top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ons kan onsself nie elke slag “fix” of herstel nie
Wanneer ons motor stukkend is, neem ons dit na ’n werktuigkundige toe vir herstelwerk. Dieselfde geld vir al die toebehore in ons huis. Maar wanneer onsself stukkend raak, steek ons dit soms goed weg. Ons dink ons kan onsself fix. Wel, ons kan nie aldag nie. Ons is te trots of te skaam om daaroor met iemand te praat. Dan verstaan ons nie hoekom ons angstig of terneergedruk is nie. Ons meen ’n vinnige wegbreek kan dit alles regmaak. Of ’n vakansie. Maar dit doen nie. Soms krui
Stephan Joubert
Jul 28, 2025


Die Here hou van ons
“Almal bly in huise van glas.” So lui die lirieke van ‘n liedjie, wat jy dalk ken. Dit is die reine waarheid! Nie een van ons leef op die morele hoëgrond nie. Iewers in die lewe druip ons almal ’n toets of twee. Ons integriteit laat ons soms in die steek. Ons struikel oor sondes. Ons maak droog, al wil ons nie. Ons praat oorhaastig in konfliksituasies en raak lelike dinge kwyt teenoor ander mense waaroor ons vir altyd spyt is. Daarom dat God se goedheid en genade my so altyd
Stephan Joubert
Jul 25, 2025


Vind vreugde in beide kakofonie én harmonie
Een van my gunstelingonderwysers het op 'n dag in 'n dawerende stem gevra: "Wat vir 'n kakofonie gaan hier aan?" Die hele klas het stil geraak en hom oopmond aangegaap. Die betekenis van die term, wat darem baie soos 'n vloekwoord klink, was vir die klomp onkundige sestienjarige tieners heeltemal duister. Hy het gelag en verduidelik dat 'n kakofonie eintlik 'n onwelluidende mengsel van deurmekaar klanke of 'n goot lawaai is.
Liezel Lüneburg
Jul 22, 2025


Ontdek Jesus se soort relevansie
Is die kerk slegs relevant wanneer dit met ’n antwoord op elke nuwe vraag regstaan? Of wanneer dit gedurig preek en praat oor die jongste krisisse in die samelewing? Dalk nie. Sulke relevansie is meestal reaktief. Dit reageer net op die nuutste probleme. Die regte soort relevansie gaan oor meer as standpunte oor die nuutste sake van die dag.
Stephan Joubert
Jul 21, 2025


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 v.C.), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het wat doen hy, het hy graag geantwoord dat hy op soek is na ’n man. Die mense het afgelei Diogenes bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. In geen stad kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie. Eerlike mense het hom altyd ontwyk.
Stephan Joubert
Jul 18, 2025


Is ek ‘n veilige plek vir ander?
Die Britse regering het gedurende die Tweede Wêreldoorlog die publiek aangeraai om ‘n veilige plek te skep, waar hulle tydens bomaanvalle kon skuil. Hulle kon óf in hulle tuin ‘n ondergrondse skuilplek van sinkplaat bou óf hulle kon ‘n spesifieke kamer in hul huise as 'n skuilplek gebruik. Dit is was dikwels in die kelder of trapkamer. Mense het in hierdie “veilige plekke” geskuil, wanneer daar bomaanvalle was.
Elmarie van der Westhuizen
Jul 16, 2025


Van ver af is enige iemand vlak
Flieks soos Shrek het vir my soveel sosiale kommentaar van hoe vandag se mense stereotipes maak van mense en dinge wat ons nie verstaan nie. Die voor-die-hand-liggende voorbeeld in die fliek is Shrek self. Hy is ‘n ogre, ‘n monster. Almal in die dorpie wil hom net uitwis of doodmaak want monsters is mos almal sleg. Dis wat almal hulle kinders leer van kleins af. ‘n Mens moet immers jou vyande ken. Van ver af lyk die optrede van enige iemand verdag en die persoon word as sleg
Roedolf Botha
Jul 15, 2025


Om reg te rou, en reg te onthou
Die bekende skrywer, Henry James (1843-1916), skryf op ’n roerende wyse in sy dagboek oor die afsterwe van sy ma: “There seems not to be enough tenderness in my being to register the extinction of such a life. But I can reflect, with perfect gladness, that her work was done.” Wie van ons ken nie diep hartseer, wanneer ’n geliefde gesterf het nie.
Stephan Joubert
Jul 14, 2025


