top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Skryf in vir ’n taal-kursus … by die Here
Jy raak Spreuke se wysheid-taal baas as jy ophou om soos dwase te praat. Soos wat my oupa sou gesê het: Jy moet sulke taal afleer. Spreuke sê dwase is lief is vir haatpraatjies en skinder (10:18). Dwase verwoes ander mense met hulle venynige woorde (11:9; 12:6). Gedurig het dwase hulle monde vol oor die res van die mensdom (18:2). Hulleself is altyd op die morele hoëgrond. Dit is die res wat verkeerd is. Daarom is dwase se woorde hulle eie ondergang (18:7).
Stephan Joubert
Aug 11


Word ons lewens deur noodlot beheer?
Die fliek, Ballerina, is die vyfde prent in die John Wick-reeks. Hierdie reeks rolprente is baie kontroversieel in sekere kerkkringe, maar bly ‘n fassinerende kreatiewe genre wat afspeel in die sluipmoord-industrie. Omdat die tonele dus wemel van geweld is dit nie vir almal om te kyk nie. Nietemin is daar, soos wat die reeks flieks ontwikkel, baie interessante en diep temas besig om vorm aan te neem. Die karakter, John Wick, is ‘n individu wat aanvanklik te na gekom is en wat
Roedolf Botha
Jul 29


Korter is partykeer beter
Die Franse wiskundige, Blaise Pascal, het in 1657 in een brief opgemerk dat hy nie genoeg tyd gehad het om dit korter te skryf nie. In 1690 maak die filosoof, John Locke, ’n soortgelyke opmerking oor een van sy artikels. Hy het gesê hy was óf te lui óf te besig om dit korter te skryf. Pascal, Locke en ander effektiewe kommunikeerders weet langer is meestal makliker, maar korter is moeiliker. Hulle het ook geweet dat korter dikwels meer impak het.
Stephan Joubert
Jun 30


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17


Weerspreek God Homself?
Kan God iets totaal anders sê as wat Hy in die Bybel sê? Kan Hy Homself weerspreek? Ek vra dit vir myself af as ek sien hoe dikwels Hy buite verband aangehaal word. Sommiges hou daarvan om slegs een frase of een vers in die Bybel uit die oorspronklike konteks te verwyder en dit dan te hergebruik, soos wat dit hulle pas. Dit gebeur gereeld met tekste, soos Jeremia 29:11, Romeine 8:28 en baie ander. Toe ek dit een keer gewaag het om vir iemand te sê hy haal ‘n Bybelvers totaal
Stephan Joubert
Jun 2


Hemelse lig in my lewe
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Alet Gardner
May 21


Is daar ’n Filippus in jou lewe?
Ek onthou van ’n studentevriend, wat een keer vertel het van sy pa wat ’n Bybel besit het waarvan ’n klompie bladsye sonder enige teks was.
Stephan Joubert
Mar 10


Leef vanjaar bitter lekker
“Bitter” is ’n gewilde woord. Of moet ek eerder sê: dit is ’n bitter gewilde woord. Dit gee eensklaps uitdrukking aan mense se seer en swaar
Stephan Joubert
Jan 20


Dink weer oor daardie Voorspoedige Nuwejaarwense!
Kom ons sluit die jaar kort en kragtig af. Kom ons doen dit met ’n vraag: Wat bedoel jy as jy in hierdie dae vir mense sê: “Voorspoedige Nuw
Stephan Joubert
Dec 26, 2024


God werk skitterend
Die wyse manne, van wie ons in Matteus 2 lees, se ster lei hulle tot in Jerusalem, maar dit is steeds nie genoeg om die beloofde Koning op
Stephan Joubert
Dec 12, 2024


Ken jy daardie dieper verlange na die Here?
“Saudade” noem die Portugese dit. Dit verwys na daardie vae, maar nostalgiese verlange na iets of iemand anderkant die horison. “Saudade” wo
Stephan Joubert
Dec 9, 2024


Geduld
Dis seker nie verniet dat een van die minder gebruikte Engelse woorde vir geduld “long suffering” is nie. Wat ‘n sprekende woord – long suff
Stephan Joubert
Dec 6, 2024


Daar hang nie ’n swaard bokant ons kop nie
Die legende van Demokles se swaard is stokoud. Cicero (106-43 v.C.) en baie ander skrywers het al hierna verwys. Dit vertel die verhaal van
Stephan Joubert
Dec 2, 2024


Doen dit met eerbied
Die Gees gebruik die Bybel om met ons te praat. Sonder Hom kan ons nooit die boodskap van die Bybel behoorlik verstaan nie. Wanneer die Heil
Stephan Joubert
Aug 30, 2024


Die Gees is daar waar Sy Boek gelees word
Ons moet die Gees toelaat om ons lewe na Sy eie goeddunke in te rig. Ons hoef nie bekommerd te wees dat Hy ons lewenshuis in hierdie proses
Stephan Joubert
Aug 23, 2024


Laat die Gees jou hart volskryf
Hoe meer jy die Bybel lees en oordink, hoe meer word dit deel van jou geestelike metabolisme. Bestudeer die Woord, dan skryf die Gees tegely
Stephan Joubert
Aug 16, 2024


Kry dit in jou hart
Die kerknavorser, George Barna, bevind dat minder as 10% van gelowiges die Bybel as die vernaamste bron vir hulle eie geestelike groei besko
Stephan Joubert
Aug 8, 2024


Moenie die Bybel gebruik soos wat jy wil nie
Mense se eindelose vermoë om elke denkbare kolletjie in die lewe te verbind, net soos wat hulle wil, om antwoorde te kry, is stokoud. Dit is
Stephan Joubert
Jul 11, 2024


Op die regte tyd op die regte plek – God is in die detail
Ek lees nou die dag ʼn interessante ding: Behalwe vir die feit dat Elisama ʼn staatsekretaris vir die leiers van Juda in die tyd van koning Jo
Liezel Lüneburg
Jun 25, 2024


‘n Vet weermag is ‘n oneffektiewe weermag!
Ek hoor ‘n paar weke gelede ‘n baie eenvoudige, maar kragtige stukkie wysheid terwyl ek ‘n fliek kyk. Alhoewel ek die fliek nie kan onthou n
Roedolf Botha
Jun 18, 2024


Die strik van ooranalise (Overthinking)
Die meeste van ons is heeldag in ‘n gesprek met onsself. Ons gedagtes vloei van een onderwerp na 'n ander, basiese gedagtes soos iets, wat o
Elmarie van der Westhuizen
Jun 5, 2024
bottom of page