top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Hier lê iemand wat groot potensiaal gehad het …
“Happiness is about living the story you also want to read about.” Toe ek dit op X (Twitter) kwytraak, wonder ek of ek met myself saamstem! Maar toe dink ek dat ek op so ’n manier probeer leef dat my lewe betekenis het. Niemand van ons wil tog ’n nuttelose lewe leef nie. Ons wil nie hê mense moet na ons dood op ons grafstene iets skryf soos “Hier lê iemand wat lewenslank groot potensiaal gehad het" nie.
Stephan Joubert
2 days ago


Fiksheid met ewigheidswaarde
Deesdae kan ‘n mens skaars straat-af kyk of daar is ‘n hardloper of twee, wat hulle daaglikse oefening inkry. Loer by die gym in en dis stampvol gesondheidsbewustes, van wie die sweet aftap. Hierdie strewe na fisiese fiksheid is natuurlik goed vir liggaam en siel, soos wat die ou Grieke geglo het. Paulus het egter in sy brief aan Timoteus gewaarsku dat ons nie die heel belangrikste oefening moet afskeep nie
Elmarie van der Westhuizen
4 days ago


Kokketiel
Meer as vier dekades gelede was ek in die Kinderkrans. My ma was een van die Kinderkranstannies, so ons was van die eerstes wat op ʼn Maandagmiddag opgedaag het. Ons was ook van die laastes wat huis toe gegaan het, met huiswerk wat nog wag. By die Kinderkrans het ons vele rye stoele gevul en dan het die predikant se vrou met ons geraas, omdat almal hulle bene swaai terwyl sy praat. Daar het die orrelis vir ons nuwe liedere uit die Gesangeboek geleer. Ons het met elke kwartaala
Siegfried Louw
5 days ago


Wees weerstandig. Wees veerkragtig!
Oor die afgelope jare het ’n nuwe term gewild geraak. Ek praat van die Engelse woord “resilience.” In Afrikaans word dit gewoonlik met veerkragtigheid vertaal. Ekself sou dit ook met weerstandigheid wou vertaal. In elk geval, “resilience” dui onder andere op die vermoë van indiwidue om hulleself te midde van veranderinge en chaos te handhaaf. Die bekende skrywer, Nasim Nicholas Taleb, praat egter van ’n ander term. Hy praat van anti-fragile of anti-breekbaarheid. Dit gebeur w
Stephan Joubert
6 days ago


Hier is twee dinge wat God wel vir ewig oor jou onthou
God het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles wat Hy wil onthou vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons as Sy kinders wil onthou. Die eerste ding is dat Hy vir altyd sal onthou om ons as Sy kinders styf in Sy hand vas te hou. Jesus vertel in Johannes 10:28-30 dat niemand ons ooit uit God se hand sal wegruk nie. Hoor weer: God onthou ons nie net vir ewig nie; Hy hou ons ook vir ewig styf vas! Hy sorg dat ons Syne is, vir
Stephan Joubert
Jan 16


Ons is voorprente van wat kom
Ek is ‘n flieksnob, maar nie weens die rede wat julle dalk dink nie. Dis nie omdat ek slegs al die hoogdrawende of somber kunsflieks kyk nie. Ek hou ook van die meeste van die populêre flieks wat op 𝘕𝘦𝘵𝘧𝘭𝘪𝘹 of 𝘗𝘳𝘪𝘮𝘦 𝘝𝘪𝘥𝘦𝘰 vertoon word of in teaters draai. Ek is ‘n flieksnob, nie omdat ek slegs van sekere akteurs of regisseurs hou nie. Ek is ‘n flieksnob omdat ek ‘n groot probleem het met mense wat laat kom. Nou praat ek natuurlik van wanneer ‘n mens na ‘n tea
Roedolf Botha
Jan 13


Geloof gebeur só in 2026
Sê vanjaar meer dankie en vra minder wanneer jy bid. Loof en dank God meer. Kla minder.Skuif vanjaar jou manier van kyk. Sien God se goedheid heel eerste in ander mense raak, nie dit wat hulle verkeerd doen nie. Moenie ’n voltydse foutvinder wees nie. Wees eerste ’n genade-raaksiener. Sien eerste raak hoe God Sy kinders verander om Sy heerlikheid te weerspieël (2 Korintiërs 3:18). Sê ook heel eerste vir Hom dankie vir die geloofsgroei wat jy in hulle lewe opmerk (1 Tessalonis
Stephan Joubert
Jan 12


