top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel
Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor H
Stephan Joubert
Jun 6


Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?
In Markus 10 lees ons hoe Jesus vir die Paasfees op pad na Jerusalem is. Naby Jerigo gaan die skare by ‘n blinde bedelaar, Bartimeus, verby. Toe dié hoor dat Jesus in die skare is, roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, het U nie asseblief ‘n bietjie jammerte vir my oor nie?” (47b DB) Jesus roep hom nader en Bartimeus gooi sy baadjie eenkant toe, spring op en kom na Jesus toe. “Wat wil jy hê moet ek doen?” (51 DB|) is Jesus se vraag. “Ek wil asseblief graag sien, Meneer,” kom d
Elmarie van der Westhuizen
Jun 4


Soms is sang beter as praat
Hoe verduidelik ‘n mens die goedheid van God vir die wêreld? Hoe praat ‘n mens oor God, wat so liefdevol en asemrowend heilig is dat ‘n mens dit byna nie in woorde kan omskryf nie? Baie mense dink dat hulle in debatte moet tree, harder moet praat of nog ‘n keer logies verduidelik. Hoekom dink ons altyd dat nog ‘n verduideliking sal werk, wanneer ons al soveel keer probeer het? Daar is ‘n sterk stuk sosiale kommentaar hierop in die wetenskapsfiksiefliek, Contact. Die storie ha
Roedolf Botha
Jun 3


Weerspreek God Homself?
Kan God iets totaal anders sê as wat Hy in die Bybel sê? Kan Hy Homself weerspreek? Ek vra dit vir myself af as ek sien hoe dikwels Hy buite verband aangehaal word. Sommiges hou daarvan om slegs een frase of een vers in die Bybel uit die oorspronklike konteks te verwyder en dit dan te hergebruik, soos wat dit hulle pas. Dit gebeur gereeld met tekste, soos Jeremia 29:11, Romeine 8:28 en baie ander. Toe ek dit een keer gewaag het om vir iemand te sê hy haal ‘n Bybelvers totaal
Stephan Joubert
Jun 2


Weet hoe om reg naby ander te leef
“Just because I told you my story does not invite you to be a part of it,” sê die karakter van Jack Nicholson in die film The Bucket List. Hierdie woorde het my al baie gehelp in my eie lewe. Dit het my minstens geleer dat ek sensitief moet wees vir ander mense. Ek het geen reg om ongenooid in mense se lewens in te storm en myself op te dring aan hulle nie. Die evangelie kies ’n beter roete. Ek leer naamlik by Jesus dat die regte nabyheid aan ander mense konkrete hulp insluit
Stephan Joubert
May 30


’n Onding genaamd "vryheid van spraak"
Die reg op vryheid van spraak is ’n konstitusionele reg, wat in menige internasionale dokument en instrument vervat is. Ons Grondwet maak ook vir die reg op vryheid van uitdrukking in die Handves van Regte voorsiening. Mense beroep hulle tot vervelens op dié reg. Hulle gebruik dit nie net nie, maar misbruik die vryheid en buit dit uit. Die wêreld, demokrasie en internet het dit moeiteloos gemaak om my opinie te lug en ander aan te vat wat van my mening verskil. Dit is belagli
Liezel Lüneburg
May 27


Dankbaarheid is nie 'n dreigement nie
Die Guinness Book of Records hou boek van wêreldrekords op alle moontlike terreine van die lewe. Een rekord, wat hulle egter nog nie opgeteken het nie, is hoe lank die volgende woorde aangehaal word sonder dat mense dit ooit prakties toepas: “Ons moet meer dankbaar wees vir al ons seëninge.” Sulke woorde word tydig en ontydig kwytgeraak. Dit word ook om elke hoek en draai beaam, maar dit word die heel minste gedoen.
Stephan Joubert
May 26


Wat as jy die dag jou nuttigheidswaarde verloor?
“I’ve outlived my usefulness.” So het Bill Knight sy eie lewe jare gelede opgesom in ’n onderhoud met ’n Amerikaanse TV-stasie. Hy was al baie oud en eensaam. Sy familie het lankal van hom vergeet. Toe besluit hy eendag om Amerikaanse soldate, wat uit Irak teruggekeer het, by ‘n plaaslike lughawe met ‘n handdruk te gaan verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd en syd regdeur die VSA bekend geraak. Baie ander bejaardes het sy voorbeeld begin
Stephan Joubert
May 23


Hemelse lig in my lewe
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Alet Gardner
May 21


Radikale tevredenheid bring vir ons hartsvrede
God is goed en Sy goedheid is oorweldigend. Dis waarom tevredenheid met wat ons het een van die grootste beginsels in Paulus se lewe was (Fil 4:11). Hy moes leer om tevrede te wees. Daarom is tevredenheid ook een van die belangrikste geestelike vermoëns, wat ons elkeen moet aanleer om gelukkig te kan wees. Dit sê ek, terwyl ek terdeë besef dat daar mense is wat werklik uiters min besit en elke dag moet swoeg om bloot te oorleef. Dit is egter vreemd dat dit juis by hierdie men
Roedolf Botha
May 20


Raak die regte geloofbelydenis baas
Iemand vertel onlangs vir my dat sy kind hom gevra het of grootmense se lewe swaar is. “Hoekom?” wou hy weet. “Grootmense sê altyd hulle is moeg,” was die antwoord. Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min kapasiteit hiervoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg en uitgeput ons is?
Stephan Joubert
May 19


Moenie jou asem mors nie
Stan Gerlach moes iewers in Kalifornië ‘n afskeidswoord lewer by ‘n vriend se begrafnis. Aan die einde van sy kort toespraak het hy vir die aanwesiges gesê dat niemand ooit seker is wanneer God jou die dag kom haal nie. Hy het bygevoeg: “At that moment, there’s nothing you can do about it. Are you ready?” Toe gaan sit Stan skielik. Net daar voor al die mense sak hy inmekaar en sterf. Skaars het Stan vir die begrafnisgangers gevra of hulle gereed is om die lewende God te ontmo
Stephan Joubert
May 16


Waak teen ‘n kultuur van vrees
Vrees is ongesond. Vrees is sleg. Dis sleg vir die persoon, wat vrees. Dis sleg vir mense rondom die persoon, wat vrees. Dis sleg vir ‘n gesinskultuur. Dis beslis sleg vir die kultuur van enige besigheid of gemeente.
Roedolf Botha
May 14


Saai vreugde en bemoediging met jou woorde
Benjamin West was die amptelike skilder vir koning George die derde van Engeland. Hy was onder meer bekend vir die historiese tonele, wat hy geskilder het. Toe hy klein was, het hy eendag verf geneem en ‘n prentjie van sy sussie begin verf. Sommer gou was dit ‘n groot gemors. Toe sy ma egter sy “skildery” sien, het sy hom gesoen en geprys. Later in sy lewe het hy gesê dat daardie soen van sy ma van hom ‘n skilder gemaak het. Een kompliment van sy ma het hom laat glo dat hy
Helena Smith
May 13


Eureka, ek is gevind!
Die Griekse werkwoordsvorm “eureka” (ek het gevind), word steeds as ‘n uitroep gebruik. Ons verbind hierdie uitroep veral met die ou Griekse wiskundige, Archimedes (287-212 vC). Blykbaar het hy eendag in sy bad agtergekom dat die volume water, wat hy verplaas het, gelyk is aan sy liggaamsvolume binne-in die bad. So opgewonde was Achimedes hieroor dat hy vergeet het hy hardloop kaal in die straat rond terwyl hy uitroep: “Eureka!”
Stephan Joubert
May 12
bottom of page
