top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Egtheid kom teen ’n prys
Die prys wat jy moet betaal om jouself te wees, is waaroor egtheid gaan. Die lewe forseer jou gedurig om te leef volgens weet hoeveel ander verwagtings. Vanaf die werk tot by die kerk moet jy presteer, uitblink, opstaan en uitstaan. Jy moet voldoen aan dit wat ander van jou vra. Jy moet inpas. Jy moenie stir nie. Jy moet almal se vriend wees en almal tevrede hou. Wel, moet jy?
Stephan Joubert
6 hours ago


Leef uit genade; deel dit ook met ander
Eutropius was die tweede magtigste man onder keiser Arkadius in die Bisantynse Ryk. Na ’n suksesvolle militêre veldtog is hy in die jaar 399 tot konsul bevorder. Sy magsmisbruik het egter veroorsaak dat die keiser se vrou, Eudoksia, hom wou doodmaak. Eutropius het in die bekende Hagia Sofia in Konstantinopel gaan skuil. Soldate wou hom daar arresteer. Maar dit was ’n Saterdag en hulle het besluit om te wag. Daardie Sondag het Chrysostomus, die biskop van Konstantinopel, gepre
Stephan Joubert
3 days ago


Ons roeping is belangriker as ons indiwidualiteit
Hans Kramers (1894-1952) was ’n gerekende Nederlandse fisikus. Een aand tydens ’n publieke musiekkonsert, het hy opgestaan en haastig uitgestap. Na die tyd het hy gesê hy was in sy kop besig om die energievlakke van ’n suurstof atoom te bereken en die musiek het hiermee ingemeng. Sy toewyding aan sy navorsing was legendaries. Een keer het Kramers selfs opgemerk: ”A man of science must sacrifice his individuality for his discipline.” Lees dit weer asseblief. Kramers sê daar is
Stephan Joubert
May 18


“Julle is die sout van die aarde... Julle is die lig van die wêreld." Matt. 5:13-16
Jesus gebruik die metafoor van sout en lig in Matteus 5 vers 13 om ons te help verstaan watter positiewe, veranderende invloed ons, Sy volgelinge, op die wêreld kan hê. Hy sê ons is sout en lig. Vers 13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie.” (AFR83)
Elmarie van der Westhuizen
May 6


Jy kan nie ‘n ongeluk wees nie
Die baie bekende Mafia-fliekmaker, Martin Scorsese, het die wêreld verstom toe hy een fliek in 2007 gemaak het wat glad niks met Mafia-booswigte te make het nie. Trouens, dit was ‘n fantasiefilm wat hy vervaardig het op versoek van sy seun, wat versot was op die fantasieboek van Brian Selznick, genaamd The Invention of Hugo Cabret. Toe hierdie fliek uiteindelik die skerms tref onder die titel, Hugo, was dit ‘n onmiddellike treffer.
Roedolf Botha
Apr 21


Geloof is nie op uitverkoping nie
Geloof is nie op uitverkoping nie. Nooit nie. Daar’s nie gedurig spesiale aanbiedings op die geloofsfront teen afslagpryse beskikbaar nie. Dit is definitief ook nie ons werk om geloofsaanbiedings namens die Here orals aan te bied sodat Hy hoog op mense se gewildheidsleer moet bly nie. God sit eerlikwaar nie en wag op ’n bietjie aandag van ons kant af nie. Sy enigste vriende is nie net ’n paar verdwaalde kerklikes nie.
Stephan Joubert
Apr 17


Jesus se agterstevoor, onderstebo koninkryk
Jesus se koninkryk is vreemd aan hierdie wêreld. Dis so vreemd dat indien Jesus se woorde en wysheid nie vir jou vreemd voel nie, die kans groot is dat jy ‘n slagoffer van die wêreldse invloede rondom jou is. Ek is nogal weer daaraan herinner met Steven Spielberg se 2018 fliek Ready Player One. In dié wetenskapsfiksiestorie is die hoofkarakter, Wade Watts, ‘n jongman op soek na ‘n verskuilde skat wat hy net kan kry deur deel te neem aan ‘n virtueel geskepte resies en dit te w
Roedolf Botha
Apr 7


