top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die onpopulêrste boodskap ooit: Word ‘n voetewasser
Dis ‘n ongelooflike eer as iemand voor my kom kniel om as ‘n teken van respek / waardering my voete te was, maar ook onbeskryflik “humbling”. Om egter die kniel- en waswerk te doen, is nie so eenvoudig nie. Veral nie wanneer die een wie se voete gewas moet word, beslis geen eerbetoon verdien nie. My huweliksmaat, wat my gedurig kritiseer en verkleineer, my tienerkind, wat my sonder respek behandel, my pa / ma wat my nooit gewys het wat liefde is nie, moontlik ‘n vriend of ken
Alet Gardner
17 hours ago


Wanneer Jesus sê: Volg My
Daar is ‘n oomblik in Matteus 9:9 wat te goed klink om waar te wees: “Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ‘n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: ‘Kom! Word my dissipel!’ Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword.”
Helena Smith
Jun 9


Sing is ‘n vreugde en ‘n opdrag
Sing is iets wat ons almal op een of ander stadium in ons lewens doen, of dit nou as kind by die skool is, in die privaatheid van die stort, as deel van ‘n koor of bloot net vir die plesier daarvan. Om te sing is maklik, dis verniet en het ‘n hele string gesondheidsvoordele. Sang verlaag kortisol en verlig stres en spanning en dit verbeter ook depressie en gevoelens van eensaamheid.
Elmarie van der Westhuizen
Jun 3


Waagmoedige gebed
‘n Tyd gelede vra ‘n vriendin vir my of ek sal bid vir ‘n persoon, wat ek glad nie ken nie. Die persoon was ernstig siek na ‘n geweldige hartaanval. Die dokters het nie gedink hy sal dit oorleef nie. Almal was bekommerd en ontroerd, want die gesin se kinders was klein en Mamma was ook siek met kanker. Ek was so aangeraak deur hierdie gesin dat ek ook saam gebid het vir die herstel van hulle pappa. Metter-tyd was daar beterskap en later herstel. Maande daarna word ek onverwags
Marietjie Joubert
May 26


Vergifnis – die onbeskryflike groot gawe
Dis Goeie Vrydag en terwyl ek stil word rondom die verhaal van die kruisiging, besef ek opnuut watter onbeskryflike groot prys Jesus betaal het sodat ek vergifnis mag ontvang. Aan die kruis het Hy die pyn, fisies, emosioneel en veral geestelik gely sodat ek vergifnis kan ontvang, waarlik vrygemaak mag wees.
Alet Gardner
May 20


Oor bekommernisse, skandes en die goed wat my gelukkig maak
Hierdie is my laaste skryfstuk vir die eKerk se “My Lewe”-nuusbrief. Ek het lank gedink oor my afskeidswoorde en besluit om grepe uit my lewe te deel: die goed waaroor ek bekommerd is, wat my gelukkig maak en waaroor ek nie eintlik praat nie.
Liezel Lüneburg
May 12


“Julle is die sout van die aarde... Julle is die lig van die wêreld." Matt. 5:13-16
Jesus gebruik die metafoor van sout en lig in Matteus 5 vers 13 om ons te help verstaan watter positiewe, veranderende invloed ons, Sy volgelinge, op die wêreld kan hê. Hy sê ons is sout en lig. Vers 13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie.” (AFR83)
Elmarie van der Westhuizen
May 6


Keuses, keuses, keuses!
Ons 6-jarige seun, wat aangespreek was omdat hy in die klas dagdroom, se verduideliking was: “Hoe moet ‘n mens weet watter een die regte vrou is om mee te trou?” Vandag se jongklomp staan voor talle keuses: Watter vakke om te kies, wat om na skool aan te pak, waar om vir werk aansoek te doen, wie om as lewensmaat te kies … Ons praat nie eers van keuses rondom verblyf, die beplanning van ‘n gesin nie. Dan is daar die keuses rakende die ondersteuning van my kind in die keuses w
Alet Gardner
Apr 22


Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval
As jong hoërskooldogters moes ons gereeld tydens saalbyeenkomste Psalm 16:6 opsê: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. Ja, my erfenis is vir my mooi.” (Lees gerus die pragtige vertaling in Die Boodskap).
Helena Smith
Apr 14


“'n Soet vriendskap verkwik die siel." (Spreuke 27:9)
Die Amerikaanse pastoor en skrywer, Stuart Briscoe, vertel die verhaal van 'n vriend, wat as tiener dikwels 'n ou vrugteboom gebruik het om uit sy slaapkamervenster op die tweede verdieping te ontsnap, veral as sy pa hom wou straf. Eendag het die pa aangekondig dat hy die ou boom gaan afkap omdat dit jare lank nie vrugte gedra het nie. Daardie aand het die seun en sy vriende 'n klomp appels gekoop en in die donkerte vrugte aan die onproduktiewe takke vasgemaak. Die volgende o
Elmarie van der Westhuizen
Apr 8


Vrede vir julle
Corrie en Betsie ten Boom was twee toegewyde Nederlandse sussies, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog Jode in hulle huis weggesteek het. Hulle is deur die Nazi’s in Februarie 1944 gevange geneem en in September na die Ravensbrük-konsentrasiekamp gestuur, nadat hulle in die tronk was.
Marietjie Joubert
Mar 31


