top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die Bybel het nie kant en klaar uit die hemel geval nie
Sommige mense geniet dit om teenstrydighede in die Bybel uit te snuffel. Hulle vergeet egter dat die Ou Testament oor duisende jare heen ontstaan het. Herinterpretasies van dieselfde gebeure is dus nie vreemd in die nie Ou Testament nie. Dink maar aan een bekende voorbeeld: 1 Kronieke 21:1 vertel vir ons dat Satan vir Dawid aanhits om die volk Israel se getalle te tel, terwyl 2 Samuel 24:1 weer vertel dat God Dawid beweeg het om dit te doen.
Stephan Joubert
3 hours ago


Bewys eerste respek aan ander
Daar word vertel dat toe Albert Einstein en Charlie Chaplin mekaar in 1931 ontmoet het, Einstein sou gesê het dat hy groot respek vir Chaplin het. “You do not say a word, and yet the world understands you.” Chaplin sou toe geantwoord het: "But your fame is even greater. The world admires you, when no one understands you.” Daarsy! Jy hoef nie alles te verstaan wat mense doen voordat jy respek vir hulle het nie.
Stephan Joubert
Aug 10


Moenie jubel as slegte dinge met sondaars gebeur nie
My oog val op ’n paar opmerkings onderaan ’n berig wat vertel van ‘n uithangplek wat iewers afgebrand het. Ek lees hoe iemand skryf dit was die duiwel se plek en dis goed dat daardie plek in vuur opgegaan het. Nog iemand meen sulke plekke moet vervloek word. Tussendeur juig iemand anders oor Sodom en Gomorra wat geval het.
Stephan Joubert
Aug 3


Oefen jou geheue
Cicero en Quintilianus was twee beroemde Romeinse denkers. Albei van hulle was bekend met die ou Griekse digter, Simonides (556-468 vC). Beide het vertel hoe Simonides tydens ‘n openbare ete, wat aangebied is deur sy weldoener, Scopas, buitentoe gegaan het om met twee besoekers te gesels. Net toe Simonides uitstap, stort die gebou ineen. Almal daarbinne is onherkenbaar vermink. Simonides kon egter almal uitken op grond van sy visuele geheue oor al die gaste se sitplekke of “l
Stephan Joubert
Jul 27


Almal hou van teleurgesteld wees - maar jy is nie almal nie!
Lyk my, sommiges hou daarvan om teleurgesteld te wees. Om elke hoek en draai hoor jy mense is teleurgesteld met hierdie skool, daardie kerk, hierdie fliek, daardie spreker … Dit voel kompleet asof party mense van teleurgesteld wees ’n voltydse beroep gemaak het.
Stephan Joubert
Jul 20


Dankie en asseblief wen in ons gebede
’n Klein stroompie bekommernis wat vrye toegang tot jou hart het, kerf spoedig ’n diep groef in jou lewe oop. Dan dreineer al jou gedagtes en emosies uiteindelik hierin. Anders gesê: bekommernis is dodelik en gulsig. Dit neem jou ganse lewe stap vir stap oor. Paulus weet dit. Daarom skryf hy in Filippense 4:6 dat ons nie bekommerd moet wees oor enigiets nie. Hy sê: “Bid altyd en oral. Smeek God en dank Hom. Doen dit terwyl julle alles wat julle nodig het, bekendmaak aan Hom.”
Stephan Joubert
Jul 13


Nie sieldodend nie, maar lewegewend
Ben Hecht (1894-1964) was op sy dag ‘n bekende skrywer en regisseur in Hollywood-kringe. In sy outobiografie vertel hy dat dit ’n groot ontnugtering vir hom was om te besef baie bekendes hul sukses op die feit skoei dat hulle nooit hulleself was nie. Hulle sukses was geleë in verskillende rolle wat hulle vertolk het. Hulleself was egter brandarm wat hul eie karakter betref. In Hecht se eie woorde: “They had borrowed identity from the world and not out of their own souls.”
Stephan Joubert
Jul 6


Wanneer is ’n voorbeeld ’n voorbeeld?
’n Ruk gelede hoor ek op die radio hoe die aanbieders gesels oor iemand wat vir hulle ’n voorbeeld is. Die persoon wat ter sprake was, het haar maandelikse salaris aan haar gemeenskap afgestaan. Toe dink ek dit is nie heeltemal korrek dat sy die omroepers se voorbeeld is nie. Dan sou hulle tog iets soortgelyk as sy gedoen het. Nie een van die aanbieders het egter aangedui hulle enige pogings gaan aanwend om ander mense se nood te verlig nie.
Stephan Joubert
Jun 29


Nie geestelik afgedreigdes nie
Dis hoog tyd dat die kerk opstaan, hoor ek ‘n prediker oor die radio sê. Toe dink ek by myself dat darem ‘n hardnekkige idee is dat almal in die kerk gedurig moet opstaan. Of moet wakker word. Om een of ander rede glo sommiges almal in die kerk is altyd in ’n winterslaap vasgevang. Geen gelowige is ooit op die regte standaard in sulke dreigendes se nabyheid nie.
Stephan Joubert
Jun 22


Hier is die moeilike antwoord
Swaarkry is aan die orde van die dag in ons land. Dit wemel van armoede. Brandstofpryse het die hoogte ingeskiet. Kospryse raak buitensporig. Dag na dag hoor jy van mense wat hulle werk verloor, en van ander wat nie genoeg geld het om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien nie. Hoe gemaak wanneer sulke mense aan jou deur kom klop? Jy kan tog nie almal help nie, maar jy weet ook jy moet sommiges help.
Stephan Joubert
Jun 15


