top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leier, jy hét meer as wat jy dink!
Leiers kan maklik data-junkies word. Ons het al voorheen gesê dat leiers vandag ‘n gebrek aan durf toon en dan graviteer na ‘n oorafhanklikheid van data, tegniek en navorsing, óf ‘n oordrewe empatie met onvolwasse mense sonder om hulle aanspreeklik te hou. Vandag spreek ons die eerste scenario aan: die onvolwasse manier waarop sommige leiers met data en navorsing omgaan.
Roedolf Botha
1 day ago


Moenie “ongerieflik afgestomp” raak nie
Leonard Sweet deel iewers die volgende waarheid: “In the medical world, a clinical definition of death is a body that does not change. Change is life. Stagnation is death. If you don't change, you die. It's that simple. It's that scary.”
Stephan Joubert
3 days ago


Jy is meer as miljoene atome wat na-doods gaan hersirkuleer
Die skrywer-akademikus, Alan Lightman, skep in een novelle ’n godheid genaamd Mr g. As dié ’n vrou sien sterf aan ’n ernstige siekte, weet hy die miljarde atome in haar liggaam sal nadoods hersirklueer word. Daardie sowat 21% koolstofdioksied en 10,1% waterstof in haar liggaam sal tydens haar verassing met ander gasse in die lug verbind. Ander elemente van haar liggaam sal eventueel ook deur plante opgeneem word; party sal selfs in reënwater beland en nog ander sal in suursto
Stephan Joubert
6 days ago


Woede is verstaanbaar, maar geloof is beter
Somtyds verras Hollywood ‘n mens aangenaam met die geestelike insigte waarmee hulle in flieks vorendag kom. Ander kere weer moet ‘n mens maar mooi onderskei en swaar sluk. Hoe dit ook al sy, in die tweede X-men fliek, X-2, vind daar ‘n interessante gesprek tussen twee superhelde, Storm en Nightcrawler plaas. Storm is weens haar hartseer agtergrond van misbruik deur baie mense, uiters bitter, kwaad en kort van draad. Haar vertroue in ander mense is ook baie laag en gevolglik d
Roedolf Botha
Oct 7


Om goed te wees, is om goed te doen
Psalm 119:68 bely dat God goed is; daarom doen Hy goed. Die Boodskap stel dit as volg: “U is die Bron van alles wat goed is, U doen net goeie dinge.” Inderdaad! God is goed. God is goed vir álmal op aarde. Hy is uitsonderlik goed vir al Sy kinders. Hy oorlaai ons met al Sy genade. Hy doen dit aanhoudend. Hy doen dit vir altyd.
Stephan Joubert
Oct 5


Maak jou ore oop vir hoop
Asaf verloor amper sy laaste greintjie geloof in Psalm 73. Dit gebeur as hy sien hoe sleg dit met homself gaan en hoe goed dit met goddeloses, wat nie die Here dien nie, gaan. Luister net hoe hy verwyte uitklaag in vers 13-14 (DIE BOODSKAP): “Ekself het verniet gedoen wat God sê. My gebede het niks gehelp nie. Dit was ‘n mors van tyd, want elke nuwe dag het ‘n vrag vol nuwe probleme op my gewag. Daar was geen einde aan my swaarkry nie.
Stephan Joubert
Oct 2


Jesus maak ons miljoenêrs
Een van die mees inspirerende Christen-denkers van die laaste honderd en vyftig jaar is sekerlik GK Chesterton. Onlangs het die BBC ‘n TV-reeks van sy reeks Father Brown-stories vervaardig. Dis werklik goeie kykmateriaal. Father Brown is die plaaslike priester van die katolieke gemeente in ‘n klein dorpie. Hy is baie skerp in sy waarnemingsvermoë en daarom is hy dikwels geneig om misdade en veral moorde te ontrafel en die skurk te aan die kaak te stel, nog voordat die polisie
Roedolf Botha
Sep 29


Selfgedifferensieerde leiers
‘n Paar nuusbriewe gelede het ons begin gesels oor Edwin Friedman se navorsing aangaande leierskap waarin hy die punt maak dat daar vandag ‘n gebrek aan durf en moed by leiers bestaan as gevolg van ons angstige samelewing. Leiers word in baie toksiese omgewings nie toegelaat om die leiding te gee wat hulle behoort te gee, om gemeenskappe te laat floreer nie. Ek sê “leiers word nie toegelaat nie”, maar Friedman bedoel ook dat leiers bang is om die leisels te neem. Ons het daar
Roedolf Botha
Sep 28


