Bob Dylan en die missielkrisis
- Roedolf Botha
- 17 hours ago
- 1 min read
In ‘n nuwe fliek oor die lewe van Bob Dylan word ‘n sleutelfase van sy lewe treffend uitgebeeld. Die rol van Dylan word deur Timothee Chalamet van Dune-faam vertolk. Die fase van Dylan se lewe wat deur die prent uitgebeeld word is die vroeë sestigs in Amerika ten tye van die missielkrisis. Op een gegewe aand in die storie het die Amerikaanse TV-media die mense van die land só opgerui dat baie verwag het dat Rusland of Kuba moontlik dieselfde aand nog missiele op die land gaan afvuur. Dit het volskaalse paniek veroorsaak. Almal het in die strate rondgehardloop, hulle familie gebel of jaag desperaat huis toe gejaag om seker te maak dat hulle geliefdes nog veilig is.
Terwyl chaos in die strate voortgeduur het, het Bob Dylan egter in ‘n koffiekroegie gesit en speel en sing vir die mense daar, in ‘n rustige en vredevolle atmosfeer, asof daar niks fout was nie. Toe hy kant en klaar was, pak hy op en groet sy klein gehoor deur vir hulle te sê:
“These are troubled times. Go find someone to love.”
Dit het my baie laat dink aan Dawid in Psalm 27 wat rustig in die Here se rus verkeer terwyl die mense rondom hom tekere gaan. Hy sê (uit die Message):
“When besieged,
’m calm as a baby.
When all hell breaks loose,
I’m collected and cool.”
In onrustige tye het mense juis nodig om rustig te wees. Liefde is veel nodiger en nuttiger as angs en paniek.
Veral as Jesus jou Rots is.




Comments