God onthou nooit alles oor jou nie
Wanneer sommige mense te na gekom word, roep hulle graag vir God tot getuie dat Hy die skuldiges hiervoor sal terugkry. Dan hoor jy opmerkings soos: “Die Here slaap nie!” Hulle dink God het ’n langtermyngeheue vir terugkry. Die korrekte Bybelse feit is dat God nie altyd so ’n langtermyngeheue het soos wat hulle dink nie. Dikwels ly Hy aan amnesia. Hy vergeet van Sy kinders se sondes. In Psalm 103:12 hoor ons dat die Here graag Sy kinders se sondes so ver verwyder soos wat die
Stephan Joubert
Jan 9


Eenvoud maak goeie leiers
Ek was my hele lewe lank geïnteresseerd in en gefassineer deur leierskap. Selfs as kind, alhoewel ek nie werklik verstaan het wat leierskap is of waaroor dit werklik gaan nie, was ek onbewustelik deur temas wat later met leierskap geïdentifiseer sou word aangegryp. Een van die dinge wat vir my soos ‘n paal bo water staan is dat die eenvoudigste of kortbondigste stellings soms die meer blywende impak op my eie leierskap gemaak het. Een so ‘n stelling bly my nog my hele lewe la
Roedolf Botha
Jan 9


‘n Ontmoetingsplek met God
Die voorreg van ‘n lewe, wat iets weerspieël van ‘n ontmoetingsplek met God, die hele jaar deur - dít is die ideaal en hierdie ideaal begin by die tyd, wat ek alleen in Sy teenwoordigheid deurbring. Stiltetyd is die wonderlike voorreg van alleentyd aan die voete van my Vader, op uitnodiging van Jesus self. Dis hier waar Hy Sy Woord vir my oopbreek, waar ek Hom beter leer ken. Dis hier waar ek kan luister na die sagte stem van die Heilige Gees, herinner word aan die woorde, di
Alet Gardner
Jan 7


As jy in 2026 deur beproewing gaan
Daar is twee dinge, waarvan ons in die nuwe jaar seker kan wees. Aan die een kant kan elkeen op die een of ander vlak gemeenskap, vriendskap, liefde, genade, aanvaarding, voorspoed en ander goeie en mooi dinge te wagte wees. Wat 'n wonderlike vooruitsig!
Liezel Lüneburg
Jan 6


Stel jou dagboek en jou horlosie betyds reg in 2026
In Jonathan Swift se verhaal, Gulliver’s Travels, vertel hy hoe Gulliver in ’n dorpie genaamd Lilliput aankom waar klein mensies woon. Iewers bespreek hulle Gulliver se sakhorlosie. Hulle ken nie so iets nie. Swift beskryf hulle waarneming as volg: “They identified it immediately as the god he worshipped. After all, he seldom did anything without consulting it: he called it his oracle and said it pointed out the time for every action in his life.”
Stephan Joubert
Jan 5


Sê nou ons is ook doodgewoon vir Jesus …
Sê nou ons geloof sou nie kragaangedrewe wees nie, maar diensaangedrewe … Sê nou ons belangrikste geloofsimbole sou nie magsbeelde wees nie, maar simbole wat nederigheid uitbeeld … Sê nou ons sou nie magtige vegters vir die Here probeer wees nie, maar doodgewone knegte wat nie erkenning soek nie en ander mense in Sy Naam dien … Sê nou ons sou nie die klem laat val op al ons geestelike deurbrake en suksesse nie … Sê nou ons lewens sou stil, mooi verhale vertel van hoe Christu
Stephan Joubert
Jan 2


Ek durf 2026 so aan..
Ek het ’n paar jaar gelede vir myself ’n aantal kompaswysers neergepen vir die nuwe jaar wat wag. Ek deel dit met jou hier op die vooraand van 2026:
Stephan Joubert
Dec 29, 2025


Is daar ’n doel met alles in die lewe?
Halwe waarhede oor God word jare lank in stand gehou sonder dat ’n haan daaroor kraai. Een so ’n halwe waarheid is dat alles in die lewe volgens ’n onveranderlike hemelse meesterplan gebeur. En dat daar ’n doel met alles is. Dit is maklik vir mense om sulke idees te glo totdat die dood wreed toeslaan. Wanneer iemand naby aan hulle byvoorbeeld op ‘n onnatuurlike manier sterf, is dit skielik nie meer so maklik om te glo alles in die lewe is in klipharde sement gegiet nie. Dit v
Stephan Joubert
Dec 26, 2025
bottom of page
