top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Wat ‘n vriend het ons in Jesus!
Gedurende die afgelope Paastyd sing ons een oggend die lied Wat ‘n vriend het ons in Jesus. Ek besef op daardie oomblik dat ek die lied al so baie gesing het, maar dat dit in hierdie jaar se Paastyd vir my opnuut betekenis gekry het. Jesus het aan die kruis,‘n vloekhout gehang. Hy het daardie dag aan die kruis soos ‘n sondaar geword deur die hele mensdom se sondes op sy skouers te neem. Hoe totaal Godverlate moes dit nie gevoel het nie! Ek beleef soms so ‘n geweldige diep tel
Marietjie Joubert
Jun 24, 2025


Wees vir ’n slag die uitsondering - wees gelukkig!
Geleerdes praat van toksiese positiwiteit, wat nadelig is vir ons geestesgesondheid. Dit gebeur wanneer negatiewe gevoelens ontken of onderdruk word. Enige vorm van kunsmatige positiwiteit is ongesond. Maar dis dalk nie die grootste probleem van ons dag nie. Ons leef in ’n wêreld, wat so oorbewus van indiwidue se “issues” en benadeeldheid geraak het dat dit onnatuurlik is om te sê jy is gelukkig. Of om te sê jy is nie oorwerk, uitgebrand, bekommerd, angstig of gestres nie.
Stephan Joubert
Jun 23, 2025


Spasie of tyd? Of dalk beide?
Dit is een ding om tyd te maak vir iemand, maar dis iets totaal anders om spasie vir hom of haar te maak. Om tyd te maak, moet jy eintlik net jou dagboek se aktiwiteite so ’n bietjie rondskuif. Om plek te maak, moet jy egter jou lewe rondskuif. Van tyd gepraat - dit is nie so moeilik om vir God tyd in te ruim nie. Al wat dit van die meeste mense vra, is ‘n uurtydgleuf iewers op ‘n Sondagoggend. Of ‘n 30 sekondegebed voor elke ete. Of vyf minute vir stiltetyd voor slapenstyd.
Stephan Joubert
Jun 20, 2025


‘n Betekenisvolle lewe – bietjie vir bietjie
My lewe is betekenisvol, omdat die Skepper van die heelal my as sy kind aanvaar het. Hy het my kunstig in die moederskoot aanmekaar geweef, ‘n droom gehad vir hoe Hy my lewe wil gebruik om ander na Hom toe te trek.
Alet Gardner
Jun 18, 2025


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17, 2025


Laat die regte afdrukke agter
Ons almal laat afdrukke agter. Meestal is dit ons vingerafdrukke. Ons laat egter meer as sulke fisiese afdrukke agter. Ons laat ook herinnerings as afdrukke agter. Soms is sulke afdrukke pynlik. Iewers langs die lewenspad het ons ander mense seergemaak of goor behandel. Soms weet ons dit, maar soms ook nie. Hoe dit ook al sy, sover dit van ons afhang, moet ons dinge weer gaan regmaak. Die Here vra dit van ons. Om afgebrande brûe te herbou, is altyd die regte ding om te doen.
Stephan Joubert
Jun 16, 2025


Onskuldig! Ja, jy!
Hofsake gaan uiteindelik oor die vraag: Skuldig of onskuldig? Ook in die hemelse regsaal is dit die finale vraag. Ons almal sal hierdie vraag eendag moet aanhoor as ons voor God staan. Wel, hier’s slegte nuus: Niemand, wat hulle eie saak voor God op daardie dag behartig, gaan dit maak nie. Niémand nie! Ons almal is skuldig. “Guilty as charged,"sê Paulus in Romeine 3:1-20. Ons oortredings is hemelhoog opgestapel as getuienis teen ons. Nie een van ons doen genoeg goeie dinge om
Stephan Joubert
Jun 13, 2025


Hoe lyk gesonde leierskap in onseker tye?
Daar is vandag ‘n insinking in die vlak van vertroue in leierskap. So beweer die kulturele navorser, Mark Sayers. Op politieke vlak maak dit nie saak wie se naam jy noem nie -Stamer, Putin, Trump, Ramaphosa. Min mense vertrou die leiers, wat oor hulle aangestel is. Alhoewel dit in die openbare sfeer, soos ook in die politiek, veel erger is, figureer dit byna orals, ook in die privaatsektor. Dis dus ook waar van leierskap in die besigheidsarena en dikwels in die kerkwêreld. Ma
Roedolf Botha
Jun 11, 2025


