top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Is daar ’n doel met alles in die lewe?
Halwe waarhede oor God word jare lank in stand gehou sonder dat ’n haan daaroor kraai. Een so ’n halwe waarheid is dat alles in die lewe volgens ’n onveranderlike hemelse meesterplan gebeur. En dat daar ’n doel met alles is. Dit is maklik vir mense om sulke idees te glo totdat die dood wreed toeslaan. Wanneer iemand naby aan hulle byvoorbeeld op ‘n onnatuurlike manier sterf, is dit skielik nie meer so maklik om te glo alles in die lewe is in klipharde sement gegiet nie. Dit v
Stephan Joubert
Dec 26, 2025


Klim uit jou boks en groei
'n Amerikaanse vriend vertel een keer vir ons dat ‘n troeteldierwinkel in sy kinderdae lewendige alligators (by ons bekend as krokodille) verkoop het. Hierdie reptiele was netjies in houtbokse verpak met 'n duidelik instruksie dat hulle nooit daaruit verwyder moes word nie. Die rede was eintlik nie om mense teen hierdie reptiele se skerp tande te beskerm nie. Dit was eerder om te keer dat die alligators groter as hulle eie bokse groei. Hulle moes letterlik ingeboks gebly het
Stephan Joubert
Dec 19, 2025


Geloof is nie so ingewikkeld soos wat jy dink nie
Die Franse filosoof, Jacques Derrida, het iewers gesê: “If things were simple, word would have gotten round.” Inderdaad! Die lewe is kompleks. Daar is derduisende idees en opinies oor enigiets in die lewe in omloop. Hoe gemaak om koers te hou? Dalk is dit tog nie so moeilik nie. Dalk is dit waar wat ons een wiskundeonderwyser graag gesê het: “Dit is nie so ingewikkeld soos wat julle dink nie.” (O ja, dan het een van my klasmaats graag onderlangs gesê: “Wat gee vir hom die ide
Stephan Joubert
Dec 12, 2025


’n Kaal kruis en ’n leë graf vertel alles oor my geloof
Jesus se kruis is nie so “dierbaar” soos wat ons dink nie. Paulus noem die kruis van Jesus ‘n plek van vervloeking (Galasiërs 3) en ’n plek van swakheid (2 Korintiërs 13). Tog is dit juis daar aan die hout van Golgota dat God se genade die hemelse walle eens en vir altyd oorstroom. In Jesus se lyding word God se redding vir altyd oopgesluit. Verstaan jy nou hoekom die dood Hom nie gevange kon hou nie? Wanneer Jesus se lyf daar aan die kruis stukkend gebreek word en Hy die hek
Stephan Joubert
Dec 5, 2025


Daar hang ‘n vreemde Held aan daardie houtkruis
Superman dra ‘n groot S-teken op sy bors. Wanneer hy in sy gewone klere as Clark Kent rondbeweeg en daar duik ‘n krisis op, dan ruk Superman net sy gewone klere oop om sy ware superklere en daardie groot S te wys! Hoe anders as hy is die Held van die hemel nie! Jesus het nooit tussen ons rondbeweeg in ‘n bo-aardse uniform nie. Ook was Hy nooit gewapen met spesiale hemelse wapens nie. Jesus se klere was doodgewoon. Nee, wag, dit is nie heeltemal korrek nie. Jesus se klere was
Stephan Joubert
Nov 28, 2025


Staan uit vir Christus; leef vir Christus!
Ek onthou die woorde: “As jy nie staan vir iets nie, dan val jy vir letterlik enigiets.” Ek weet nie meer wie het dit gesê nie, maar dit is die reine waarheid. Ek sou hierdie stelling ook verder wou aanpas: “As jy nie staan vir Iemand nie, dan val jy vir enigiemand se stories.” Hierdie Iemand is die Here. Om in Hom vas te loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos ‘n kop-aan-kopbotsing, ’n noodlottige een. Om in Christus vas te loop, maak d
Stephan Joubert
Nov 21, 2025


