top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Bob Dylan en die missielkrisis
In ‘n nuwe fliek oor die lewe van Bob Dylan word ‘n sleutelfase van sy lewe treffend uitgebeeld. Die rol van Dylan word deur Timothee Chalamet van Dune-faam vertolk. Die fase van Dylan se lewe wat deur die prent uitgebeeld word is die vroeë sestigs in Amerika ten tye van die missielkrisis. Op een gegewe aand in die storie het die Amerikaanse TV-media die mense van die land só opgerui dat baie verwag het dat Rusland of Kuba moontlik dieselfde aand nog missiele op die land gaan
Roedolf Botha
Feb 10


Sulke baasspelery het lankal ‘n vervaldatum bereik
Mag ek vandag aansluit by ‘n gedeelte wat ek in Januarie ook in die daaglikse kolom wat ek vir Beeld op Netwerk24 behartig, geskryf het. Skrifgeleerdes het Deuteronium 24:1 gereeld gebruik om egskeiding te regverdig in die tyd toe Jesus op aarde was. Daarvolgens mag ‘n man wat iets onrein of onbetaamlik by sy vrou aantref, wettiglik van haar skei. Voordat ons Jesus se reaksie hierop aanhoor, moet ons eers by Genesis ’n draai maak. Genesis 2:18-20 vertel hoe God ’n helper aan
Stephan Joubert
Feb 9


Moenie jouself vaak verveel nie
“My lewe is so vaal en voorspelbaar dat ek elke aand van pure verveeldheid aan die slaap raak. Ek verveel myself vaak.” Dit raak iemand lank gelede in die publiek. Die vreemdste van alles was dat dit iemand was wat voltyds in diens van ’n plaaslike kerk gestaan het. Nou ja, ons elkeen het ons af-tye, maar dit is iets anders wanneer ons voel dat ons ’n af lewe leef waar nie eens die evangelie van Christus ons meer opgewonde maak nie.
Stephan Joubert
Feb 6


Pieng-verslaafde generasie?
So tydens die afgelope feesseisoen word ek deur my milleniërkinders ingelig dat die boomers foon- en sosiale media verslaafdes is. Natuurlik onthuts het ek die verskoning dat ekself sensitief daarvoor is om nie sommer my foon in geselskap te gebruik nie en ook nie my hele lewe op sosiale media met die wye wêreld deel nie. MAAR hoeveel gesinne van elke generasie, wat ‘n selfoon het, sit rondom ‘n restauranttafel, elk op sy / haar eie foon. Elk besig op verskillende sosiale med
Alet Gardner
Feb 4


Hoe ryk is jy?
Die haelstorms in Gauteng en die res van die land, wat in November plaasgevind het, het my diep getref. Ons het die oggend vroeg opgestaan en die verwoesting in die tuin gadegeslaan. My trane het vlak gelê! Ek was ontsteld oor die rafels, wat oorgebly het van die krismisrose, gebreekte takke, blare wat soos ‘n mat op die gras lê en en potplante wat ek nie kon herken nie. Met swaar harte het ons swart sakke gaan haal en begin hark en vee. Ek was sommer swaarmoedig.
Marietjie Joubert
Feb 3


God giet nie alles in die lewe in sement nie
“Kan ek jou teekoppie lees?” vra ‘n tannie my eendag uit die bloute. “Hoe bedoel Tannie?” wou ek dadelik weet. “Die teeblare onder in die koppie vertel jou toekoms,” sê sy. Toe sluk ek my hele toekoms net daar in van pure skrik. Miskien is dit hoekom ek steeds nie tee se vernaamste bewonderaar is nie. Ek wil darem nie elke slag met sulke “feite” op die bodem van elke liewe teekoppie gekonfronteer word nie.
Stephan Joubert
Feb 2


Gerieflik afgestomp, of dalk nie!
“Comfortably numb.” Ek onthou hierdie titel van een van Pink Floyd se liedjies, maar veral daardie woorde: “The child is grown. The dream is gone. I have become comfortably numb.” Dit gebeur met baie van ons. Ons raak gerieflik afgestomp. Ons raak gewoond aan alles - misdaad, geweld, vermaak, sport, mekaar, kerk, godsdiens … Niks hou ons aandag meer vir lank nie. Ons raak verveeld. Ons benodig gedurig nuwe stimulasie. Ons raak boonop ’n bietjie meer sinies en ’n tikkie meer o
Stephan Joubert
Jan 30


Wysheid vra soms vir onsekerheid
In CS Lewis se nadenke oor sy eie bekering, The Pilgrim’s Regress, beskryf hy ‘n baie relevante eienskap van redelikheid. Vir Lewis is redelikheid baie belangrik aangesien sy ganse lewe en reis na geloof uiters baie van rede en logika gebruik gemaak het. Hierdie nadenke van hom het hy in die vorm van ‘n allegoriese fantasie neergepen, waar al die strome van denke wat hy teëgekom het voordat hy tot geloof gekom het, as karakters, plekke en omstandighede, binne-in die verhaal u
Roedolf Botha
Jan 27


