top of page

Party kerkverlaters dryf jou nader aan die Here

Stephan Joubert
33 minutes ago
1 min read

Dis gewild om te vertel hoe party gelowiges se droogmakery mense wegdryf van die kerk af. Gedurig moet jy hoor van mense wat hulle geloof vaarwel geroep het oor kerklike skynheiligheid. Maar min mense vertel ooit vir jou hoe nie-gelowiges se hooploosheid en uitspattige leefwyses ander mense tot geloof gelei het. Dit besef ek opnuut toe ek lees hoe iemand op sosiale media sê sy is moeg om gedurig te moet hoor van mense wat hulle geloof prysgegee het as gevolg van sekere gelowiges se skynheiligheid. Toe sê sy dat baie nie-gelowiges se sondige gedrag haar juis aanspoor om te volhard in haar geloof. 


As ek sien hoe sommige “geloofverlaters” leef, dan wil ek eerlikwaar nie daar wees nie. Daar is geen brieke aan al die nuwe nonsens, wat sommiges aanhang nie. Hulle glo in letterlik enigiets. Hulle leef grof en onbeskof. 


Ekself wil met alles in my vashou aan die feit dat die Here my in genade raakgesien het. En dat Hy nooit my nooit sal prysgee nie. My swakhede, oortredings en probleme dryf my aanhoudend na die kruis toe. Niks of niemand dryf my ooit weg van die Here nie. Nooit gebruik ek ander gelowiges of gewese gelowiges se tekorte, of my eie, as maatstaf nie. Die Here se Woord en Sy Gees wys altyd vir my die regte pad aan.  

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page