Echo Jeugontwikkeling
Echo Jeugontwikkeling is ’n geloofsgemeenskap wat omgee vir jongmense in nood. Hulle fokus op hoërskoolkinders en naskool jongmense. Daar is tans 14 Echo-huise en verskeie Echo gemeenskappe landswyd, asook ’n plaasprojek buite Frankfort in die Vrystaat. eKerk is op verskeie maniere betrokke by Echo-huise en die plaasprojek.
PEN
PEN (Participate. Envision. Navigate) is 'n geloofsgebaseerde organisasie wat individue help om uit die armoedesiklus in Suid-Afrika te ontsnap.
eKerk ondersteun 30 kleuterskole in die Pretoria Sunnyside omgewing waar dames twee-weekliks opleiding en ondersteuning ontvang in lesaanbieding vir hulle kleuterskole. Die kleuterskole kan opvoedkundige speelgoed uitneem vir bepaalde lesse by die PEN speelgoedbiblioteek.
Môrester Kinderhuis
Môrester Kinder- en Jeugsorgsentrum is 'n nie-winsgewende organisasie en 'n tydelike plek van veiligheid. Hulle bied 'n veilige en liefdevolle omgewing aan hawelose kinders en kinders en tieners in nood.
eKerk staan Môrester op 'n maadelikse basis by, deur hulle apteekrekening te betaal.
Allen Park
ekerk ondersteun die Raad vir Bejaardes - Allan Park in Kempton Park, deur etes te bied aan behoeftige inwoners. eKerk skenk etekaartjies waarmee hulle 'n gratis middagete ontvang.
In 2024 het eKerk ook verskeie komberse aan behoeftiges voorsien wat deur eKerkers gehekel en geskenk is.
Raak betrokke deur jou naaldwerk - en breigroep te aktiveer om komberse te maak. Kontak info@ekerk.org vir meer inligting.
Incumbo
(Give, Inspire, Share, Hope, Courage, Love)
Dominee Sarel Visser doen elke Maandag kamerbesoeke by Susan Strijdom Oue Tehuis en Dinsdae kuier hy by Featherwood Frail Care. Hy is ook betrokke by Bybelskole en opleiding en preek gereeld by Klipvallei en Nigel-Suid.
Huis Herfsblaar
Huis Herfsblaar is 'n aftree oord in Queenswood, Pretoria. eKerk ondersteun Jaqueline De Lange en haar span om aktiwiteite soos speletjies, kunsklasse en boekvoorlesings te behartig. Die span help en ondersteun ook personeel met die versorging van die bejaardes en verleen hulp met individue se gehoortoestelle. Hulle neem ook bejaardes tandarts en dokter toe, kry medikasie en doen inkopies vir hulle. Op sonnige dae stap hulle in die tuin en sorg dat inwoners genoeg beweeg en fiks en gesond bly.
​
Raak betrokke deur kunsbenodigdhede soos papier, gom, karton, inkleurpotlode en eenvoudige inkeurboeke te skenk. Kontak info@ekerk.org vir meer inligting.
Ondersteun ons
eKerk se hartklop is om Jesus sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak. Ons wil jou graag ook uitnooi om eKerk finansieel te ondersteun.​
Hoe kan jy eKerk ondersteun in hierdie verband?
eKerk is geregistreer as ‘n Artikel 21 maatskappy sonder 'n winsoogmerk. Ons gee 'n groot deel van ons inkomste weg aan verskeie bedienings en noodprojekte. Jy kan ‘n bydrae maak deur middel van Payfast, Snapscan, Zapper of EFT met die besonderhede wat hieronder verskyn.
eKerk bankbesonderhede:
​Ekerk Vereniging, ABSA Bank, Takkode: 632 005,
Rekening: 4059 699 232
Maak 'n donasie deur SnapScan of Zapper:
Maak 'n donasie deur PayFast:
Ondersteun eKerk deur van PayFast gebruik te maak. Vul die onderstaande vorm in en kliek op 'maak 'n donasie'. 'n Volgende venster sal oopmaak wat al die betaalopsies sal wys. PayFast is 'n betroubare aanlyn betaalsisteem.