Hemelse lig in my lewe
- Alet Gardner
- May 21
- 2 min read
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Deesdae is ek egter gewoond aan die wonder van my ring se liggies. Ek was en poleer ook nie meer my ring so gereeld soos aan die begin nie. Ek maak selde geleentheid om na die wonderlike klein bondeltjies reënboogkleure op oppervlaktes om my te kyk. My “eerste liefde” het as’t ware afgekoel.
Hoe maklik is dit nie om so gewoond te raak aan die wonder van God se lig, wat oor my lewe skyn en wat deur ‘n oorgegewe lewe kan skyn nie. Ek raak besig, skeep my tyd aan my Hemelvader se voete af, vergeet watter wonder dit is dat Jesus my kom vrykoop het, watter wonder die Heilige Gees se daar wees in my lewe is.
Die manier om dit weer deeglik skoon te kry, is om weer kwaliteittyd saam met Hom te spandeer, sy Woord te “eet”. Wanneer ek Hom toelaat om deur sy Woord en sy Gees my denke te vernuwe, my lewe te vul, sal sy lig deur my skyn. So sal iets van sy heerlikheid en majesteit in my lewe sigbaar wees, ook waar ek met gewone dinge besig is. So sal my werk en my lewe by sy groter plan inpas en daarom betekenisvol wees, tot seën vir ander wees.
Jesus is the sole expression of the glory of God [the Light-being, the out-raying of radiance of the divine], and He is the perfect imprint and very image of [God’s] nature, upholding and maintaining and guiding and propelling the universe by His mighty word of power. - Hebrews 1:3 AMPC
Ek bid: “Here, dat iets van u heerlikheid en majesteit ook in my lewe sigbaar sal wees, ook waar ek met gewone dinge besig is. Mag my werk by u groter plan inpas en daarom werklik betekenisvol wees.”
Comments