top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Weerspreek God Homself?
Kan God iets totaal anders sê as wat Hy in die Bybel sê? Kan Hy Homself weerspreek? Ek vra dit vir myself af as ek sien hoe dikwels Hy buite verband aangehaal word. Sommiges hou daarvan om slegs een frase of een vers in die Bybel uit die oorspronklike konteks te verwyder en dit dan te hergebruik, soos wat dit hulle pas. Dit gebeur gereeld met tekste, soos Jeremia 29:11, Romeine 8:28 en baie ander. Toe ek dit een keer gewaag het om vir iemand te sê hy haal ‘n Bybelvers totaal
Stephan Joubert
Jun 2, 2025


Dankbaarheid is nie 'n dreigement nie
Die Guinness Book of Records hou boek van wêreldrekords op alle moontlike terreine van die lewe. Een rekord, wat hulle egter nog nie opgeteken het nie, is hoe lank die volgende woorde aangehaal word sonder dat mense dit ooit prakties toepas: “Ons moet meer dankbaar wees vir al ons seëninge.” Sulke woorde word tydig en ontydig kwytgeraak. Dit word ook om elke hoek en draai beaam, maar dit word die heel minste gedoen.
Stephan Joubert
May 26, 2025


Raak die regte geloofbelydenis baas
Iemand vertel onlangs vir my dat sy kind hom gevra het of grootmense se lewe swaar is. “Hoekom?” wou hy weet. “Grootmense sê altyd hulle is moeg,” was die antwoord. Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min kapasiteit hiervoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg en uitgeput ons is?
Stephan Joubert
May 19, 2025


Eureka, ek is gevind!
Die Griekse werkwoordsvorm “eureka” (ek het gevind), word steeds as ‘n uitroep gebruik. Ons verbind hierdie uitroep veral met die ou Griekse wiskundige, Archimedes (287-212 vC). Blykbaar het hy eendag in sy bad agtergekom dat die volume water, wat hy verplaas het, gelyk is aan sy liggaamsvolume binne-in die bad. So opgewonde was Achimedes hieroor dat hy vergeet het hy hardloop kaal in die straat rond terwyl hy uitroep: “Eureka!”
Stephan Joubert
May 12, 2025


Gee jou lewe weg, maar doen dit reg
Karl Schmidt was ‘n bekende Amerikaanse herpetoloog. In 1957 het die Lincoln Park Dieretuin hom gevra om ’n slang uit Afrika te identifiseer. Op 26 September het hierdie einste slang hom gepik. Schmidt het gemeen dit is ’n boomslang, maar om heeltemal seker te maak, het hy alle vorms van mediese hulp geweier. Sy rede volgens The Chicago Daily Tribune was as volg: “That would upset the symptoms.”
Stephan Joubert
May 5, 2025


Kry ‘n gratis ete by my
Daar’s nie regtig iets soos ’n gratis ete, of “a free meal,” soos wat die Engelse dit noem nie. Die meeste van die tyd soek mense iets in ru
Stephan Joubert
Apr 28, 2025


Vanaf God-verlate tot God-gevind
Hierdie woorde uit Psalm 22 weerklink op Jesus se lippe, terwyl Hy aan die kruis hang. Hy is alleen. Hy dra die sondes en oortredings van de
Stephan Joubert
Apr 21, 2025


Geen slaaptydstorie nie
’n Storie was die laaste strooi. Ek praat van Jesus se gelykenis van die huurders van die wingerd (Markus 12:1-12). Jesus het dit op die Di
Stephan Joubert
Apr 14, 2025


Ons hoef nie koeëlvas te wees nie
“Na al die jare moes ek meer koeëlvas gewees het teen die lewe se stampe en stote. Ek moes kritiek beter verwerk het. Mense se rugsteke moes
Stephan Joubert
Apr 7, 2025


Ek het niks om mee te onderhandel nie
“As U my help, sal ek dit of dat vir U doen …” Baie van ons het al sulke beloftes aan die Here gemaak. Die feit is, ons hoef nie. God het ni
Stephan Joubert
Mar 31, 2025


Wees die Here se lig, al word jy nie waardeer nie
“Omring jouself net met mense wat jou waardeer. Maak daardie mense jou vriende wat aan jou die nodige erkenning gee wat jy verdien.” Hierdie
Stephan Joubert
Mar 24, 2025


Moenie net dankbaar wees nie
“Gaan kyk ’n slag hoe krap mense in asblikke vir kos, dan sal jy dankbaar wees vir dit wat jy het.” Ken jy sulke opmerkings? Word ander mens
Stephan Joubert
Mar 17, 2025


Is daar ’n Filippus in jou lewe?
Ek onthou van ’n studentevriend, wat een keer vertel het van sy pa wat ’n Bybel besit het waarvan ’n klompie bladsye sonder enige teks was.
Stephan Joubert
Mar 10, 2025


Hier’s goeie medisyne vir godsdienstige geheueverlies
Ek raak vergeetagtig. Laat ek dit reg sê: ek is soms vergeetagtig as dit by geloofsake kom. Ek vergeet gou-gou wat God se Woord my leer, wan
Stephan Joubert
Mar 3, 2025


Daardie “iets beter”, wat God vir jou in gedagte gehad het, is reeds bewaarheid
“Die Here het vir jou iets beter in gedagte.” Mense sê dit graag vir mekaar in krisistye, sonder om mooi te dink wat hulle bedoel. Wel, daar
Stephan Joubert
Feb 24, 2025


Moenie “on-gevraagd” leef nie
Milan Kundera skryf: “The only truly serious questions are ones that even a child can formulate.” Kinders vra baie vrae. Martin Harris, ’n b
Stephan Joubert
Feb 17, 2025


Ek roem elke dag oor God se genade en oor my liefde vir Hom
Ek lees iewers die volgende: “Ons kan nie oor ons liefde vir God spog nie, want ons faal Hom elke dag. Maar ons kan wel spog oor Sý liefde v
Stephan Joubert
Feb 10, 2025


Ek het nie ‘n standaardpraatjie oor Jesus vir 2025 nie
Net soos wat ekself nie ‘n spesifieke resep het om oor my vrou of kinders te praat nie, het ek ook nie ‘n standaard praatjie oor Jesus nie.
Stephan Joubert
Feb 3, 2025


God gebruik graag stukkende mense
’n Ambisieuse pianis, genaamd Daniel Steibelt, het een keer saam met Ludwig Van Beethoven aan ‘n kompetisie deelgeneem. Volgens Ferdinand Ri
Stephan Joubert
Jan 27, 2025


Leef vanjaar bitter lekker
“Bitter” is ’n gewilde woord. Of moet ek eerder sê: dit is ’n bitter gewilde woord. Dit gee eensklaps uitdrukking aan mense se seer en swaar
Stephan Joubert
Jan 20, 2025


My padkaart vir 2025
In 2025 is die Here my Herder. In 2025 gaan ek Jesus se kruis getrou dra, omdat Sy kruis my dra. In 2025 gaan ek ’n raaksiener én ve
Stephan Joubert
Jan 13, 2025
bottom of page
