer ander te betrokke raak by hulle eie projekte of aktiwiteite, voel dit later asof hulle
Stephan Joubert
Jul 24


Wees ook lief vir jouself
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. So leer Jesus ons in Matteus 22. Ja, jy moet die Here jou God heel eerste liefhê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. Maar dan voeg Jesus by dat die tweede gebod wat hieraan gelykstaan, is dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Jy kan nie ander mense liefhê as jy nie jouself ook liefhet nie. Jy moet in vrede en harmonie met jouself leef. Jy moet jouself op die regte manie
Stephan Joubert
Jul 17


My leefprogram vir vandag
Baie mense het aan die begin van die jaar goeie voornemens wat hulle die hele jaar lank moet hou. Gewoonlik hou dit nooit so lank nie. Mense hou nie vol hiermee nie. Die jaar is net te lank en hulle vergeet te gou. Kom ons doen dit dan vandag ’n bietjie anders. Kom ons besluit op ’n paar voornemens net vir vandag.
Stephan Joubert
Jul 10


God betaal duur om weg te kyk
Jy ken dit ook. Ek praat van daardie kyk! Dit gebeur wanneer iemand jou uitmekaar kyk. Of jou middeldeur kyk. Of jou ’n vuil kyk gee. Of jou aanstaar. Of jou klinies op en af kyk. Die Franse filosoof, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring “a sense of shame” oor jou. Jy weet daardie tipe kyke beoordeel en veroordeel jou. Jy voel dan of jy net die pad wil vat. Daarom is ek my pa, wat my van kleins af geleer het om mense nie uit te kyk nie, steeds dankbaar. Hy het my herin
Stephan Joubert
Jul 3


Ek hou aan om reddingstoue uit te gooi
Octavia Butler (1947-2006) skryf iewers: “Drowning people sometimes die fighting their rescuers.” Net so! Party mense wil nooit gehelp word nie. Hulle kies om op hulle eie voort te strompel. Hulle kies om hulle laste alleen te dra. Hulle verseg dat ander mense hulle bystaan. Hulle weier om gered te word. Watter redes hulle ook al aanvoer, jy en ek mag nooit moed opgee met mense wat oop oë aan’t sterf is nie. Nee, ons kan niemand forseer om ons hulp te aanvaar nie, maar ons ka
Stephan Joubert
Jun 26


Hy is nie maar net “die Man daarbo nie”
“Die man daarbo”, “the man upstairs.” Het jy ook al hierdie uitdrukkings gehoor? In sommige geselskappe word daar graag op sulke maniere na die Here verwys. Elke keer wanneer ek dit hoor, krap dit aan my siel. Nou die dag was die gekrappery een te veel, want toe vra ek summier vir iemand wat dit kwytraak: “On which floor?” Die ou het nie mooi verstaan nie. Toe sê ek vir hom hy het dan gepraat van die man “upstairs” en ek wil net weet op watter vloer bokant hom woon daardie ma
Stephan Joubert
Jun 19


Donker geheime het nie verblyfreg nie
Party mense leef jare lank met donker geheime. So lank as wat hierdie donkertes nie aangespreek word nie, is eindelose negatiewe emosies hulle metgeselle. Skuldgevoelens, woede, twyfel en ’n klompie ander donker emosies word dan daaglikse realiteite. Dit gebeur omdat almal wat geheime “tweede lewens” leef, groot slotte op hulle gewete moet plaas. Hulle moet die Heilige Gees se stem in hulle binneste onderdruk. Dit is hoekom donker emosies hulle metgeselle is, want hulle moet
Stephan Joubert
Jun 12


Moenie asiel verleen aan kleingeloof en twyfel nie
“Dit gaan swaar, want my kwota geduld vir hierdie jaar was al verlede jaar opgebruik,” sê iemand oor koffie. “Jy is gelukkig dis net jou geduld. My hoop vir die jaar is lankal daarmee heen,” merk iemand anders op. Inderdaad is dit moeilik om met hoop te leef as die stormwinde amper nooit ophou waai nie. Moeilikheid wemel orals. Korrupsie en misdaad neem oor. Hoe gemaak? Moet ons moed opgee?
Stephan Joubert
Jun 5


Ons kort Jetro se insig en Moses se leerbaarheid
Die bekroonde Amerikaanse joernalis, Ellen Goodman, vertel een keer in ‘n rubriek van iemand wat homself doodgewerk het. Ses dae per week was hy vasgekluister in sy kantoor vasgekluister. Toe beëindig ’n trombose sy lewe op 51-jarige ouderdom. By die begrafnis sê iemand vir sy vrou: “I know how much you will miss him.” Toe antwoord sy: “Oh, I already have.” Hy was lankal ’n “Lone Ranger”.
Stephan Joubert
May 29


Leef uit genade; deel dit ook met ander
Eutropius was die tweede magtigste man onder keiser Arkadius in die Bisantynse Ryk. Na ’n suksesvolle militêre veldtog is hy in die jaar 399 tot konsul bevorder. Sy magsmisbruik het egter veroorsaak dat die keiser se vrou, Eudoksia, hom wou doodmaak. Eutropius het in die bekende Hagia Sofia in Konstantinopel gaan skuil. Soldate wou hom daar arresteer. Maar dit was ’n Saterdag en hulle het besluit om te wag. Daardie Sondag het Chrysostomus, die biskop van Konstantinopel, gepre
Stephan Joubert
May 22


Hoe om dwaas te leef met jou besittings
Prediker 5 deel ’n aantal beginsels oor hoe om nie deur jou besittings besit te word nie.
Stephan Joubert
May 15


Jy kan nie altyd kry wat jy wil hê nie
Dit is Mick Jagger en die Rolling Stones wat iewers sing: “You can’t always get what you want.” Hulle is heeltemal reg. Nogtans speel te veel mense se lewens af in daardie immer gewilde “behoefte-aangedrewe vallei.” Hulle word gedurig aangedryf deur hulle “wants and needs”, soos wat die Engelse sê. Die probleem met so ’n tipe leefwyse is dat dit ‘n bodemlose put is. Behoefte-aangedrewe mense het nooit genoeg van dit wat hulle voltyds najaag nie. Daar is altyd nog iets wat hul
Stephan Joubert
May 8
bottom of page