Verwondering verskuif al die geestelike meubels in jou lewe
Charles Scott Sherrington (1857-1952) het in 1932 die Nobelprys gewen vir sy navorsing oor die funksies van neurons in die brein. In een van sy lesings, wat later geboekstaaf is, skryf hy die volgende oor verwondering: “We dismiss wonder commonly with childhood. Much later, when life’s pace has slackened, wonder may return. The mind then may find so much inviting wonder the whole world becomes wonderful.”
Stephan Joubert
Mar 30


Moenie net vir God werk nie
“Ek werk vir die Here.” Dit is ’n gewilde ding om te sê. Dalk is dit hoekom iemand wat hierdie woorde aangehoor het dadelik gereageer het: “En ek werk vir myself.” Ek verstaan hoekom mense sê hulle werk vir die Here. Dis nie verkeerd nie. Paulus moedig slawe in Kolossense 3:23-24 aan om hulle werk vir die Here te doen en nie vir hulle harde base nie, maar dis beter om voltyds vir die Here te leef as om net vir Hom te werk.
Stephan Joubert
Mar 23


Oud en jonk is goud werd vir God
George McGovern sê iewers: “I’m fed up to the ears with old men dreaming up wars for young men to die in.” Van oud en jonk gepraat - die woord teenager verskyn vir die eerste keer in 1673 in ‘n Engelse leksikon, terwyl die idee van generasiegapings eers vanaf die negentiende eeu af opduik. Tog dink die Bybel nooit in terme van ouderdom of generasies wanneer die regte en relevante uitleef van geloof ter sprake is nie. Anders gesê, nie een van ons is ooit te jonk of te oud om v
Stephan Joubert
Mar 2


Jy kan nie deeltyds vir die Here werk nie … Nee, jy kan nie!
“Ek is geroep om voltyds vir die Here te werk,” sê 'n teologiestudent eendag vir my. “Bestaan daar enige ander opsies wanneer die Here jou roep tot Sy diens?” vra ek dadelik. Miskien was dit oorhaastig aan my kant, maar te veel mense dink ’n roeping is sinoniem met predikantwees. Of om ‘n sendeling of ’n jeugwerker te wees. Dit is amper asof sulke voltyds betaalde kerklike werkers die alleenreg het op “voltydse” roepings in die Here se diens. Tog is Jesus se basiese oproep aa
Stephan Joubert
Feb 27


Is jy ‘n weerkaatser van die Lig?
‘n Ruk gelede het ek ‘n storie oor twee vuurtorings gelees. Langs ‘n ruwe stuk kuslyn, wat baie rotsagtig was, het vele skepe gestrand. Die owerhede het toe besluit om twee vuurtorings te bou. Een was ‘n gewone vuurtoring met ‘n helder lig daarin. Die tweede vuurtoring het geen lig van sy eie gehad nie, maar ‘n groot spieël. Dit het die lig van die eerste vuurtoring perfek op die see weerkaats. So het die gekombineerde lig van die twee torings die skepe deur veilige waters ge
Helena Smith
Feb 17


Pieng-verslaafde generasie?
So tydens die afgelope feesseisoen word ek deur my milleniërkinders ingelig dat die boomers foon- en sosiale media verslaafdes is. Natuurlik onthuts het ek die verskoning dat ekself sensitief daarvoor is om nie sommer my foon in geselskap te gebruik nie en ook nie my hele lewe op sosiale media met die wye wêreld deel nie. MAAR hoeveel gesinne van elke generasie, wat ‘n selfoon het, sit rondom ‘n restauranttafel, elk op sy / haar eie foon. Elk besig op verskillende sosiale med
Alet Gardner
Feb 4


God giet nie alles in die lewe in sement nie
“Kan ek jou teekoppie lees?” vra ‘n tannie my eendag uit die bloute. “Hoe bedoel Tannie?” wou ek dadelik weet. “Die teeblare onder in die koppie vertel jou toekoms,” sê sy. Toe sluk ek my hele toekoms net daar in van pure skrik. Miskien is dit hoekom ek steeds nie tee se vernaamste bewonderaar is nie. Ek wil darem nie elke slag met sulke “feite” op die bodem van elke liewe teekoppie gekonfronteer word nie.
Stephan Joubert
Feb 2


