top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wees weerstandig. Wees veerkragtig!
Oor die afgelope jare het ’n nuwe term gewild geraak. Ek praat van die Engelse woord “resilience.” In Afrikaans word dit gewoonlik met veerkragtigheid vertaal. Ekself sou dit ook met weerstandigheid wou vertaal. In elk geval, “resilience” dui onder andere op die vermoë van indiwidue om hulleself te midde van veranderinge en chaos te handhaaf. Die bekende skrywer, Nasim Nicholas Taleb, praat egter van ’n ander term. Hy praat van anti-fragile of anti-breekbaarheid. Dit gebeur w
Stephan Joubert
6 days ago


Geloof gebeur só in 2026
Sê vanjaar meer dankie en vra minder wanneer jy bid. Loof en dank God meer. Kla minder.Skuif vanjaar jou manier van kyk. Sien God se goedheid heel eerste in ander mense raak, nie dit wat hulle verkeerd doen nie. Moenie ’n voltydse foutvinder wees nie. Wees eerste ’n genade-raaksiener. Sien eerste raak hoe God Sy kinders verander om Sy heerlikheid te weerspieël (2 Korintiërs 3:18). Sê ook heel eerste vir Hom dankie vir die geloofsgroei wat jy in hulle lewe opmerk (1 Tessalonis
Stephan Joubert
Jan 12


Stel jou dagboek en jou horlosie betyds reg in 2026
In Jonathan Swift se verhaal, Gulliver’s Travels, vertel hy hoe Gulliver in ’n dorpie genaamd Lilliput aankom waar klein mensies woon. Iewers bespreek hulle Gulliver se sakhorlosie. Hulle ken nie so iets nie. Swift beskryf hulle waarneming as volg: “They identified it immediately as the god he worshipped. After all, he seldom did anything without consulting it: he called it his oracle and said it pointed out the time for every action in his life.”
Stephan Joubert
Jan 5


Ek durf 2026 so aan..
Ek het ’n paar jaar gelede vir myself ’n aantal kompaswysers neergepen vir die nuwe jaar wat wag. Ek deel dit met jou hier op die vooraand van 2026:
Stephan Joubert
Dec 29, 2025


Die hemele verkondig God se lof
Die Grieke en die Romeine het saam met die ou Babiloniërs geglo die hemelligame se bewegings oefen ’n groot impak op mense se lewens uit. Hulle het selfs geglo dat hulle gode, soos Jupiter, Mars en Venus direk verbind was met daardie planete, wat hulle name dra. Daarom is dit nie vreemd dat ons in Matteus 2 lees van sterrekykers wat die Messias se geboorte in die hemelruim raaksien nie. Hulle het geglo die hemelligame lewe.
Stephan Joubert
Dec 22, 2025


Kersfees vir Jesus
“Mag ons Kersfees vier?” vra iemand in ’n geselskap. Dadelik reageer iemand anders driftig: “Nee, ek is gekant teen kersbome en kersfeesgeskenke.” “Hoekom?” vra ek verbaas. “Kersfees is ’n heidense fees. Dit kom uit die Romeinse tyd as fees vir een of ander god,” se sê sy.
Stephan Joubert
Dec 15, 2025


God se plan is…
God dink nie gedurig planne uit vir almal op aarde en wag dan passief dat hulle dit moet ontdek nie. God se planne is nie net ’n klompie mooi hemelse ideale wat in die lug hang totdat mense dit eendag op ‘n reëndag raakloop nie. Om te spekuleer oor God se plan asof dit ‘n misterie is wat eendag, of selfs eers na-doods aan jou bekend sal wees, is om die Bybel mis te lees. God se wil is geen geheim nie. Sy wil is bekend. Dit word geleef. Dit word daagliks gedoen.
Stephan Joubert
Dec 8, 2025


Moenie dat woede jou skroefdraad beskadig nie
Skroefdraad word beskadig as ’n skroef of ’n bout skeef vasgedraai word. Ons almal het ook sulke skroefdraad rondom ons siel wat partykeer strip, soos wat die Engelse sou sê. Ek praat van al daardie onverwerkte, negatiewe emosies wat binne-in ons weggesteek is. Partykeer kom dit onverwags na die oppervlak as iemand ’n sarkastiese opmerking teenoor ons kwytraak.
Stephan Joubert
Dec 1, 2025


