top of page

Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie

  • Stephan Joubert
  • 1 day ago
  • 1 min read
  • Wees nederig. Moenie jouself gedurig met ander mense vergelyk nie. Praat minder oor jou eie prestasies. Moenie spoggerig oorkom nie. Verskuif die soeklig na ander mense.

  • Tem jou taal. Praat minder negatief oor ander mense en oor die lewe. Systap kras woorde. Gebruik opbouende taal. Sê gereeld vir mense dat jy raaksien as hulle reg voor die Here leef.

  • Verminder jou opinies. Jy hoef nie ’n standpunt te hê oor al daardie dinge wat mense se bloeddruk so opjaag nie. Jy hoef nie elkeen wat van jou verskil op hulle plek te probeer sit nie. Bly meermale stil, soos wat Spreuke 10:19 jou leer. Sulke stiltes is goud werd.

  • Verhoog jou dankie-sê. Sê tien keer dankie vir die Here in elke gebed vir elke enkele  ding wat jy van Hom vra. Regtig! Doen dit teen die gebedstempo van tien dankies vir een versoek!

  • Wees vrygewig. Moenie een aand gaan slaap sonder dat jy goed gedoen het aan iemand anders nie. Deel elke dag ’n paar rand, ’n stukkie van jou tyd, ’n paar hulpmiddels, of sommer net ’n stukkie vreugde met iemand. Onthou elke dag Jesus se woorde dat dit beter is om te gee as om te ontvang, soos wat Paulus sê in Handelinge 20:34. Werk hard sodat armes en swakkes ook kan eet. Dan is die Here se vreugde joune!

Comments


bottom of page