Ek durf 2026 so aan..
- Stephan Joubert
- 12 minutes ago
- 1 min read
Ek het ’n paar jaar gelede vir myself ’n aantal kompaswysers neergepen vir die nuwe jaar wat wag. Ek deel dit met jou hier op die vooraand van 2026:
Ek weet die Here is my Herder. Hy is die Eregas en die Gasheer binne elke situasie, elke gesprek en elke verhouding waarbinne ek staan.
Ek glo alle mense is kosbaar. Almal met wie ek te doene kry verdien respek en waardige behandeling.
Ek doen goed aan ander sonder om iets terug te verwag. Ek betaal graag meer uit binne elke verhouding waarin ek staan as wat ek ooit hieruit onttrek.
Ek is ’n lewenslange student van God se Woord en van die lewe self. Ek leer ook gedurig by ander mense.
Ek kies om die Here en ander groter in my lewe te sien en om my eie probleme en laste gedurig te laat krimp.
Ek kies om elke dag iets goed te doen vir mense in Jesus se Naam. My geloof is ’n werkwoord, nie ’n voltydse ruswoord nie.
God se skepping is kosbaar. Ek doen my deel om dit mooi op te pas. Waar dit beskadig is, help ek graag om dit heel te maak.
Ek leef met verwondering, vreugde en kinderlike geloof. Ek laat elke dag toe dat die Here my karakter tot Sy eer vorm.




Comments