top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Diensbaar vir God: hoekom en hoe
Johan W se laaste wens was dat sy getuienis iemand anders sal aanmoedig om Jesus as Verlosser aan te neem. ‘n Predikantvriend van ons het...
Alet Gardner
Oct 22


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19


Sal jy Superman vertrou met al die mag?
Wie sal jý vertrou met al die mag? Die nuutste Superman -fliek het die afgelope paar weke begin vertoon. Die superheldflieks bly maar ‘n...
Roedolf Botha
Sep 9


Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Stephan Joubert
Sep 8


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek het dikwels gehoor ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek ‘n myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie veel as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek ‘n tweede myl, maar dit was steeds nie ver genoeg nie.
Stephan Joubert
Sep 1


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22


Marcus Aurelius - ‘n Ware verhaal van ‘n magtige, nederige leier
Daar is soms ‘n groot wit olifant in die kamer van leierskap. Dit is die ongemak wat daar bestaan tussen die geweldige absolute mag wat soms aan sekere leiers toevertrou word, en die karakter van nederigheid en diensbaarheid wat so ‘n leier veronderstel is om te hê. Kan ‘n werklik magtige leier werklike nederigheid ook openbaar? Alhoewel die antwoord op die vraag ‘n natuurlike “ja” is (ons het mos al ‘n paar wonderlike voorbeelde hiervan gesien), weet ons dat hierdie kombinas
Roedolf Botha
Aug 13


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 v.C.), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het wat doen hy, het hy graag geantwoord dat hy op soek is na ’n man. Die mense het afgelei Diogenes bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. In geen stad kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie. Eerlike mense het hom altyd ontwyk.
Stephan Joubert
Jul 18


Die evangelie vra jou telefoonnommer
'n Onderwyseres vertel my van ’n briefie, wat sy een keer van ‘n skolier gekry het, wat nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy het egter ‘n huilende gesiggie bo-aan die briefie geteken en geskryf dat hulle geen kos in die huis oorhet om te eet nie. Sy ma het nie ‘n kar nie en hyself moet elke dag ver stap skool toe. Toe besef die juffrou dat dit niks sal help om iets te sê soos: “Ek dink aan julle” nie. Ook sal dit nie help om te sê: “Ek sal vir julle bid” nie. Sy het geweet sys
Stephan Joubert
Jun 27


Laat die regte afdrukke agter
Ons almal laat afdrukke agter. Meestal is dit ons vingerafdrukke. Ons laat egter meer as sulke fisiese afdrukke agter. Ons laat ook herinnerings as afdrukke agter. Soms is sulke afdrukke pynlik. Iewers langs die lewenspad het ons ander mense seergemaak of goor behandel. Soms weet ons dit, maar soms ook nie. Hoe dit ook al sy, sover dit van ons afhang, moet ons dinge weer gaan regmaak. Die Here vra dit van ons. Om afgebrande brûe te herbou, is altyd die regte ding om te doen.
Stephan Joubert
Jun 16


Weet hoe om reg naby ander te leef
“Just because I told you my story does not invite you to be a part of it,” sê die karakter van Jack Nicholson in die film The Bucket List. Hierdie woorde het my al baie gehelp in my eie lewe. Dit het my minstens geleer dat ek sensitief moet wees vir ander mense. Ek het geen reg om ongenooid in mense se lewens in te storm en myself op te dring aan hulle nie. Die evangelie kies ’n beter roete. Ek leer naamlik by Jesus dat die regte nabyheid aan ander mense konkrete hulp insluit
Stephan Joubert
May 30


Wat as jy die dag jou nuttigheidswaarde verloor?
“I’ve outlived my usefulness.” So het Bill Knight sy eie lewe jare gelede opgesom in ’n onderhoud met ’n Amerikaanse TV-stasie. Hy was al baie oud en eensaam. Sy familie het lankal van hom vergeet. Toe besluit hy eendag om Amerikaanse soldate, wat uit Irak teruggekeer het, by ‘n plaaslike lughawe met ‘n handdruk te gaan verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd en syd regdeur die VSA bekend geraak. Baie ander bejaardes het sy voorbeeld begin
Stephan Joubert
May 23


Vrygewig met die oorvloed wat ons gekry het
Gletsers is verantwoordelik vir ongeveer 95% van al die vars water, wat op aarde gestoor word. Geen wonder dat die gletsers in Switserland die watersilo’s van Europa genoem word nie. Hulle gaar die wintersneeu op en laat dit stadig gedurende die somer vry - dit voorsien water vir Europa se riviere en gewasse. Soos die oorvloedige sneeu in die somer smelt en dan kanale van lewegewende water word, het die vroeë kerk hierdie beginsel verstaan en dit met vreugde uitgeleef. Hulle
Elmarie van der Westhuizen
May 7


Gee jou lewe weg, maar doen dit reg
Karl Schmidt was ‘n bekende Amerikaanse herpetoloog. In 1957 het die Lincoln Park Dieretuin hom gevra om ’n slang uit Afrika te identifiseer. Op 26 September het hierdie einste slang hom gepik. Schmidt het gemeen dit is ’n boomslang, maar om heeltemal seker te maak, het hy alle vorms van mediese hulp geweier. Sy rede volgens The Chicago Daily Tribune was as volg: “That would upset the symptoms.”
Stephan Joubert
May 5


Kry ‘n gratis ete by my
Daar’s nie regtig iets soos ’n gratis ete, of “a free meal,” soos wat die Engelse dit noem nie. Die meeste van die tyd soek mense iets in ru
Stephan Joubert
Apr 28


Wat bedoel ons met diensbare leierskap?
So baie mense, veral kerkmense en Christene is geweldig lief vir die idee van diensbare leierskap. Ek kom egter agter dat mense redelik verw
Roedolf Botha
Apr 16


Gesalf deur die Heilige Gees – wat ons by Saul leer
Saul was ’n jaloerse, ongehoorsame koning, wat aan vervolgingswaan en angstigheid gely het. Hy was dwaas. Die skielike mag het direk na sy k
Liezel Lüneburg
Apr 1


Moenie net dankbaar wees nie
“Gaan kyk ’n slag hoe krap mense in asblikke vir kos, dan sal jy dankbaar wees vir dit wat jy het.” Ken jy sulke opmerkings? Word ander mens
Stephan Joubert
Mar 17


The Baby Whisperer
David Deutschman, beter bekend as die “ICU Grandpa”, was ‘n vrywillige werker by die Children’s Healthcare of Atlanta hospitaal. Hy is een
Marietjie Joubert
Mar 4


Die eenvoud van Paulus se leierskap
Paulus het by Jesus geleer. Daarom was hy seker een van die mees invloedryke leiers van die geskiedenis, in ag genome die invloed, wat hy va
Roedolf Botha
Feb 19
bottom of page
