top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Bewys eerste respek aan ander
Daar word vertel dat toe Albert Einstein en Charlie Chaplin mekaar in 1931 ontmoet het, Einstein sou gesê het dat hy groot respek vir Chaplin het. “You do not say a word, and yet the world understands you.” Chaplin sou toe geantwoord het: "But your fame is even greater. The world admires you, when no one understands you.” Daarsy! Jy hoef nie alles te verstaan wat mense doen voordat jy respek vir hulle het nie.
Stephan Joubert
4 days ago


Ek hou aan om reddingstoue uit te gooi
Octavia Butler (1947-2006) skryf iewers: “Drowning people sometimes die fighting their rescuers.” Net so! Party mense wil nooit gehelp word nie. Hulle kies om op hulle eie voort te strompel. Hulle kies om hulle laste alleen te dra. Hulle verseg dat ander mense hulle bystaan. Hulle weier om gered te word. Watter redes hulle ook al aanvoer, jy en ek mag nooit moed opgee met mense wat oop oë aan’t sterf is nie. Nee, ons kan niemand forseer om ons hulp te aanvaar nie, maar ons ka
Stephan Joubert
Jun 26


Die onpopulêrste boodskap ooit: Word ‘n voetewasser
Dis ‘n ongelooflike eer as iemand voor my kom kniel om as ‘n teken van respek / waardering my voete te was, maar ook onbeskryflik “humbling”. Om egter die kniel- en waswerk te doen, is nie so eenvoudig nie. Veral nie wanneer die een wie se voete gewas moet word, beslis geen eerbetoon verdien nie. My huweliksmaat, wat my gedurig kritiseer en verkleineer, my tienerkind, wat my sonder respek behandel, my pa / ma wat my nooit gewys het wat liefde is nie, moontlik ‘n vriend of ken
Alet Gardner
Jun 17


Ons is regtig ook mense, op Jesus se manier
Dit was die filosoof, René Descartes (1596-1650), wat gesê het ons wil so graag god speel, maar ons kry dit nie eens reg om behoorlik mens te speel nie. Jesus leer ons om dit andersom te doen. Terwyl almal gode wil wees, het Hyself gekies om mens te word. Dit was geen akteursrol wat Hy vooraf ingeoefen het nie.
Stephan Joubert
May 4


Om ’n naaste te wees gebeur onbepland
Nabyheid beteken ook verantwoordelikheid. As ’n navolger van Jesus kan jy nooit anderpad kyk as mense rondom jou nood ly nie. Of as hulle leef soos wat hulle wil nie. Jy leef immers op die pad na Jerigo toe. Jy leef op daardie einste pad waarop die Samaritaan, van wie Jesus ons in Lukas 10 vertel en by wie ons ook in die vorige nadenke stilgestaan het, homself bevind. Hierdie gelykenis van Jesus maak dit duidelik dat ons nie altyd kan beplan wanneer en hoe graag ons ‘n naaste
Stephan Joubert
Apr 10


Moenie net vir God werk nie
“Ek werk vir die Here.” Dit is ’n gewilde ding om te sê. Dalk is dit hoekom iemand wat hierdie woorde aangehoor het dadelik gereageer het: “En ek werk vir myself.” Ek verstaan hoekom mense sê hulle werk vir die Here. Dis nie verkeerd nie. Paulus moedig slawe in Kolossense 3:23-24 aan om hulle werk vir die Here te doen en nie vir hulle harde base nie, maar dis beter om voltyds vir die Here te leef as om net vir Hom te werk.
Stephan Joubert
Mar 23


Maak nuwe vriende, God se soort vriende!
Die term unfriend val nie te vreemd op ons ore nie. Dit wemel immers op sosiale media. Die Oxford Dictionary se omskrywing hiervan is glashelder: “To remove someone as a friend on a social networking site such as Facebook.” Hiervan gepraat, God is glad nie sterk op unfriend nie. Inteendeel. Die Bybel leer ons Hy maak graag vriende. Boonop leer die Bybel ons dat Hy hulle lewenslank as vriende wil behou.
Stephan Joubert
Mar 13


