top of page

Moenie “ongerieflik afgestomp” raak nie

Stephan Joubert
8 minutes ago
1 min read

Leonard Sweet deel iewers die volgende waarheid: “In the medical world, a clinical definition of death is a body that does not change. Change is life. Stagnation is death. If you don't change, you die. It's that simple. It's that scary.” 


As ons nie gedurig groei in ons geloof en in ons menswees nie, raak ons harte hard. Dan raak ons nie maar net “comfortably numb” soos wat Pink Floyd doer in 1979 gesing het nie. Nee, dan raak ons ongerieflik afgestomp, oftewel “uncomfortably numb”. Wat ‘n goor toestand. Dit is lewensbedreigend. Dit is sieldodend, letterlik en figuurlik!


Ons systap enige vorm van “ongerieflike afgestomptheid” deur gedurig met ’n kinderlike opgewondenheid te leef. O ja, ook met ‘n nimmereindigende nuuskierigheid. Elke dag is vir ons ‘n nuwe dag propvol nuwe geleenthede om die Here te dien. Elke dag bied ’n paar nuwe kanse om vrygewig te wees met ons talente, ons tyd, ons kragte en ons besittings. Ons kies om ’n lewende seën vir ander te wees. Ons weier aanhoudend om “ongerieflike afgestomptes” se hooplose musiek agterna te sing, of agterna te leef. Ons sing en dans eerder uitbundig saam met elkeen wat leef in die vrede wat Christus vir ons gebring het. Dan bly ons harte altyd brandend vir die evangelie. 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page