God praat mooi oor ons
God spreek ons as Sy kinders mooi aan. Nooit noem Hy ons sondaars, mislukkings, of gebrokenes, soos wat party gelowiges soms na hulleself verwys nie. Hy noem ons Sy kinders. 1 Johannes 3:1 sê dat God hierdie aanspreekvorm verkies as bewys van Sy groot liefde vir ons almal. Hoor net (NNT): “Kyk net weer hoe lyk die liefde waarmee die Vader ons liefhet. Hy noem ons kinders van God en dus is ons is dit ook!”
Stephan Joubert
Jun 8


Jesus wil ons nie braai nie
Jesus wil ons nie gedurig braai as ons nie draai nie. Hy gebruik nie brandende oordeelsvure as bemarkingsmateriaal vir Sy eie boodskap nie. Hy nooi ons altyd na Hom toe uit. Hy is immers die Goeie Herder. Hy is die Lig vir die wêreld wat ons lewenspad vir altyd wil verlig.
Stephan Joubert
Jun 1


Egtheid kom teen ’n prys
Die prys wat jy moet betaal om jouself te wees, is waaroor egtheid gaan. Die lewe forseer jou gedurig om te leef volgens weet hoeveel ander verwagtings. Vanaf die werk tot by die kerk moet jy presteer, uitblink, opstaan en uitstaan. Jy moet voldoen aan dit wat ander van jou vra. Jy moet inpas. Jy moenie stir nie. Jy moet almal se vriend wees en almal tevrede hou. Wel, moet jy?
Stephan Joubert
May 25


Ons roeping is belangriker as ons indiwidualiteit
Hans Kramers (1894-1952) was ’n gerekende Nederlandse fisikus. Een aand tydens ’n publieke musiekkonsert, het hy opgestaan en haastig uitgestap. Na die tyd het hy gesê hy was in sy kop besig om die energievlakke van ’n suurstof atoom te bereken en die musiek het hiermee ingemeng. Sy toewyding aan sy navorsing was legendaries. Een keer het Kramers selfs opgemerk: ”A man of science must sacrifice his individuality for his discipline.” Lees dit weer asseblief. Kramers sê daar is
Stephan Joubert
May 18


Moenie oneties onthou nie
Ons almal het al die volgende woorde kwytgeraak: “Ek het vergeet.” Wanneer geheue ter sprake is, kom ons almal tekort. Ons almal meen ons kort ’n beter geheue. Nogtans word ’n massa informasie elke dag in ons kop gestoor sonder dat ons dit eens weet. Ons herinneringe word hier verpak by wyse van assosiasies, verhale, smake, geure, kleure en belewenisse.
Stephan Joubert
May 11


Ons is regtig ook mense, op Jesus se manier
Dit was die filosoof, René Descartes (1596-1650), wat gesê het ons wil so graag god speel, maar ons kry dit nie eens reg om behoorlik mens te speel nie. Jesus leer ons om dit andersom te doen. Terwyl almal gode wil wees, het Hyself gekies om mens te word. Dit was geen akteursrol wat Hy vooraf ingeoefen het nie.
Stephan Joubert
May 4


Dit kon anders gewees het …
Vroegoggend het ek die son dopgehou terwyl ek vir ons koffie gemaak het. Dit was ’n rooi vuurbal wat die wolke in goud getooi het. Spontaan het ’n paar voëls in ons tuin die glorie van die nuwe dag op vrolike maniere aangekondig. Ons lewenslustige honde het vreugdevol rondom ons gedans asof hulle ons tien jaar gelede gesien het. Saam het Vroulief en ek vir die Here dankie gesê vir Sy goedheid wat ons sigbaar en voelbaar begroet het. Ek weet dit kon anders gewees het.
Stephan Joubert
Apr 27


Bid en meld aan as die antwoord
Dis niks lekker om ‘n vliegtuig te verpas nie. Jy sal weet as dit jou al iewers oorgekom het. Iemand vertel my van ‘n vriendin van haar wat ’n vlug misgeloop het op ‘n oorsese lughawe. ‘n Onbekende passasier daar op die lughawe vra toe vir haar wat sy nou gaan doen. Sy antwoord hom dat sy besig is om daaroor te bid. Toe antwoord hierdie onbekende persoon: “I think God is very busy at the moment. Let me help you.”
Stephan Joubert
Apr 20


Ek leef nou al in Jesus se hemelse ateljee
Ek is deur Jesus genooi om binne Sy verhaal te leef. Nee, dis nie andersom, soos wat sommiges dink nie. Ek nooi nie vir Jesus in my storie in nie. Hy nooi my in Syne in. Hy maak my deel van sy lewe. Nooit vergoddelik ek my eie storie nie. Nooit leef en skryf ek glansryke outobiografieë oor my suksesse en prestasies nie. Jesus se opofferende lewe is my voorbeeld, my padkaart, my bladmusiek en my lewensteks. Ek lees en leef Sy verhaal. Ek maak dit my eie. Binne die evangelies v
Stephan Joubert
Apr 13


Dit was Vrydag … maar toe was dit Sondag!
Dit was Vrydag … toe Jesus wreed vasgekap is aan ’n houtkruis net buitekant Jerusalem. MAAR toe breek Sondag aan wat getuig van ’n leë graf.
Stephan Joubert
Apr 6


Verwondering verskuif al die geestelike meubels in jou lewe
Charles Scott Sherrington (1857-1952) het in 1932 die Nobelprys gewen vir sy navorsing oor die funksies van neurons in die brein. In een van sy lesings, wat later geboekstaaf is, skryf hy die volgende oor verwondering: “We dismiss wonder commonly with childhood. Much later, when life’s pace has slackened, wonder may return. The mind then may find so much inviting wonder the whole world becomes wonderful.”
Stephan Joubert
Mar 30
bottom of page
