top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie ʺleegtesʺ maak van mekaar nie
In een van die nuutste superheldflieks, Thunderbolts, wat hierdie jaar begin draai het, word ‘n groepie verworpe losers die superhelde van die wêreld. Hulle kom uit onvolmaakte, gebroke omstandighede, agterlike families en twyfelagtige omgewings. Tog word hulle die goeie mense wat die wêreld uiteindelik van ondergang red. My ervaring van die fliek het my laat dink aan die vroeë kerk.
Roedolf Botha
7 days ago


Kennis en intelligensie is nie genoeg nie
Moes Robert Oppenheimer ooit die atoombom gebou het, of nie? Dis die vraag. Het die Tweede Wêreldoorlog werklik gevra vir so ‘n drastiese skepping van dood en vernietiging? Dis sekerlik ‘n ope vraag. Dis die vraag waarmee Christopher Nolan se onlangse fliek, Oppenheimer, spook. Die prent handel oor die proses en dinamika agter die bou van die eerste atoombomme, wat op Hirosjima en Nagasaki geval het. Die klem word veral geplaas op die geweldige imposante span van briljante fi
Roedolf Botha
Nov 4


Wat om te doen met jou vrees
Die Bybel sê dat ons nie in vrees moet lewe nie. Vrees kan ‘n mens verlam. Vrees het die vermoë om elke stukkie potensiaal in ‘n mens te laat kwyn en verdwyn. Teveel vrees maak jou nie veilig nie - dit maak jou minder. As Jesus gevrees het, sou Hy nooit by die kruis uitgekom het nie en ons sou nog almal in ons sonde vasgevang wees. ‘n Baie praktiese illustrasie uit ons kultuur is die eerste fliek in Christopher Nolan se Dark Knight -trilogie, Batman Begins . Hierdie unieke fl
Roedolf Botha
Oct 21


Bly op die Jesus-pad
Volharding is ‘n waarde en strewe wat baie opvallend is in die Nuwe Testament. Die vermoë om uit te hou en aan te hou, om dag in en dag...
Roedolf Botha
Oct 7


Jesus-navolging is ‘n uitruiltransaksie
Wanneer ons onsself aan Jesus vasmaak, maak ons onsself by implikasie los van ander goed. Indien ‘n mens die nuutste F1-fliek van uit...
Roedolf Botha
Sep 23


Sal jy Superman vertrou met al die mag?
Wie sal jý vertrou met al die mag? Die nuutste Superman -fliek het die afgelope paar weke begin vertoon. Die superheldflieks bly maar ‘n...
Roedolf Botha
Sep 9


Geloof sonder risiko is nutteloos
As jy wil hê jou lewe moet ‘n blye, sinvolle avontuur wees, moet jy aan risiko’s gewoond raak. Avontuur en absolute veiligheid loop nie...
Roedolf Botha
Aug 26


How to train you dragon en gebroke verhoudings
Die laaste paar maande het daar ‘n reproduksie van die 2010 fliek, How to train your dragon, verskyn Die fliek het my geweldig baie herinner aan die belangrikheid van gesonde verhoudings en hoe fundamenteel belangrik veral ouer-kindverhoudings is in die uitleef van ons geloof.
Roedolf Botha
Aug 12


Word ons lewens deur noodlot beheer?
Die fliek, Ballerina, is die vyfde prent in die John Wick-reeks. Hierdie reeks rolprente is baie kontroversieel in sekere kerkkringe, maar bly ‘n fassinerende kreatiewe genre wat afspeel in die sluipmoord-industrie. Omdat die tonele dus wemel van geweld is dit nie vir almal om te kyk nie. Nietemin is daar, soos wat die reeks flieks ontwikkel, baie interessante en diep temas besig om vorm aan te neem. Die karakter, John Wick, is ‘n individu wat aanvanklik te na gekom is en wat
Roedolf Botha
Jul 29


Van ver af is enige iemand vlak
Flieks soos Shrek het vir my soveel sosiale kommentaar van hoe vandag se mense stereotipes maak van mense en dinge wat ons nie verstaan nie. Die voor-die-hand-liggende voorbeeld in die fliek is Shrek self. Hy is ‘n ogre, ‘n monster. Almal in die dorpie wil hom net uitwis of doodmaak want monsters is mos almal sleg. Dis wat almal hulle kinders leer van kleins af. ‘n Mens moet immers jou vyande ken. Van ver af lyk die optrede van enige iemand verdag en die persoon word as sleg
Roedolf Botha
Jul 15


