Die beste ding wat ooit met my gebeur het, is ook die moeilikste
- Liezel Lüneburg
- 1 day ago
- 2 min read
Elkeen op aarde het 'n "die beste ding wat ooit met my gebeur het".
Op my troudag het ek gedink dat my huwelik met 'n fantastiese man die beste ding is wat ooit met my gebeur het. Met my eerste kind se geboorte het ek gedink dat dit een van die twee beste dinge is wat ooit met my gebeur het. So ook met die tweede en derde kind.
Maar die beste goed, wat ooit met my gebeur het, is ook die moelikste.
"Ma" is immers 'n klein woordjie met 'n groot betekenis: Opvoeder en dissiplineerder, bewaarder van goeie sedes, sjef, taxibestuurder, versorger, sieketrooster, dokter en verpleegster, kreatiewe en soms op die nippertjie taakmaker, toespraakskrywer en huiswerkverduideliker, beroepsvoorligter, geestelike ondersteuner en biegmoeder, eksamenekspert, toegewyde lid van ten minste eenhonderd WhatsApp-groepe, nommer 1 sportondersteuner en natuurlik bidder van uitnemendheid.
Boonop beteken moederskap nie net die bogenoemde nie. Dit behels ook deurlopende bekommernis oor wat ook al, skuldgevoelens, moegheid, soms depressie, moedeloosheid, angstigheid en die nimmereindigende wete dat jou beste net nooit goed genoeg sal wees nie.
Dan word daar boonop gespot: ’n Ma wat twee seuns grootmaak, gaan reguit hemel toe. In die geval van enigiets meer as twee, gaan die bure aan alle kante saam. Ander verklaar weer met oortuiging: “Dit was beslis nie te moeilik vir Abraham om die mes te lig nie, aangesien Isak ’n tiener was."
Alle grappies op ’n stokkie!
Om 'n vrou en ma te word, was die heel beste dinge wat ooit met my gebeur het, maar, ek herhaal, ook die moeilikste.
Ek gaan nie vandag probeer om raad te gee en ander ma's en vrouens moed in te praat nie. Ek gaan nie maak of al hierdie gevoelens, die gejaagde bestaan en die ewige strewe om beter te wees, normaal is nie.
Vandag wil ek net sê: Weet dat daar miljoene ander ma's is en was wat in min of meer dieselfde bootjies as jy in die ontstuimige waters van die moedersee moet rigting hou. Daar is solidariteit in mawees.
Ek sluit af met Mary Stevenson se bekende gedig, "Footprints in the Sand":
One night I dreamed I was walking along the beach with the Lord.
Many scenes from my life flashed across the sky.
In each scene I noticed footprints in the sand.
Sometimes there were two sets of footprints,
other times there were one set of footprints.
This bothered me because I noticed
that during the low periods of my life,
when I was suffering fromanguish, sorrow or defeat,
I could see only one set of footprints.
So I said to the Lord,
“You promised me Lord,
that if I followed you,
you would walk with me always.
But I have noticed that during
the most trying periods of my life
there have only been oneset of footprints in the sand.
Why, when I needed you most,
you have not been there for me?”
The Lord replied,
“The times when you have
seen only one set of footprints,
is when I carried you.”
Baie mooi en waar artikel. Van ñ pa van 3 seuns en eggenoot