top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die jongste misdaadslagoffer is nie maar net nog ’n stukkie statistiek in die koerant nie
oe hy die jongste misdaadslagoffer aan die anderkant van die pad sien lê, het hy dadelik gaan help. Ek praat van die Samaritaan in Jesus se gelykenis in Lukas 10. Die priester en die Leviet het aan die veilige kant van die pad gebly toe hulle dieselfde man sien lê het. Hulle was maar net ontsteld. Hulle was diep geskok. Dalk het hulle iewers ’n noodvergadering van godsdienstiges bymekaargeroep om hulle skok oor die “toestand” in die land en oor die stygende misdaad uit te spr
Stephan Joubert
Apr 3


Vrede vir julle
Corrie en Betsie ten Boom was twee toegewyde Nederlandse sussies, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog Jode in hulle huis weggesteek het. Hulle is deur die Nazi’s in Februarie 1944 gevange geneem en in September na die Ravensbrük-konsentrasiekamp gestuur, nadat hulle in die tronk was.
Marietjie Joubert
Mar 31


Verwondering verskuif al die geestelike meubels in jou lewe
Charles Scott Sherrington (1857-1952) het in 1932 die Nobelprys gewen vir sy navorsing oor die funksies van neurons in die brein. In een van sy lesings, wat later geboekstaaf is, skryf hy die volgende oor verwondering: “We dismiss wonder commonly with childhood. Much later, when life’s pace has slackened, wonder may return. The mind then may find so much inviting wonder the whole world becomes wonderful.”
Stephan Joubert
Mar 30


Lees die Bybel beter, dan leef jy sommer ook beter
Teks: Psalm 1:2 Bybelvaardighede is op ‘n absolute laagtepunt hier in ons dag. Te veel mense wat die Bybel lees soek te veel kortpaaie. Pleks dat hulle die Bybel bestudeer, verkies hulle om “Skrif te kry”, soos wat almal dit noem. Of iemand “gee Skrif” vir hulle en dan ignoreer hulle die res. “Skrifkry” is vir hulle om een of ander vers by die Here self te kry, los van al die ander verse. “Skrifkry” is gelyk aan een of twee tekste wat uit die Woord verwyder word en dan spesia
Stephan Joubert
Mar 27


Wat is jou “teddiebeertjies”?
Prins Andrew van die Britse koningshuis was die afgelope paar jare ‘n paar keer in die media as gevolg van sy moontlike onderduimse kontak met Jeffrey Epstein. Nou onlangs weer. Daar is selfs gepraat van moontlike geestelike afwykings en ander dinge wat onder die mat ingevee is omdat hy magtig en ‘n persoon van invloed is. Die ding wat my egter die meeste aangaande Prins Andrew gefassineer het, was nie een van hierdie populêre aantygings teen hom nie. Ek was baie meer geamuse
Roedolf Botha
Mar 24


Moenie net vir God werk nie
“Ek werk vir die Here.” Dit is ’n gewilde ding om te sê. Dalk is dit hoekom iemand wat hierdie woorde aangehoor het dadelik gereageer het: “En ek werk vir myself.” Ek verstaan hoekom mense sê hulle werk vir die Here. Dis nie verkeerd nie. Paulus moedig slawe in Kolossense 3:23-24 aan om hulle werk vir die Here te doen en nie vir hulle harde base nie, maar dis beter om voltyds vir die Here te leef as om net vir Hom te werk.
Stephan Joubert
Mar 23


Jonk of oud, jy doen die regte dinge!
Die gemiddelde 25-jarige kan verwag om 'n hele 2,4 jaar langer goeie gesondheid te geniet as sowat 20 jaar gelede. Op hul beurt kan 65 jariges verwag om nog 1,7 gesonde jare te hê - iets wat ook nie 'n paar jaar gelede die geval was nie. So bevind ’n studie aan die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Massachusetts ’n paar jaar gelede. Mense word vandag ouer omdat mediese en sosiale dienste verbeter het. In gewone taal beteken dit dat jy op jou “oudag” dalk nie so oud g
Stephan Joubert
Mar 20