Nie gebou-gevangenes nie
“Niks het verander nie. Daar word steeds besigheid gedoen, maar nou kry ‘n mens ten minste iets waarvoor jy betaal het.” So lui een stukkie siniese kommentaar onder ’n foto van ’n kerkgebou in Bloemfontein wat onlangs omskep is in ’n motorhandelaarskap. Hierdie internasionale tendens is nou ook ’n plaaslike realiteit. Een Nederlandse dagblad het juis ’n paar jaar gelede berig dat daar reeds meer agnostici as gelowiges in die land is en dat sowat 100 kerkgeboue per jaar verkoo
Stephan Joubert
Nov 14, 2025


Die probleem: Ons word groot
Die probleem met ons almal is dat ons opgroei. Ons word groot. Dan bly ons groot. Dan is ons volwasse. Of soos wat ek aldag sê: vol-wasse! Dan is ons ore behoorlik verstop. Ons as grootmense het die lewe klaar uitgesorteer. Daarom het ons min vrae, maar baie antwoorde. Ons het die meeste van ons geleenthede ingeperk, of ons het hulle almal reeds opgebruik. Kinders daarenteen het baie geleenthede én baie vrae. Kinders is leergierig. Hulle wil alles weet. Die meeste grootmense
Stephan Joubert
Nov 7, 2025


Waar is God?
Waar is God as dinge sleg gaan? Hierdie vraag is so vars soos die nuutste realiteite van Suid Afrika. Baie van ons het lankal reeds ons kwota moeilikheid vir die jaar opgebruik. Ons was reeds blootgestel aan enigiets, vanaf korrupsie tot misdaad. In elk geval, die stereotipe siening is dat dit makliker is om te glo as jy omring is met groen weivelde. Of as jou beker oorloop met seëninge. Maar dit raak blykbaar moeiliker as jy bid en dit voel of die hemele bokant jou toegeslui
Stephan Joubert
Oct 31, 2025


Skryf in vir ’n taalkursus by die Here
Dit is moeilik om ’n nuwe taal aan te leer. Dit vra jare se inoefening om dit reg te kry. Wel, ons moet aanhoudend ‘n ou taal afleer en ’n nuwe een aanleer. Ons moet ophou om dwaasheid te praat en wysheid baasraak. Spreuke leer ons dat dwase lief is vir haatpraatjies en vir skinder (10:18). Hulle verwoes ander mense met hulle woorde (11:9). Hulle maak mense seer met hulle venynige woorde (12:6). Van vroeg tot laat het hulle hul monde vol oor ander mense (18:2). Daarom is hull
Stephan Joubert
Oct 24, 2025


Die Here het nie geheime agente in diens nie
Ons ken Jesus se woorde in Matteus 6 dat ons linkerhand nie mag weet wat ons regterhand doen nie. Hiermee bedoel Hy ons moenie spog oor dit wat ons doen vir ander nie. Maar hoe dan gemaak met Jesus se woorde ’n paar verse vroeër, waar Hy sê ons moet ons lig so laat skyn voor die mense dat hulle ons goeie werke raaksien en God verheerlik? Ek praat van Matteus 5:16. Dit word amper nooit aangehaal in gesprekke oor goeie werke nie. Kom ons sê eers vir mekaar ons mag nooit die Hee
Stephan Joubert
Oct 17, 2025


Ek onderhandel nooit met God nie
“As U my help, sal ek dit of dat vir U doen …” Baie van ons het dalk al sulke beloftes aan die Here gemaak. Die feit is, ons hoef nie. God het niks van ons nodig nie. Alles wat Hy vir ons doen, doen Hy verniet en onverdiend. Paulus skryf in Efesiërs 2 God is ryk in jammerhartigheid. Daarom onderstreep elke gebedsverhoring en elke deurbraak in ons lewe Sy goedheid. Hy doen dit vir ons, omdat Hy graag wil en nie maar net omdat ons so opreg gebid het nie. Of omdat ons sulke groo
Stephan Joubert
Oct 10, 2025


