top of page

Jonk of oud, jy doen die regte dinge!

  • Stephan Joubert
  • 1 hour ago
  • 2 min read

Teks: Joël 2:28


Die gemiddelde 25-jarige kan verwag om 'n hele 2,4 jaar langer goeie gesondheid te geniet as sowat 20 jaar gelede. Op hul beurt kan 65 jariges verwag om nog 1,7 gesonde jare te hê - iets wat ook nie 'n paar jaar gelede die geval was nie. So bevind ’n studie aan die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Massachusetts ’n paar jaar gelede. Mense word vandag ouer omdat mediese en sosiale dienste verbeter het. In gewone taal beteken dit dat jy op jou “oudag” dalk nie so oud gaan wees soos wat dit die geval was ‘n paar jaar gelede nie.


Nou ja, of jyself reeds afgetree het en of jy nog jou beroep beoefen, jy is geroep om goed te leef vir die Here te leef. Hy het jou gemaak om voluit te leef totdat die laaste greintjie suurstof eendag uit jou longe is. Gelukkig is die Bybel ook nie onduidelik oor watter keuses die regte keuses is indien jy dit enduit vir die Here wil doen nie. Om elke dag aan God gehoorsaam te wees en om elke dag ander mense te dien - dit is die groot geheim. Gehoorsaamheid en liefde lewer ewige dividende op. O ja, om so te leef, is nie afhanklik van jou ouderdom nie. Dit is die basiese Christelike lewe. Dit geld vir oud en jonk. Om elke dag 'n beker koue water (of koffie!) in Christus se Naam uit te deel, is boonop die regte ding om te doen om die ouderdom lewenslank in trurat te dwing. Dit hou jou altyd jonk in jou hart. 


Gebed: Dankie, Here, dat ouderdom my nie keer om U te eer nie. Ek leef elke dag voluit in U diens. 

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page