top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Geloof word nie sommer net so verloor nie
“Ek het my geloof verloor,” vertel iemand half sarkasties in ’n gesprek. “Dit is nog niks nie - ek het twintig rand verloor,” reageer iemand anders droogweg. Terwyl almal verleë lag, wonder ek by myself hoe verloor ‘n mens jou geloof so maklik? Ek meen, hoe gebeur dit presies? Toe dink ek dit kan slegs gebeur as jy aan geloof dink as een of ander item, objek of besitting, waaroor jyself volledige beheer het.
Stephan Joubert
Aug 8, 2025


Uitstel en afstel
God is baie veiliger as almal, wat Hom hier op aarde verteenwoordig. Gelowiges is nie so genadig soos die Here nie. Selfs Dawid het op ’n dag, toe hy oortree het, gekies om eerder in die hande van God te val, as in die hande van mense. Die rede? Dawid het geweet hy kon meer genade by God te wagte wees as by mense. Hy het geweet God hou nie vir altyd boek van die kwaad nie. Hy is vergeetagtig as dit kom by die onthou van oortredings wat met berou voor Hom neergesit is. So leer
Stephan Joubert
Aug 1, 2025


Die Here hou van ons
“Almal bly in huise van glas.” So lui die lirieke van ‘n liedjie, wat jy dalk ken. Dit is die reine waarheid! Nie een van ons leef op die morele hoëgrond nie. Iewers in die lewe druip ons almal ’n toets of twee. Ons integriteit laat ons soms in die steek. Ons struikel oor sondes. Ons maak droog, al wil ons nie. Ons praat oorhaastig in konfliksituasies en raak lelike dinge kwyt teenoor ander mense waaroor ons vir altyd spyt is. Daarom dat God se goedheid en genade my so altyd
Stephan Joubert
Jul 25, 2025


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 v.C.), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het wat doen hy, het hy graag geantwoord dat hy op soek is na ’n man. Die mense het afgelei Diogenes bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. In geen stad kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie. Eerlike mense het hom altyd ontwyk.
Stephan Joubert
Jul 18, 2025


So raak vrees uit die mode
"Ek is bang." Dit is die daaglikse ervaring van derduisende mense. Vrees is 'n goor realiteit. Vrees maak jou blind en irrasioneel. Vrees laat jou vries, veg of vlug. Vrees haal die mooi uit jou lewe. Dit los net al die skerpkante oor, wat seermaak. Die Here weet dit. Daarom dat Hy keer op keer in die Bybel vir Sy mense sê: "Moenie bang wees nie!” Hierdie woorde geld vandag ook vir jou. Ook jý is vandag 'n aangespreekte deur die Here. God self sê vir jou: “MOENIE BANG WEES NI
Stephan Joubert
Jul 4, 2025


Ek is nie besig met een of ander sonde-rehabilitasie program nie
n Efesiërs 4:28 skryf Paulus dat gelowiges, wat gesteel het, dadelik daarmee moet ophou. Hulle moet hard werk sodat hulle ook iets het om met die armes te deel. Nee, Paulus sê nie mense, wat steel, moet deel word van ‘n steel-minder-rehabilitasieprogram nie. Sy opdrag is eenvoudig: Stop dit! Staak dit! Daar is géén middelgrond nie. Daar is geen alternatief nie. Daar bestaan nie een of ander godsdienstige kursus, wat Paulus aanbeveel om gelowiges te help om jaarliks minder en
Stephan Joubert
Jun 9, 2025
bottom of page
