top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Staan jy aan die begin van ‘n nuwe seisoen?
Die wêreld verander vinniger as wat ons kan aanpas. Soms kies ons vir verandering in ons lewens, maar ander kere kies dit ons. Net soos wat seisoene verander, is verandering in ons lewensseisoene onvermydelik.Die verandering kan opwindend of pynlik wees. 2026 kan dalk beteken dat jy van werk verander of dat jy nou ‘n nuwe seisoen as afgetredene beleef. Dalk is jou lewensmaat onlangs oorlede, of jy is geskei en jy moet nou aan die nuwe normaal gewoond raak. Julle het dalk na
Helena Smith
Dec 23, 2025


Dankbaarheid met Kersfees: Onthou God se Getrouheid
Terwyl die Kerstyd naderkom, begin my gedagtes onvermydelik fokus op geskenke, familiekuiers, kosvoorbereiding en vakansie. Tussen al die inkopielyste, gejaag om alles gekoop en voor Kersdag gedoen te kry, is dit soms moeilik om tyd in te ruim om voor God stil te word. Stil en rustig te raak en in dankbaarheid aan die afgelope jaar terug te dink. Te reflekteer en te onthou hoe God my bygestaan en gedra het.
Elmarie van der Westhuizen
Dec 17, 2025


Geseënd of nie?
Dis weer daardie tyd van die jaar. Watter tyd? Ek praat sommer van “silly season”. Dit gebeur egter nie net aan die einde van die jaar nie. Soms gebeur dit sommer so deur die jaar ook. Dit is die “gevleuelde” woorde: “Ek is so geseënd.” ‘n Mens hoor dit baie, wanneer mense sê hoe goed dit gaan, of hoe wonderlik hulle kinders op skool doen, of sommer as hulle ‘n nuwe motor kry, of oor die algemeen wanneer goeie goed gebeur.
Marietjie Joubert
Dec 9, 2025


Kersfees en Kersgeskenke
Kersfees kom nader en dis tyd vir wenslysies. Die opdrag: “Enigiets van ‘n rubberballetjie tot ‘n Ferrari.” Ons begin dink aan nodige, sinvolle items, of sommer net iets uitspattigs vir die lekkerte. Party se begroting kan ‘n rubberballetjie vir elk haal, ander kan die hand dieper in die sak steek (of die kredietkaart verder laai) en dalk halfpad tot by die Ferrari kom. Ons beplan aan ‘n tradisionele Kersboom, of dalk liewer ‘n meer moderne, minimalistiese draadboom of ‘n dr
Alet Gardner
Dec 3, 2025


Vreemde kode
Ek staan by die kennisgewingbord van ʼn plaaslike gesondheidswinkel. Oral is daar woorde oor spesiale aanbiedinge. En daar, tussen al die woorde, pryk die swart-en-wit blokkies van ’n QR-kode lewensgroot. Niemand kyk daarna nie. Dit dra potensieel baie betekenis, maar dit wag vir iemand om net op die regte manier daarna te kyk.
Siegfried Louw
Nov 25, 2025


In die smeltkroes van swaarkry
Gedurende ‘n tyd van verandering, aanpassing, besigwees en ‘n ou infeksietjie op die koop toe, was Gerard Kelly se gedig “Furnace” vir my persoonlik ‘n tydige herinnering. “In your furnace, my faith is formed.” Wat ’n wonderlike troos is dit nie! Ek het ‘n liefdevolle, alwyse, magtige hemelse Vader, wat ‘n oog oor my hou, terwyl ek in die smeltkroes van ‘n krisistyd is. Hy weet hoeveel ek kan vat, hoeveel “hitte” nodig is om my geloof te suiwer sodat ek sterker en wyser ander
Alet Gardner
Nov 19, 2025


God se grootse magsvertoon
Die magtige Skepper het miljoene jare gelede die aarde se kragtige fondamente gelê, die ingewikkelde afmetings wiskundig bepaal en die ewenaar oor die breedte gespan. Terwyl die sterre saamsing en die hemelliggame jubel, het God die wêreld, soos ons dit ken, aanmekaargesit en die see opgedam toe die water woedend begin uitborrel het. Hy alleen weet waar die oorsprong van die oseane is en wandel gemaklik in die wonderbaarlike tuine, wat Hyself op die seebodem uitgelê het.
Liezel Lüneburg
Nov 11, 2025


Hoogmoed en die effek op verhoudings
Trots en hoogmoed is subtiel. Dit is een van die oudste sondes en glip ongesiens by my gedagtes in, sonder dat ek eers daarvan bewus is: “Ek kan dit sonder hulp doen...”, “Ek weet die beste...”, “Ek verdien meer."
Elmarie van der Westhuizen
Nov 5, 2025


Kies eenvoud in ‘n komplekse wêreld
Jy kan kruideniersware aanlyn bestel en blitsvinnig kom lewer ‘n motorfiets dit voor jou voor jou deur af. Wegneemetes kan binne ‘n paar...
Helena Smith
Oct 28, 2025


Spanning en stresvolle dae
Lees Kolossense 3:11-12 Soms voel dit of die pakkie wat ons dra al hoe groter word. Vandag het baie min mammas die voorreg om tuis te bly...
Marietjie Joubert
Oct 14, 2025


Warrelwind
ʼn Paar maande gelede het my vriendelike bure in die middel van die nag aan my slaapkamervenster kom klop. Natuurlik het ek nogal geskrik,...
Siegfried Louw
Sep 30, 2025