Van EK tot ek
As daar een ding is wat sosiale media baie goed reggekry het, dan is dit om “EK” in die sentrum van die aandag te plaas en om “hulle” te meet aan hoe hulle teenoor MY (EK) optree. Gee “hulle” om wanneer EK in ’n krisis is? Bid “hulle” vir MY (EK)? Gee “hulle” om as EK alleen is? Inderdaad het EK die selfaangestelde standaard geword, waaraan ander se liefde en vriendskap gemeet word. Sosiale media en kie maak EK die spilpunt van dit alles. EK, MYSELF en EKKE staan in die sentr
Stephan Joubert
Jan 26


Fiksheid met ewigheidswaarde
Deesdae kan ‘n mens skaars straat-af kyk of daar is ‘n hardloper of twee, wat hulle daaglikse oefening inkry. Loer by die gym in en dis stampvol gesondheidsbewustes, van wie die sweet aftap. Hierdie strewe na fisiese fiksheid is natuurlik goed vir liggaam en siel, soos wat die ou Grieke geglo het. Paulus het egter in sy brief aan Timoteus gewaarsku dat ons nie die heel belangrikste oefening moet afskeep nie
Elmarie van der Westhuizen
Jan 21


Hier is twee dinge wat God wel vir ewig oor jou onthou
God het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles wat Hy wil onthou vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons as Sy kinders wil onthou. Die eerste ding is dat Hy vir altyd sal onthou om ons as Sy kinders styf in Sy hand vas te hou. Jesus vertel in Johannes 10:28-30 dat niemand ons ooit uit God se hand sal wegruk nie. Hoor weer: God onthou ons nie net vir ewig nie; Hy hou ons ook vir ewig styf vas! Hy sorg dat ons Syne is, vir
Stephan Joubert
Jan 16


Sê nou ons is ook doodgewoon vir Jesus …
Sê nou ons geloof sou nie kragaangedrewe wees nie, maar diensaangedrewe … Sê nou ons belangrikste geloofsimbole sou nie magsbeelde wees nie, maar simbole wat nederigheid uitbeeld … Sê nou ons sou nie magtige vegters vir die Here probeer wees nie, maar doodgewone knegte wat nie erkenning soek nie en ander mense in Sy Naam dien … Sê nou ons sou nie die klem laat val op al ons geestelike deurbrake en suksesse nie … Sê nou ons lewens sou stil, mooi verhale vertel van hoe Christu
Stephan Joubert
Jan 2


Ek durf 2026 so aan..
Ek het ’n paar jaar gelede vir myself ’n aantal kompaswysers neergepen vir die nuwe jaar wat wag. Ek deel dit met jou hier op die vooraand van 2026:
Stephan Joubert
Dec 29, 2025


Diensbaar vir God: hoekom en hoe
Johan W se laaste wens was dat sy getuienis iemand anders sal aanmoedig om Jesus as Verlosser aan te neem. ‘n Predikantvriend van ons het...
Alet Gardner
Oct 22, 2025


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3, 2025


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19, 2025


Sal jy Superman vertrou met al die mag?
Wie sal jý vertrou met al die mag? Die nuutste Superman -fliek het die afgelope paar weke begin vertoon. Die superheldflieks bly maar ‘n...
Roedolf Botha
Sep 9, 2025


Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Stephan Joubert
Sep 8, 2025


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek het dikwels gehoor ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek ‘n myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie veel as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek ‘n tweede myl, maar dit was steeds nie ver genoeg nie.
Stephan Joubert
Sep 1, 2025


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22, 2025


Marcus Aurelius - ‘n Ware verhaal van ‘n magtige, nederige leier
Daar is soms ‘n groot wit olifant in die kamer van leierskap. Dit is die ongemak wat daar bestaan tussen die geweldige absolute mag wat soms aan sekere leiers toevertrou word, en die karakter van nederigheid en diensbaarheid wat so ‘n leier veronderstel is om te hê. Kan ‘n werklik magtige leier werklike nederigheid ook openbaar? Alhoewel die antwoord op die vraag ‘n natuurlike “ja” is (ons het mos al ‘n paar wonderlike voorbeelde hiervan gesien), weet ons dat hierdie kombinas
Roedolf Botha
Aug 13, 2025


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 v.C.), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het wat doen hy, het hy graag geantwoord dat hy op soek is na ’n man. Die mense het afgelei Diogenes bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. In geen stad kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie. Eerlike mense het hom altyd ontwyk.
Stephan Joubert
Jul 18, 2025
bottom of page