Die twee dinge wat goeie besluite verhoed
In die vorige nuusbrief het ons gesien hoe Edwin Friedman waarsku dat leiers hulle waagmoed verloor in tye van broodnodige besluitneming en aksie. Hierdie waagmoed om die nodige, dapper besluite te neem, verlaat leiers dikwels wanneer hulle gekonfronteer word met ‘n spanlid wat emosionele druk uitoefen, of wanneer die leier ander sosiale drukkragte beleef, soos om polities korrek te moet optree. Friedman verduidelik dat daar sterk onderliggende angs in die samelewing heers en
Roedolf Botha
Mar 18


Vroeg herfs
Vir diegene wat in die noorde van die land bly, raak dit dáárdie tyd van die jaar: kosmos langs die pad. Gedurende die middel van die somer let ek nie juis hierdie betrokke plante op nie. Hulle lyk te veel soos kakiebos of gras, maar slegs totdat hulle meteens begin blom!
Siegfried Louw
Mar 17


As God ’n een-lyner oor ons moet skryf
Toe is die skrif teen die muur - letterlik en figuurlik. Ek praat van daardie dag toe God die of one liner oor koning Belsasar teen sy paleis se muur geskryf het terwyl hy en sy vriende partytjie gehou het. Ons lees in Daniël 5:25-28 hoe sy ganse lewe in ’n paar woorde saamgevat word: “Mene, mene, tekel, ufarsin.” Oftewel: “Getel, getel, geweeg, verdeel.”
Stephan Joubert
Mar 16


Maak nuwe vriende, God se soort vriende!
Die term unfriend val nie te vreemd op ons ore nie. Dit wemel immers op sosiale media. Die Oxford Dictionary se omskrywing hiervan is glashelder: “To remove someone as a friend on a social networking site such as Facebook.” Hiervan gepraat, God is glad nie sterk op unfriend nie. Inteendeel. Die Bybel leer ons Hy maak graag vriende. Boonop leer die Bybel ons dat Hy hulle lewenslank as vriende wil behou.
Stephan Joubert
Mar 13


God se hart vir seer verhoudings
“It is because we are created in the image of the Trinity that loneliness is so crushing, that broken relationships are so debilitating, that death is so painful. Lack or loss of relationships violates our essential nature, created to reflect the relational essence of God.” – Darrell Johnson (“Experiencing the Trinity”)
Elmarie van der Westhuizen
Mar 11


Soek God in die gewone
Verlede jaar (2025) het die fliek Train Dreams die lig gesien. Dis die lewensverhaal van ‘n karakter met die naam van Robert Grainier, gespeel deur Joel Edgerton. Wat die fliek werklik (vreemd genoeg) merkwaardig maak is dat daar min dramatiese dinge in die fliek gebeur. Dis ‘n baie lang, maar baie gewone storie van ‘n gewone lewe met sy hoogtepunte, laagtepunte, tragedies en uitgerekte dialoë, wat meestal nie uitloop op enige betekenisvolle gevolgtrekkings of resultate nie.
Roedolf Botha
Mar 10


Oop-arm God
In ’n boek lees ek van ‘n seun wat sy pa se motor by die huis se inrit geparkeer het. Toe hy later weer met die motor wou ry, was dit skoonveld. Die seun het vergeet om die handrem op te trek. Die motor het tot aan die einde van die straat agteruitgeloop en toe oor ’n afgrond geval. Bevrees het hy dit vir sy pa gaan vertel. Die kind het die ergste verwag, maar sy pa het doodluiters sy koerant omgeblaai en gesê: “Dan sal jy seker ons bakkie moet vat!” Praat van kalmte van gees
Stephan Joubert
Mar 9


Het jy al ‘n plan om die wêreld te verander?
Almal wil die wêreld verander. Almal wil hê dinge moet anders wees. Almal wil hê die kerk moet vol lewe wees en die land moet ’n beter plek wees. Tog het min mense ooit ‘n plan, wat nog te praat van ’n werkbare een! Diegene wat wel sulke planne het, voer dit selde deur. Dit lyk my iets meer is nodig as net om goeie planne in plek te hê. Ek praat van 'n dinamiese plan wat so groot en lewensverskuiwend is dat jy bereid is om jou hele lewe eksklusief daaraan te wy.
Stephan Joubert
Mar 6
bottom of page