Die beste ding wat ooit met my gebeur het, is ook die moeilikste
Elkeen op aarde het 'n "die beste ding wat ooit met my gebeur het".
Op my troudag het ek gedink dat my huwelik met 'n fantastiese man die beste ding is wat ooit met my gebeur het. Met my eerste kind se geboorte het ek gedink dat dit een van die twee beste dinge is wat ooit met my gebeur het. So ook met die tweede en derde kind.
Liezel Lüneburg
Sep 16, 2025


Soutpilaar of sout vir die aarde?
Verbeel jou jy word deur twee engele besoek! Daardie engele bied vir jou ‘n nuwe lewe aan. Jy moet egter jou bekende omgewing agterlaat...
Helena Smith
Sep 2, 2025


Ons gee liefde aan ander deur te luister
Luister as ‘n konsep klink so eenvoudig – ons doen dit tog aldag en heeldag en die meeste van ons weet reeds wat goeie luistervaardighede is. Ek weet reeds om goed te kan luister beteken om nie met vrae te onderbreek (“Wat het hulle gesê?”) of advies nie, hulle storie met jou eie verhaal te kaap nie (“O ja! Dieselfde ding het met my gebeur”), misplaaste empatie (“Ek weet presies hoe jy voel”) nie. Of nie alreeds my antwoord te formuleer nie.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 20, 2025


Die Here lei die regverdiges
Ons hou mense dop, veral dié wat goed doen in die lewe. Die samelewing en media het ‘n manier om bekendes gereeld in die media uit te lig. Ons word daagliks deur sosiale media herinner aan wat hulle doen, waar hulle bly of vakansie hou. Hulle lewenstyl word baie keer gelykgestel aan die hoeveelheid geld wat hulle verdien. As onderwyseres by ‘n plaaslike hoërskool het ek so baie by die leerders gehoor dat hulle baie geld wil verdien en bekendes se lewenstyl wil navolg. Hulle w
Marietjie Joubert
Aug 19, 2025


Genade in 'n geskeurde sak
ʼn Studentevriend vertel my hoe hy onlangs besig was om aanlyn te werk. Dit was een van dáárdie dae: Jy voel so produktief dat jy byna te laat ontdek dat jy honger is. Sy oplossing? Bestel gou kos deur Uber Eats sodat jy gefokus kan voortwerk. Buite het die Kaapse winter vir ongure wind en stortreën gesorg. Dit was dus ʼn verdere bonus om nie die huis te verlaat nie en aan die ontvangkant te wees van ʼn kardoes met warm kos wat vir jou gebring word.
Siegfried Louw
Aug 5, 2025


Vind vreugde in beide kakofonie én harmonie
Een van my gunstelingonderwysers het op 'n dag in 'n dawerende stem gevra: "Wat vir 'n kakofonie gaan hier aan?" Die hele klas het stil geraak en hom oopmond aangegaap. Die betekenis van die term, wat darem baie soos 'n vloekwoord klink, was vir die klomp onkundige sestienjarige tieners heeltemal duister. Hy het gelag en verduidelik dat 'n kakofonie eintlik 'n onwelluidende mengsel van deurmekaar klanke of 'n goot lawaai is.
Liezel Lüneburg
Jul 22, 2025


Is ek ‘n veilige plek vir ander?
Die Britse regering het gedurende die Tweede Wêreldoorlog die publiek aangeraai om ‘n veilige plek te skep, waar hulle tydens bomaanvalle kon skuil. Hulle kon óf in hulle tuin ‘n ondergrondse skuilplek van sinkplaat bou óf hulle kon ‘n spesifieke kamer in hul huise as 'n skuilplek gebruik. Dit is was dikwels in die kelder of trapkamer. Mense het in hierdie “veilige plekke” geskuil, wanneer daar bomaanvalle was.
Elmarie van der Westhuizen
Jul 16, 2025


‘n Ander soort selfversorging
In vandag se veeleisende en besige lewe val die klem baie op selfversorging. In tydskrifte en op die internet kry ‘n mens raad oor hoe om jouself fisies en geestelik goed te versorg. Ons lees wenke soos oefen gereeld, eet gesond, neem ‘n borrelbad, gaan stap met jou hond en vele meer.
Helena Smith
Jul 8, 2025


Wat ‘n vriend het ons in Jesus!
Gedurende die afgelope Paastyd sing ons een oggend die lied Wat ‘n vriend het ons in Jesus. Ek besef op daardie oomblik dat ek die lied al so baie gesing het, maar dat dit in hierdie jaar se Paastyd vir my opnuut betekenis gekry het. Jesus het aan die kruis,‘n vloekhout gehang. Hy het daardie dag aan die kruis soos ‘n sondaar geword deur die hele mensdom se sondes op sy skouers te neem. Hoe totaal Godverlate moes dit nie gevoel het nie! Ek beleef soms so ‘n geweldige diep tel
Marietjie Joubert
Jun 24, 2025


‘n Betekenisvolle lewe – bietjie vir bietjie
My lewe is betekenisvol, omdat die Skepper van die heelal my as sy kind aanvaar het. Hy het my kunstig in die moederskoot aanmekaar geweef, ‘n droom gehad vir hoe Hy my lewe wil gebruik om ander na Hom toe te trek.
Alet Gardner
Jun 18, 2025
bottom of page