Is daar ’n doel met alles in die lewe?
Halwe waarhede oor God word jare lank in stand gehou sonder dat ’n haan daaroor kraai. Een so ’n halwe waarheid is dat alles in die lewe volgens ’n onveranderlike hemelse meesterplan gebeur. En dat daar ’n doel met alles is. Dit is maklik vir mense om sulke idees te glo totdat die dood wreed toeslaan. Wanneer iemand naby aan hulle byvoorbeeld op ‘n onnatuurlike manier sterf, is dit skielik nie meer so maklik om te glo alles in die lewe is in klipharde sement gegiet nie. Dit v
Stephan Joubert
Dec 26, 2025


Geloof is nie so ingewikkeld soos wat jy dink nie
Die Franse filosoof, Jacques Derrida, het iewers gesê: “If things were simple, word would have gotten round.” Inderdaad! Die lewe is kompleks. Daar is derduisende idees en opinies oor enigiets in die lewe in omloop. Hoe gemaak om koers te hou? Dalk is dit tog nie so moeilik nie. Dalk is dit waar wat ons een wiskundeonderwyser graag gesê het: “Dit is nie so ingewikkeld soos wat julle dink nie.” (O ja, dan het een van my klasmaats graag onderlangs gesê: “Wat gee vir hom die ide
Stephan Joubert
Dec 12, 2025


Staan uit vir Christus; leef vir Christus!
Ek onthou die woorde: “As jy nie staan vir iets nie, dan val jy vir letterlik enigiets.” Ek weet nie meer wie het dit gesê nie, maar dit is die reine waarheid. Ek sou hierdie stelling ook verder wou aanpas: “As jy nie staan vir Iemand nie, dan val jy vir enigiemand se stories.” Hierdie Iemand is die Here. Om in Hom vas te loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos ‘n kop-aan-kopbotsing, ’n noodlottige een. Om in Christus vas te loop, maak d
Stephan Joubert
Nov 21, 2025


Die soort liefde wat Suid-Afrika van Christene nodig het
𝘉𝘰𝘳𝘪𝘭𝘭𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘚𝘭𝘢𝘨𝘵𝘦𝘳, het hulle hom genoem. Dié bynaam het hy gekry, omdat hy soveel Jode in die vroeë veertigerjare van die vorige eeu, in Roemenië doodgemaak het. Dit was tydens die Tweede Wêreldoorlog en hy was ‘n Roemeense huursoldaat, wat vir die Nazi’s gewerk het. Hy het soveel Jode op die grens van Roemenië doodgemaak, dat hulle hom later moes terugstuur na sy tuisstad, Boekarest, omdat daar geen Jode meer gevind kon word om uit te wis nie. Wat hy nie g
Roedolf Botha
Apr 22, 2025


Ses mense wat ons op Facebook teëkom
Prestasiehasies: Die prestasiehasies publiseer meestal hulle eie en hoogs talentvolle kinders se prestasies. Selfs foto’s van die sertifikat
Liezel Lüneburg
Dec 10, 2024


‘n Slagofferkultuur is toksies vir ‘n Christen … en die res!
Een van die grootste uitdagings vandag in ons navolging van Jesus is om onsself só te navigeer dat ons die stem van Jesus helder en...
Roedolf Botha
Sep 10, 2024


Van A-Z is my lewe genade-aangedrewe
Daardie goeie dinge, wat ons vir die Here moet doen, kry ons nie aldag gedoen nie. Ons struikel soms. Ons maak partykeer droog. Tog weet ons dit gee nooit aan ons die reg om in sondes rond te lê te nie. Inteendeel! Ons weet ons moet reg leef. Ons het geen verskoning as ons dit nie doen nie. Nogtans weet ons God het ons onvoorwaardelik lief. Daarom steun ons so swaar op Sy genade. Met alles in ons hou ons vas aan Hom, watons elke keer genadig is.
Stephan Joubert
Aug 11, 2022
bottom of page