Vroeg herfs
Vir diegene wat in die noorde van die land bly, raak dit dáárdie tyd van die jaar: kosmos langs die pad. Gedurende die middel van die somer let ek nie juis hierdie betrokke plante op nie. Hulle lyk te veel soos kakiebos of gras, maar slegs totdat hulle meteens begin blom!
Siegfried Louw
Mar 17


God se hart vir seer verhoudings
“It is because we are created in the image of the Trinity that loneliness is so crushing, that broken relationships are so debilitating, that death is so painful. Lack or loss of relationships violates our essential nature, created to reflect the relational essence of God.” – Darrell Johnson (“Experiencing the Trinity”)
Elmarie van der Westhuizen
Mar 11


Kleredragvoorskrifte vir elke geleentheid
Een van die mees bevredigende ervarings, wat Brink in sy klerewinkeldae gehad het, was om ‘n jongman te adviseer in die keuse van die regte uitrusting vir ‘n werksonderhoud. Die jongman het kiertsregop by die winkel uitgestap, vol selfvertroue, en na die tyd met trots kom vertel: “Ek het die werk gekry!”
Alet Gardner
Mar 4


Is jy ‘n weerkaatser van die Lig?
‘n Ruk gelede het ek ‘n storie oor twee vuurtorings gelees. Langs ‘n ruwe stuk kuslyn, wat baie rotsagtig was, het vele skepe gestrand. Die owerhede het toe besluit om twee vuurtorings te bou. Een was ‘n gewone vuurtoring met ‘n helder lig daarin. Die tweede vuurtoring het geen lig van sy eie gehad nie, maar ‘n groot spieël. Dit het die lig van die eerste vuurtoring perfek op die see weerkaats. So het die gekombineerde lig van die twee torings die skepe deur veilige waters ge
Helena Smith
Feb 17


Volharding in gebed
“Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor!” (DB) 1 Tessalonissense 5:17 Die evangelis George Müller was bekend vir sy gebedslewe. Hy was gedissiplineerd in sy volharding in gebed. Hy het geskryf: “I live in the spirit of prayer. I pray as I walk about, when I lie down and when I rise up. And the answers are always coming. Thousands and tens of thousands of times have my prayers been answered. When once I am persuaded tha
Elmarie van der Westhuizen
Feb 11


Hoe ryk is jy?
Die haelstorms in Gauteng en die res van die land, wat in November plaasgevind het, het my diep getref. Ons het die oggend vroeg opgestaan en die verwoesting in die tuin gadegeslaan. My trane het vlak gelê! Ek was ontsteld oor die rafels, wat oorgebly het van die krismisrose, gebreekte takke, blare wat soos ‘n mat op die gras lê en en potplante wat ek nie kon herken nie. Met swaar harte het ons swart sakke gaan haal en begin hark en vee. Ek was sommer swaarmoedig.
Marietjie Joubert
Feb 3


Fiksheid met ewigheidswaarde
Deesdae kan ‘n mens skaars straat-af kyk of daar is ‘n hardloper of twee, wat hulle daaglikse oefening inkry. Loer by die gym in en dis stampvol gesondheidsbewustes, van wie die sweet aftap. Hierdie strewe na fisiese fiksheid is natuurlik goed vir liggaam en siel, soos wat die ou Grieke geglo het. Paulus het egter in sy brief aan Timoteus gewaarsku dat ons nie die heel belangrikste oefening moet afskeep nie
Elmarie van der Westhuizen
Jan 21


Kokketiel
Meer as vier dekades gelede was ek in die Kinderkrans. My ma was een van die Kinderkranstannies, so ons was van die eerstes wat op ʼn Maandagmiddag opgedaag het. Ons was ook van die laastes wat huis toe gegaan het, met huiswerk wat nog wag. By die Kinderkrans het ons vele rye stoele gevul en dan het die predikant se vrou met ons geraas, omdat almal hulle bene swaai terwyl sy praat. Daar het die orrelis vir ons nuwe liedere uit die Gesangeboek geleer. Ons het met elke kwartaala
Siegfried Louw
Jan 20


‘n Ontmoetingsplek met God
Die voorreg van ‘n lewe, wat iets weerspieël van ‘n ontmoetingsplek met God, die hele jaar deur - dít is die ideaal en hierdie ideaal begin by die tyd, wat ek alleen in Sy teenwoordigheid deurbring. Stiltetyd is die wonderlike voorreg van alleentyd aan die voete van my Vader, op uitnodiging van Jesus self. Dis hier waar Hy Sy Woord vir my oopbreek, waar ek Hom beter leer ken. Dis hier waar ek kan luister na die sagte stem van die Heilige Gees, herinner word aan die woorde, di
Alet Gardner
Jan 7


As jy in 2026 deur beproewing gaan
Daar is twee dinge, waarvan ons in die nuwe jaar seker kan wees. Aan die een kant kan elkeen op die een of ander vlak gemeenskap, vriendskap, liefde, genade, aanvaarding, voorspoed en ander goeie en mooi dinge te wagte wees. Wat 'n wonderlike vooruitsig!
Liezel Lüneburg
Jan 6
bottom of page
