top of page

Raak die regte geloofbelydenis baas

  • Stephan Joubert
  • May 19
  • 1 min read

Iemand vertel onlangs vir my dat sy kind hom gevra het of grootmense se lewe swaar is. “Hoekom?” wou hy weet. “Grootmense sê altyd hulle is moeg,” was die antwoord.  


Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min kapasiteit hiervoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg en uitgeput ons is? 


Kom ons wees eerlik: die lewe is somtyds moeilik, maar of dit altyd moeilik vir die meeste van ons is, is nie korrek nie. Daarom moet ons versigtig wees om oorhaastig te sê ons is moeg, uitgebrand en oorwerk, so asof dit ‘n verpligte belydenis is wat almal in elke geselskap moet agterna sê. 


Ons skuld onsself vars taalgebruik, wat in oorstemming is met ons geloof. Ten minste moet ons die treffende woorde aanleer van Prediker 3:21-24 dat die Here se goedheid en ontferming elke dag nuut is. Hy gee elke dag vir ons nuwe krag. Hy doen dit ook op daardie dae dat ons regtig uitgeput en oorlaai is. Ook dan ervaar ons dat die Here se goedheid ons na gees en liggaam vernuwe.

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page