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3, 2025


Moenie net dankbaar wees nie, wees ook vrygewig
“Gaan kyk ’n slag hoe krap mense in asblikke rond vir kos. Dan sal jy dankbaar wees vir dit wat jy het.” Ken jy sulke opmerkings? Word ander mense se slegte omstandighede gedurig gebruik as motivering hoekom jy jou eie seëninge moet tel? Nou ja, dit is ‘n feit dat baie mense op die planeet swaarder kry as jyself kry, maar die Bybel gebruik nooit ander se omstandighede om jou dankbaarder te maak nie.
Stephan Joubert
Sep 26, 2025


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19, 2025


Psalm 119 is ’n lewensredder op baie maniere
Daar is twee Engelse kerkleiers met dieselfde naam, naamlik George Wishart. Hulle het onderskeidelik geleef tussen 1513-1546 en 1599-1671. Beide het in groot moeilikheid beland as gevolg van hul geloof. Die eerste George het die leringe van Calvyn en Luther nagevolg. Hy is in St Andrews, Skotland tereggestel. Die tweede George Wishart het later as biskop van St Andrews gedien. As gevolg van sy militêre betrokkenheid is hy tot die dood veroordeel. In daardie tyd was dit gebrui
Stephan Joubert
Sep 12, 2025


Ek is vreugdevol en heilig
Een van die karakters in E.M. Forster se bekende werk,“A Passage to India” merk by geleentheid op: “I am a holy man without the holiness.” Vir die meeste mense is die woord “heilig” enigiets vanaf ’n spotwoord, tot ’n term om werklikheidsvreemde mense mee te beskryf. In godsdienstige kringe is heiliges diegene wat in afgesonderde plekke leef, soos in kloosters. Of dit verwys na sekere indiwidue wat lankal dood is en tot “saints” verklaar is.
Stephan Joubert
Sep 5, 2025


Wat is die maklikste?
Jeff Bezos, die bekend Amerikaanse biljoenêr, vertel ’n paar jaar gelede by Princeton Universiteit se besigheidskool dat sy oupa hom een keer een van die grootste lesse van sy lewe geleer het. Toe hyself nog ’n kind was, het hy op ’n dag vir sy ouma padlangs die waarheid vertel. Hulle het in die kar gery en sy het gerook. Jeff kon haar kettingrokery nie vir een oomblik langer uitstaan nie. Hy het vir haar vertel dat dit haar lewe met nege jaar verkort. Jeff se ouma was baie o
Stephan Joubert
Aug 29, 2025


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22, 2025


Ons is “per missie”
Toe ek ’n paar jaar gelede na 'n Amerikaanse kerkleier sit en luister, besef ek opnuut hoe ek vir jare verkeerd gedink het. Daar in die harde wêreld van Detroit het hy sy gemeente geleer dat hulle gemeente “per mission” is. Hy het bedoel almal in hulle geloofsgemeenskap is voltyds op ’n sending vir die Here. Hulle is voltyds “per missie”. Die leraar het ook vertel hoe dit een van hulle kernwaardes is dat alle gemeentelede toestemming het om te doen wat die Here op hulle harte
Stephan Joubert
Aug 15, 2025


Geloof word nie sommer net so verloor nie
“Ek het my geloof verloor,” vertel iemand half sarkasties in ’n gesprek. “Dit is nog niks nie - ek het twintig rand verloor,” reageer iemand anders droogweg. Terwyl almal verleë lag, wonder ek by myself hoe verloor ‘n mens jou geloof so maklik? Ek meen, hoe gebeur dit presies? Toe dink ek dit kan slegs gebeur as jy aan geloof dink as een of ander item, objek of besitting, waaroor jyself volledige beheer het.
Stephan Joubert
Aug 8, 2025
bottom of page
