top of page
Background_Assets_Orange_Purple.png

Wat is eKerk?

Ons is 'n geloofsfamilie wat mense oor alle grense met die Bybel wil inspireer en toerus op 'n eietydse manier. 

Jesus is die hartklop van eKerk. Die Bybel is die middelpunt van alles wat ons is en doen.

 

Enigiemand is welkom om deel te wees van ons eKerk familie.

Hoe doen ons dit?

Ons maak gebruik van verskeie digitale platforms, soos sosiale media en eposboodskappe, waar ons op 'n daaglikse basis die Goeie Nuus deel. Ons verdiep mense se kennis van die Bybel deur ons eUni opleidingsprogram. Ons harte klop ook vir mense in nood. Ons ondersteun verskeie noodprojekte regoor Suid-Afrika. Ons verskaf ook berading aanlyn vir mense wat dit benodig.

JESUS - SIGBAAR, VOELBAAR, VERSTAANBAAR

JESUS - 
SIGBAAR
VOELBAAR
VERSTAANBAAR

Jesus is die rede vir ons bestaan. eKerk wil Jesus se liefde op 'n unieke manier uitleef, sonder enige grense. Ons eer Jesus in alles wat ons aanlyn en aflyn doen.

Jesus

Sê hallo

Kontak ons gerus deur 'n epos te stuur of vul ons aanlyn vorm in.

Sosiale media

  • Facebook
  • Youtube
  • Instagram
  • Threads
  • TikTok

Email

Regnr.

​2004/011580/08​

Dankie vir jou boodskap

Background_Assets_Purple_Red.jpg

Benodig jy berading?

Gesels aanlyn met Dr. Jaco Putter

Ons bied gratis berading aan vir mense wat 'n behoefte het aan geestelike leiding en berading. Dr. Jaco Putter hanteer dit konfidensieël.​

a picture of dr. Jaco Putter

Benodig jy gebed?

Gesels aanlyn met Elmarie van der Westhuizen

Elmarie van der Westhuizen is een van ons geestelike skrywers en hanteer alle konfidensiële gebedsversoeke. Indien jy 'n behoefte het aan voorbidding, kan jy gerus met haar gesels.

Ondersteun ons

eKerk se hartklop is om Jesus sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak. Ons wil jou graag ook uitnooi om eKerk finansieel te ondersteun.

 

Hoe kan jy eKerk ondersteun in hierdie verband?

eKerk is geregistreer as ‘n Artikel 21 maatskappy sonder 'n winsoogmerk. Ons gee 'n groot deel van ons inkomste weg aan verskeie bedienings en noodprojekte. Jy kan ‘n bydrae maak deur middel van Payfast, Snapscan, Zapper of EFT met die besonderhede wat hieronder verskyn.

 

 

eKerk bankbesonderhede:

​Ekerk Vereniging, ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

Maak 'n donasie deur SnapScan of Zapper:

eKerk Snapscan
eKerk Zapper

Maak 'n donasie deur PayFast:

Ondersteun eKerk deur van PayFast gebruik te maak. Vul die onderstaande vorm in en kliek op 'maak 'n donasie'. 'n Volgende venster sal oopmaak wat al die betaalopsies sal wys. PayFast is 'n betroubare aanlyn betaalsisteem.

bottom of page