top of page

Moenie ’n “aangestotene” wees nie

  • Stephan Joubert
  • 11 hours ago
  • 1 min read

Almal neem deesdae aanstoot. Verwys jy na ouens, dan is die vrouens ongelukkig. Praat jy van dames en here, dan voel die res benadeeld. Laat jy toe dat ’n dame voor jou instap by ’n deur, dan is jy seksisties. Vermaan jy iemand by die werk of by die skool wat hulle huislike omstandighede as verskoning voorhou hoekom sekere opdragte nie afgehandel is nie, dan is jy onsimpatiek. Roep jy droogmakers op om hulle lewe te belyn volgens die Here se norme, dan is jy veroordelend of “judgmental,” soos wat die Engelse sê.


Ons leef in ’n samelewing wat “aangestoot” is soos wat ek die term offended vir myself sou wou vertaal. Later weet niemand meer wat om te sê nie, want almal trap blykbaar op almal se tone. Almal is deesdae slagoffers van almal. Almal is seergemaak.


Voordat jy my verkeerd hoor - ons het nie die reg om onsensitief te praat nie. Of om ongeskik eerlik te wees nie. Ons mag nie sê wat ons wil wanneer ons wil nie. Die Here leer ons in die Bybel om met respek teenoor Hom en teenoor ander te leef. Maar Hy gee ook aan ons onderskeidingsvermoëen iets soos common sense.Daarom moet ons ook mekaar se goeie bedoelings raak hoor, al kom ons woorde en dié van ander, soms krom en skeef oor ons lippe. Ons dans nie gedurig rondom almal vanaf die werk tot by die kerk om mekaar tevrede te probeer hou nie. Ons is eerlik genoeg om te sê wat ons moet sê, sonder om dit met venyn te doen. 

Comments


bottom of page