top of page

My leefprogram vir vandag

  • Stephan Joubert
  • Jul 10
  • 1 min read

Teksgedeelte: 1 Petrus 5:7


Baie mense het aan die begin van die jaar goeie voornemens wat hulle die hele jaar lank moet hou. Gewoonlik hou dit nooit so lank nie. Mense hou nie vol hiermee nie. Die jaar is net te lank en hulle vergeet te gou. Kom ons doen dit dan vandag ’n bietjie anders. Kom ons besluit op ’n paar voornemens net vir vandag. Kom ons leef net een vandag op ’n slag vir die Here:


*Vandag gaan ek in Jesus se voetspore volg (1 Petrus 2:21). Ek gaan opnuut by Hom leer hoe om in liefde te leef. Ek gaan nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Woede en haat gaan geen verblyfreg in my hart kry nie. Skerp woorde gaan nooit op my tong welkom wees nie. 


*Vandag gaan ek aan ander mense in die Here se Naam goed doen. (1 Petrus 2:17)


*Vandag gaan ek na oud en jonk opkyk. Ek gaan nooit dink ek is te belangrik om ander mense met deernis raak te sien nie. (1 Petrus 5:5)


*Vandag gaan ek nederig in die teenwoordigheid van God leef. (1 Petrus 5:6-7) Ek gaan al my bekommernisse by Hom neersit en Hom met my hele lewe vertrou.


*Vandag gaan ek oopkop en sober leef. (1 Petrus 5:8) Ek gaan my nie deur elke nuwe wind van koers af laat waai nie. Ek gaan sterk en stewig in my geloof staan.


Gebed: Vandag is U dag. Vandag leef ek my lewe vir U. Word verheerlik in elke gedagte, elke emosie, elke woord en elke daad van my.

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page