My hond
My gesin se goue labrador nader sy veertiende jaar. Cohen is by ons gebore en het die uitverkore een geword om by ons te bly. My kinders het hom help grootmaak. Ek moet nog iemand of iets ontmoet wat méér opgewonde oor ʼn bal kan wees. Wanneer die opwinding oor ʼn tuiskoms of ʼn bakkie kos of ʼn besoeker te groot raak, word alle aandag op ʼn bal uitgestort. As ek een van my kinders ʼn drukkie gee, gaan haal Cohen ook ʼn bal. Hy is blykbaar daarvan oortuig dat die bal hom onweerstaan
Siegfried Louw
Jun 10, 2025


Ek is nie besig met een of ander sonde-rehabilitasie program nie
n Efesiërs 4:28 skryf Paulus dat gelowiges, wat gesteel het, dadelik daarmee moet ophou. Hulle moet hard werk sodat hulle ook iets het om met die armes te deel. Nee, Paulus sê nie mense, wat steel, moet deel word van ‘n steel-minder-rehabilitasieprogram nie. Sy opdrag is eenvoudig: Stop dit! Staak dit! Daar is géén middelgrond nie. Daar is geen alternatief nie. Daar bestaan nie een of ander godsdienstige kursus, wat Paulus aanbeveel om gelowiges te help om jaarliks minder en
Stephan Joubert
Jun 9, 2025


Uitbranding hoef jou nie oor te kom nie
Die woord “uitbranding” word deesdae baie gebruik. Uitbranding gebeur wanneer mense hulle eie fisiese en emosionele kapasiteite opgebruik het. Dit gebeur as hulle niks meer in hulle lewenstenk oorhet om te deel nie. Uitbranding loop hand aan hand met voltydse moegheid, asook met gevoelens van sosiale diskonneksie, lae selfwaarde en min effektiwiteit. Uitbranding is inderdaad soos ’n motor, wat sonder brandstof probeer ry.
Stephan Joubert
Jun 9, 2025


Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel
Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor H
Stephan Joubert
Jun 6, 2025


Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?
In Markus 10 lees ons hoe Jesus vir die Paasfees op pad na Jerusalem is. Naby Jerigo gaan die skare by ‘n blinde bedelaar, Bartimeus, verby. Toe dié hoor dat Jesus in die skare is, roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, het U nie asseblief ‘n bietjie jammerte vir my oor nie?” (47b DB) Jesus roep hom nader en Bartimeus gooi sy baadjie eenkant toe, spring op en kom na Jesus toe. “Wat wil jy hê moet ek doen?” (51 DB|) is Jesus se vraag. “Ek wil asseblief graag sien, Meneer,” kom d
Elmarie van der Westhuizen
Jun 4, 2025


Soms is sang beter as praat
Hoe verduidelik ‘n mens die goedheid van God vir die wêreld? Hoe praat ‘n mens oor God, wat so liefdevol en asemrowend heilig is dat ‘n mens dit byna nie in woorde kan omskryf nie? Baie mense dink dat hulle in debatte moet tree, harder moet praat of nog ‘n keer logies verduidelik. Hoekom dink ons altyd dat nog ‘n verduideliking sal werk, wanneer ons al soveel keer probeer het? Daar is ‘n sterk stuk sosiale kommentaar hierop in die wetenskapsfiksiefliek, Contact. Die storie ha
Roedolf Botha
Jun 3, 2025


Weerspreek God Homself?
Kan God iets totaal anders sê as wat Hy in die Bybel sê? Kan Hy Homself weerspreek? Ek vra dit vir myself af as ek sien hoe dikwels Hy buite verband aangehaal word. Sommiges hou daarvan om slegs een frase of een vers in die Bybel uit die oorspronklike konteks te verwyder en dit dan te hergebruik, soos wat dit hulle pas. Dit gebeur gereeld met tekste, soos Jeremia 29:11, Romeine 8:28 en baie ander. Toe ek dit een keer gewaag het om vir iemand te sê hy haal ‘n Bybelvers totaal
Stephan Joubert
Jun 2, 2025
bottom of page