Leierskap in tye van weerstand
Daar is een ding waarmee alle leiers te make kry, ongeag die spesifieke industrie waarin hulle werk, en dit is weerstand. Trouens, die punt kan gemaak word dat ‘n leier se metaal eers werklik getoets word wanneer daar teenstand is. ‘n Veteraan-leier sal vir jou kan sê dat dit juis hier is, te midde van weerstand en teëstand, waar jou vaardighede as leier gevorm word. Daarom word daar deur baie kundiges oor die relevansie en belangrikheid van weerstandsbestuur gepraat. Tod Bol
Roedolf Botha
Jul 9, 2025


‘n Ander soort selfversorging
In vandag se veeleisende en besige lewe val die klem baie op selfversorging. In tydskrifte en op die internet kry ‘n mens raad oor hoe om jouself fisies en geestelik goed te versorg. Ons lees wenke soos oefen gereeld, eet gesond, neem ‘n borrelbad, gaan stap met jou hond en vele meer.
Helena Smith
Jul 8, 2025


Ken Jesus se nuwe wet
“Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.” Dit is groot woorde hierdie. Jesus sê dit in Johannes 8 wanneer ’n klompie Jode ’n vrou met klippe wil doodgooi. Sy het owerspel gepleeg en volgens Levitikus 20:10 en Deuteronomium 22:22-24 was steniging die voorgeskrewe straf. Hulle wou eers weet wat Jesus sou doen. Maar Hy het aanvanklik niks gesê nie en net met Sy vinger in die sand geskryf. Uiteindelik, toe hulle aanhou, het Jesus die sondeloses uitgedaag om die eer
Stephan Joubert
Jul 7, 2025


So raak vrees uit die mode
"Ek is bang." Dit is die daaglikse ervaring van derduisende mense. Vrees is 'n goor realiteit. Vrees maak jou blind en irrasioneel. Vrees laat jou vries, veg of vlug. Vrees haal die mooi uit jou lewe. Dit los net al die skerpkante oor, wat seermaak. Die Here weet dit. Daarom dat Hy keer op keer in die Bybel vir Sy mense sê: "Moenie bang wees nie!” Hierdie woorde geld vandag ook vir jou. Ook jý is vandag 'n aangespreekte deur die Here. God self sê vir jou: “MOENIE BANG WEES NI
Stephan Joubert
Jul 4, 2025


Die kruis of ‘n six-pack?
Ons almal luister na geestelike leiers. Ek ook. Dis deel van die proses van geestelike volwassewording. Ons het almal geestelike mentors nodig. Ook dominees en pastore het geestelike leiding nodig. Ons almal luister na mense. Daarom is dit nogal belangrik om te weet hoe om sulke leiers te beoordeel. Daar is goeie leiers, maar ook so baie ontroue leiers; of geestelike leiers wat nonsens praat, al is dit met goeie bedoelings. Hoe besluit ‘n mens watter leiers is goed om na te v
Roedolf Botha
Jul 1, 2025


Korter is partykeer beter
Die Franse wiskundige, Blaise Pascal, het in 1657 in een brief opgemerk dat hy nie genoeg tyd gehad het om dit korter te skryf nie. In 1690 maak die filosoof, John Locke, ’n soortgelyke opmerking oor een van sy artikels. Hy het gesê hy was óf te lui óf te besig om dit korter te skryf. Pascal, Locke en ander effektiewe kommunikeerders weet langer is meestal makliker, maar korter is moeiliker. Hulle het ook geweet dat korter dikwels meer impak het.
Stephan Joubert
Jun 30, 2025


Die evangelie vra jou telefoonnommer
'n Onderwyseres vertel my van ’n briefie, wat sy een keer van ‘n skolier gekry het, wat nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy het egter ‘n huilende gesiggie bo-aan die briefie geteken en geskryf dat hulle geen kos in die huis oorhet om te eet nie. Sy ma het nie ‘n kar nie en hyself moet elke dag ver stap skool toe. Toe besef die juffrou dat dit niks sal help om iets te sê soos: “Ek dink aan julle” nie. Ook sal dit nie help om te sê: “Ek sal vir julle bid” nie. Sy het geweet sys
Stephan Joubert
Jun 27, 2025
bottom of page