Ek is nie ’n geestelike dreigement nie
Dreigendes sien altyd net die kerk se doodsheid raak. Oopoë kyk hulle God se groot werke mis. Hulle plaas hulle hoop op môre, wanneer die res blykbaar sal opstaan en iets begin doen vir God. Maar daardie toekoms word net nooit ’n realiteit in hulle nabyheid nie. Of in hulle leeftyd nie. Daarom hang hulle gefrustreerd rond by een of ander rooi geestelike verkeerslig wat net nooit wil groen slaan nie. Tussen sulke lewende dreigemente dink ek altyd aan Creedence Clearwater Reviv
Stephan Joubert
Nov 24, 2025


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek hoor soms ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek een myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek om ‘n tweede myl in daardie skoene aan te durf. Maar dit was steeds nie ver genoeg of goed genoeg nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2025


God is nie net ’n hemelse nooddiens nie
Hoekom dink baie mense dit is God se belangrikste werk om hulle deur storms te kry? Hoekom verstaan sommige gelowiges die lewe hoofsaaklik in terme van aanslae en moeilikhede wat God gedurig (of aanhoudend?) vir hulle moet uitsorteer? Sosiale mediaplasings, preke, gesprekke en boeke wemel deesdae van storms wat God namens ons moet aandurf, reuse wat Hy vir ons moet verslaan, en moeilikhede wat Hy van vroeg tot laat moet oplos. Dit voel kompleet asof dit God se enigste werk ge
Stephan Joubert
Nov 10, 2025


God, ek het ’n guns dringend nodig
In 2023 het die Amerikaanse rapper, Jelly Roll, ’n groot treffer gehad met sy lied “Need a Favor.” Hy sing onder andere: “I only talk to God when I need a favor.” “Toe ek dit die eerste keer gehoor het, het ek by myself gedink dis presies wat baie mense met God doen. Maar toe luister ek verder. Toe hoor ek hoe hy sing dis eintlik arrogant om net met God te praat as jy ’n guns nodig het.
Stephan Joubert
Nov 3, 2025


Gebed is om altyd mooi met God oor God te praat
Ons bid nie net omdat dit die regte godsdienstige ding is om te doen nie. Ons bid omdat ons daarna smag om met God te praat. Ons bid om...
Stephan Joubert
Oct 27, 2025


Elke gebed is ‘n nuwe gebed
As ons vir jare lank dieselfde roetines getrou navolg, gebeur dit later outomaties. Ons bestuur ons motor outomaties. Ons lees die Bybel...
Stephan Joubert
Oct 20, 2025


Vier lewensbelangrike boustene vir gebed
Die Ons Vader-gebed leer my: Gebed gaan heel eerste oor God. Gebed gaan oor aanbidding en lof. Altyd en in alle omstandighede gaan gebed...
Stephan Joubert
Oct 13, 2025


Ons gebede sneuwel nie teen ‘n dooie muur nie
Wanneer die soeklig op ons persoonlike gebedslewe val, is ons gewoonlik in die moeilikheid. Gedurig hoor ons ons moet meer bid. Ons hoor...
Stephan Joubert
Oct 6, 2025


Kies jou vrae
“Niemand kon tot nou toe my vrae beantwoord nie, maar ek wil hoor wat sê jy.” In sulke tye weet ek ek gaan ook nie die regte antwoorde hê nie. Daarom probeer ek nie eens om op sulke vrae te reageer nie. Ek het geleer nie alle vrae benodig ’n antwoord nie. Vraagstellers se vrae kom soms uit ’n plek van veroordeling, of beterweterigheid. Dan is stilbly by verre die beste antwoord.
Stephan Joubert
Sep 29, 2025


Die lewe is nie ‘n projek nie
Die lewe is nie ‘n projek nie. Jy beplan projekte en bestuur dit, maar die lewe leef jy. Ja, jy kan beplan vir sekere dinge in die lewe. Jy kan beplan vir beroepskuiwe, vakansies, of vir jou aftrede, maar helaas kan jy nie jou eie lewe, of dié van jou geliefdes, haarfyn op ‘n tekenbord uitwerk en dit dan stelselmatig agterna leef nie.
Stephan Joubert
Sep 22, 2025


Moenie aan “hubris” ly nie
Hubris is ’n bekende woord in die ou Griekse kultuur. In Handelinge 27 en 2 Korintiërs 12 verwys dit na beledigings, skade en slegte behandeling vanaf ander. In die werke van die groot Griekse denker, Aristoteles, verwys hubris na die arrogante ingesteldheid en optrede van indiwidue wat veroorsaak dat hulle dink hulle is beter as ander.
Stephan Joubert
Sep 15, 2025


Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Stephan Joubert
Sep 8, 2025


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek het dikwels gehoor ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek ‘n myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie veel as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek ‘n tweede myl, maar dit was steeds nie ver genoeg nie.
Stephan Joubert
Sep 1, 2025
bottom of page