God het nie verskuilde kante nie
Ons is nie geroep om alles in die lewe te verstaan of te verklaar nie. Ook skuld ons nie antwoorde aan almal oor elke denkbare geloofsvraag, probleem, of krisis nie. Daarom verval ons nooit in oorhaastige clichés soos dat God op misterieuse wyses werk nie. God is nie ’n misterie nie, nie in die sin dat Hy totaal onbegrypbaar en onkenbaar is nie. God het Homself genoegsaam in die Bybel bekendgemaak sodat ons in ’n verhouding met Hom kan leef. Sy wil is ook nie in ’n misterie g
Stephan Joubert
Sep 28


Leef ’n HOOFLETTER-lewe
Dit was Martin Luther King Jr wat op ‘n keer gesê het dat as jy ‘n straatveër is, dan moet jy dit doen met dieselfde oorgawe as waarmee die Italiaanse meester, Michaelangelo, sy beeldhouwerke uitgekap het. Of waarmee ’n Mozart sy geniale musiek gekomponeer het. Paulus het iets soortgelyk in gedagte in 1 Korintiërs 10:31 en in Kolossense 3:17. Hy sê naamlik hier dat alles in ons lewe oor die Here moet gaan. Of ons eet, of drink, of enigiets doen, ons doen dit vir Hom.
Stephan Joubert
Sep 25


Party kerkverlaters dryf jou nader aan die Here
Dis gewild om te vertel hoe party gelowiges se droogmakery mense wegdryf van die kerk af. Gedurig moet jy hoor van mense wat hulle geloof vaarwel geroep het oor kerklike skynheiligheid. Maar min mense vertel ooit vir jou hoe nie-gelowiges se hooploosheid en uitspattige leefwyses ander mense tot geloof gelei het. Dit besef ek opnuut toe ek lees hoe iemand op sosiale media sê sy is moeg om gedurig te moet hoor van mense wat hulle geloof prysgegee het as gevolg van sekere gelowi
Stephan Joubert
Sep 21


Integriteit begin in die geheim
Integriteit is nie gelyk aan die doen van ’n paar vroom godsdienstige dinge nie. In Matteus 6:1-18 sê Jesus dat godsdienstige dade ook sonder integriteit kan gebeur. Dinge soos gebed, vas en hulp aan die armes kan maklik misbruik word om eie eer te verdien. Jesus se volgelinge moet daarom doelbewus kies om nie sulke dinge te doen om deur ander mense raakgesien te word nie. God se goedkeuring maak die heel meeste vir ons saak.
Stephan Joubert
Sep 18


Moenie ’n drie-sekonde uitkyker wees nie
Hulle sê mense is uitkykers. Iewers word ons almal op en af gekyk, uitgekyk, deurgekyk, aangestaar, vuil gekyk, stukkend gekyk … jy noem dit! Almal van ons ken dit. Almal van ons doen dit een of ander tyd. Ons word uitgekyk en ons kyk uit. Ons kyk en vorm opinies. Ander staar ons aan en doen dieselfde.
Stephan Joubert
Sep 14


Waag alles!
Luister ‘n bietjie na al daardie geykte Nuwejaarswense en verjaarsdagwense, dan hoor jy hulle almal gaan eintlik net oor voorspoed en geluk. Sulke wense is baie veilig. Wel, dis darem ook nie verkeerd om mekaar sulke mooi dinge toe te wens nie. Ons weet egter die lewe werk nie heeltemal so nie. Groen weivelde en stil waters is ons almal se droom, maar hoe leef ons die res van die tyd? Hoe help ons geloof ons wanneer ons op ander lewenspaaie moet loop?
Stephan Joubert
Sep 11


Mense se reaksies is nie ons saak nie
People will always remember how you made them feel …” Hierdie is ‘n gewilde sê-ding op sosiale media. Elke keer wanneer ek dit raaklees, wonder ek hieroor. Dalk gebeur dit omdat sulke idees nooit voorop in my eie kop is nie. Ek probeer nie om mense se herinneringe te bestuur nie. Ek probeer nie doelbewus om hulle gevoelens teenoor my te beïnvloed nie. Om dit te doen, sou vir my op manipulerende gedrag neerkom.
Stephan Joubert
Sep 7
bottom of page