Die kruis of ‘n six-pack?
Ons almal luister na geestelike leiers. Ek ook. Dis deel van die proses van geestelike volwassewording. Ons het almal geestelike mentors nodig. Ook dominees en pastore het geestelike leiding nodig. Ons almal luister na mense. Daarom is dit nogal belangrik om te weet hoe om sulke leiers te beoordeel. Daar is goeie leiers, maar ook so baie ontroue leiers; of geestelike leiers wat nonsens praat, al is dit met goeie bedoelings. Hoe besluit ‘n mens watter leiers is goed om na te v
Roedolf Botha
Jul 1


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17


Soms is sang beter as praat
Hoe verduidelik ‘n mens die goedheid van God vir die wêreld? Hoe praat ‘n mens oor God, wat so liefdevol en asemrowend heilig is dat ‘n mens dit byna nie in woorde kan omskryf nie? Baie mense dink dat hulle in debatte moet tree, harder moet praat of nog ‘n keer logies verduidelik. Hoekom dink ons altyd dat nog ‘n verduideliking sal werk, wanneer ons al soveel keer probeer het? Daar is ‘n sterk stuk sosiale kommentaar hierop in die wetenskapsfiksiefliek, Contact. Die storie ha
Roedolf Botha
Jun 3


Radikale tevredenheid bring vir ons hartsvrede
God is goed en Sy goedheid is oorweldigend. Dis waarom tevredenheid met wat ons het een van die grootste beginsels in Paulus se lewe was (Fil 4:11). Hy moes leer om tevrede te wees. Daarom is tevredenheid ook een van die belangrikste geestelike vermoëns, wat ons elkeen moet aanleer om gelukkig te kan wees. Dit sê ek, terwyl ek terdeë besef dat daar mense is wat werklik uiters min besit en elke dag moet swoeg om bloot te oorleef. Dit is egter vreemd dat dit juis by hierdie men
Roedolf Botha
May 20


‘n Goeie standpunt is nie ‘n goeie vervanging vir liefde nie
Ek dink die era het aangebreek vir ‘n behoefte aan stilte. Die lawaai, die hoeveelheid opinies, die hoeveelheid geraas raak net te veel. Dis net my opinie. Ek weet - nóg een! Dié nuwe insig het op my neergedaal, terwyl ek ‘n diep teologiese ervaring gehad het. Ek het ‘n episode van Star Trek gekyk. Die “regte” oorspronklike Star Trek met William Shatner as kaptein Kirk. Die episode was getiteld The Ampath. Die bemanning van die Enterprise het op ‘n vreemde planeet iewers in d
Roedolf Botha
May 6


Die soort liefde wat Suid-Afrika van Christene nodig het
𝘉𝘰𝘳𝘪𝘭𝘭𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘚𝘭𝘢𝘨𝘵𝘦𝘳, het hulle hom genoem. Dié bynaam het hy gekry, omdat hy soveel Jode in die vroeë veertigerjare van die vorige eeu, in Roemenië doodgemaak het. Dit was tydens die Tweede Wêreldoorlog en hy was ‘n Roemeense huursoldaat, wat vir die Nazi’s gewerk het. Hy het soveel Jode op die grens van Roemenië doodgemaak, dat hulle hom later moes terugstuur na sy tuisstad, Boekarest, omdat daar geen Jode meer gevind kon word om uit te wis nie. Wat hy nie g
Roedolf Botha
Apr 22


Die wêreld sal aangaan sonder my
Die ou Grieke het geglo dat om van jou eie sterflikheid bewus te wees, uiters noodsaaklik is. Dis noodsaaklik, want dit herinner jou aan jou
Roedolf Botha
Apr 8


Ongehoorsaamheid maak ons broos
Met menslike begeertes, as sulks, is daar niks verkeerd nie. Ons is mos emosioneel aanmekaar gesit, met diep verlangens. Ons begeertes is eg
Roedolf Botha
Mar 25


Vergelykings en geheime begeertes
Hoe meet ‘n mens jou eie groei en vordering in die lewe? Die meeste mense doen dit deur vergelykings. Ervaring leer ons dat die meeste mense
Roedolf Botha
Mar 11


Trump, Dricus en die afwesigheid van die evangelie
Ek begewe my hier in ‘n byenes. Maar ag wat, wat maak dit saak? Die nuutste gezoem in die byenes nou die dag was die T-hemp wat Dricus du Pl
Roedolf Botha
Feb 25


Die eenvoud van wysheid
Om die leier van ‘n land te wees, soos ‘n president of ‘n eerste minister, is die blykbaar die mees stresvolle werk om te kan hê. So beweer
Roedolf Botha
Feb 11
bottom of page