Van EK tot ek
As daar een ding is wat sosiale media baie goed reggekry het, dan is dit om “EK” in die sentrum van die aandag te plaas en om “hulle” te meet aan hoe hulle teenoor MY (EK) optree. Gee “hulle” om wanneer EK in ’n krisis is? Bid “hulle” vir MY (EK)? Gee “hulle” om as EK alleen is? Inderdaad het EK die selfaangestelde standaard geword, waaraan ander se liefde en vriendskap gemeet word. Sosiale media en kie maak EK die spilpunt van dit alles. EK, MYSELF en EKKE staan in die sentr
Stephan Joubert
Jan 26


Hier lê iemand wat groot potensiaal gehad het …
“Happiness is about living the story you also want to read about.” Toe ek dit op X (Twitter) kwytraak, wonder ek of ek met myself saamstem! Maar toe dink ek dat ek op so ’n manier probeer leef dat my lewe betekenis het. Niemand van ons wil tog ’n nuttelose lewe leef nie. Ons wil nie hê mense moet na ons dood op ons grafstene iets skryf soos “Hier lê iemand wat lewenslank groot potensiaal gehad het" nie.
Stephan Joubert
Jan 23


Fiksheid met ewigheidswaarde
Deesdae kan ‘n mens skaars straat-af kyk of daar is ‘n hardloper of twee, wat hulle daaglikse oefening inkry. Loer by die gym in en dis stampvol gesondheidsbewustes, van wie die sweet aftap. Hierdie strewe na fisiese fiksheid is natuurlik goed vir liggaam en siel, soos wat die ou Grieke geglo het. Paulus het egter in sy brief aan Timoteus gewaarsku dat ons nie die heel belangrikste oefening moet afskeep nie
Elmarie van der Westhuizen
Jan 21


Kokketiel
Meer as vier dekades gelede was ek in die Kinderkrans. My ma was een van die Kinderkranstannies, so ons was van die eerstes wat op ʼn Maandagmiddag opgedaag het. Ons was ook van die laastes wat huis toe gegaan het, met huiswerk wat nog wag. By die Kinderkrans het ons vele rye stoele gevul en dan het die predikant se vrou met ons geraas, omdat almal hulle bene swaai terwyl sy praat. Daar het die orrelis vir ons nuwe liedere uit die Gesangeboek geleer. Ons het met elke kwartaala
Siegfried Louw
Jan 20


Wees weerstandig. Wees veerkragtig!
Oor die afgelope jare het ’n nuwe term gewild geraak. Ek praat van die Engelse woord “resilience.” In Afrikaans word dit gewoonlik met veerkragtigheid vertaal. Ekself sou dit ook met weerstandigheid wou vertaal. In elk geval, “resilience” dui onder andere op die vermoë van indiwidue om hulleself te midde van veranderinge en chaos te handhaaf. Die bekende skrywer, Nasim Nicholas Taleb, praat egter van ’n ander term. Hy praat van anti-fragile of anti-breekbaarheid. Dit gebeur w
Stephan Joubert
Jan 19


Hier is twee dinge wat God wel vir ewig oor jou onthou
God het ’n langtermyngeheue. Hy onthou alles wat Hy wil onthou vir ewig. In die Bybel leer ek dat daar ten minste twee dinge is wat God tot in ewigheid oor ons as Sy kinders wil onthou. Die eerste ding is dat Hy vir altyd sal onthou om ons as Sy kinders styf in Sy hand vas te hou. Jesus vertel in Johannes 10:28-30 dat niemand ons ooit uit God se hand sal wegruk nie. Hoor weer: God onthou ons nie net vir ewig nie; Hy hou ons ook vir ewig styf vas! Hy sorg dat ons Syne is, vir
Stephan Joubert
Jan 16


Ons is voorprente van wat kom
Ek is ‘n flieksnob, maar nie weens die rede wat julle dalk dink nie. Dis nie omdat ek slegs al die hoogdrawende of somber kunsflieks kyk nie. Ek hou ook van die meeste van die populêre flieks wat op 𝘕𝘦𝘵𝘧𝘭𝘪𝘹 of 𝘗𝘳𝘪𝘮𝘦 𝘝𝘪𝘥𝘦𝘰 vertoon word of in teaters draai. Ek is ‘n flieksnob, nie omdat ek slegs van sekere akteurs of regisseurs hou nie. Ek is ‘n flieksnob omdat ek ‘n groot probleem het met mense wat laat kom. Nou praat ek natuurlik van wanneer ‘n mens na ‘n tea
Roedolf Botha
Jan 13
bottom of page
