top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Weet hoe om reg naby ander te leef
“Just because I told you my story does not invite you to be a part of it,” sê die karakter van Jack Nicholson in die film The Bucket List. Hierdie woorde het my al baie gehelp in my eie lewe. Dit het my minstens geleer dat ek sensitief moet wees vir ander mense. Ek het geen reg om ongenooid in mense se lewens in te storm en myself op te dring aan hulle nie. Die evangelie kies ’n beter roete. Ek leer naamlik by Jesus dat die regte nabyheid aan ander mense konkrete hulp insluit
Stephan Joubert
May 30, 2025


’n Onding genaamd "vryheid van spraak"
Die reg op vryheid van spraak is ’n konstitusionele reg, wat in menige internasionale dokument en instrument vervat is. Ons Grondwet maak ook vir die reg op vryheid van uitdrukking in die Handves van Regte voorsiening. Mense beroep hulle tot vervelens op dié reg. Hulle gebruik dit nie net nie, maar misbruik die vryheid en buit dit uit. Die wêreld, demokrasie en internet het dit moeiteloos gemaak om my opinie te lug en ander aan te vat wat van my mening verskil. Dit is belagli
Liezel Lüneburg
May 27, 2025


Dankbaarheid is nie 'n dreigement nie
Die Guinness Book of Records hou boek van wêreldrekords op alle moontlike terreine van die lewe. Een rekord, wat hulle egter nog nie opgeteken het nie, is hoe lank die volgende woorde aangehaal word sonder dat mense dit ooit prakties toepas: “Ons moet meer dankbaar wees vir al ons seëninge.” Sulke woorde word tydig en ontydig kwytgeraak. Dit word ook om elke hoek en draai beaam, maar dit word die heel minste gedoen.
Stephan Joubert
May 26, 2025


Wat as jy die dag jou nuttigheidswaarde verloor?
“I’ve outlived my usefulness.” So het Bill Knight sy eie lewe jare gelede opgesom in ’n onderhoud met ’n Amerikaanse TV-stasie. Hy was al baie oud en eensaam. Sy familie het lankal van hom vergeet. Toe besluit hy eendag om Amerikaanse soldate, wat uit Irak teruggekeer het, by ‘n plaaslike lughawe met ‘n handdruk te gaan verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd en syd regdeur die VSA bekend geraak. Baie ander bejaardes het sy voorbeeld begin
Stephan Joubert
May 23, 2025


Hemelse lig in my lewe
‘n Paar dekades gelede kon ek, soos menige pasverloofde jong vrou, my verlustig in die talle klein liggies, wat die ring aan my vinger teen die oppervlaktes om my kon sprinkel. Die skoonheid van hierdie weerkaatste sonlig was vir my ‘n bewys van die wonder van sonlig, wat ek so maklik daagliks as vanselfsprekend aanvaar.
Alet Gardner
May 21, 2025


Radikale tevredenheid bring vir ons hartsvrede
God is goed en Sy goedheid is oorweldigend. Dis waarom tevredenheid met wat ons het een van die grootste beginsels in Paulus se lewe was (Fil 4:11). Hy moes leer om tevrede te wees. Daarom is tevredenheid ook een van die belangrikste geestelike vermoëns, wat ons elkeen moet aanleer om gelukkig te kan wees. Dit sê ek, terwyl ek terdeë besef dat daar mense is wat werklik uiters min besit en elke dag moet swoeg om bloot te oorleef. Dit is egter vreemd dat dit juis by hierdie men
Roedolf Botha
May 20, 2025


Raak die regte geloofbelydenis baas
Iemand vertel onlangs vir my dat sy kind hom gevra het of grootmense se lewe swaar is. “Hoekom?” wou hy weet. “Grootmense sê altyd hulle is moeg,” was die antwoord. Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min kapasiteit hiervoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg en uitgeput ons is?
Stephan Joubert
May 19, 2025


Moenie jou asem mors nie
Stan Gerlach moes iewers in Kalifornië ‘n afskeidswoord lewer by ‘n vriend se begrafnis. Aan die einde van sy kort toespraak het hy vir die aanwesiges gesê dat niemand ooit seker is wanneer God jou die dag kom haal nie. Hy het bygevoeg: “At that moment, there’s nothing you can do about it. Are you ready?” Toe gaan sit Stan skielik. Net daar voor al die mense sak hy inmekaar en sterf. Skaars het Stan vir die begrafnisgangers gevra of hulle gereed is om die lewende God te ontmo
Stephan Joubert
May 16, 2025


Waak teen ‘n kultuur van vrees
Vrees is ongesond. Vrees is sleg. Dis sleg vir die persoon, wat vrees. Dis sleg vir mense rondom die persoon, wat vrees. Dis sleg vir ‘n gesinskultuur. Dis beslis sleg vir die kultuur van enige besigheid of gemeente.
Roedolf Botha
May 14, 2025


Saai vreugde en bemoediging met jou woorde
Benjamin West was die amptelike skilder vir koning George die derde van Engeland. Hy was onder meer bekend vir die historiese tonele, wat hy geskilder het. Toe hy klein was, het hy eendag verf geneem en ‘n prentjie van sy sussie begin verf. Sommer gou was dit ‘n groot gemors. Toe sy ma egter sy “skildery” sien, het sy hom gesoen en geprys. Later in sy lewe het hy gesê dat daardie soen van sy ma van hom ‘n skilder gemaak het. Een kompliment van sy ma het hom laat glo dat hy
Helena Smith
May 13, 2025


Eureka, ek is gevind!
Die Griekse werkwoordsvorm “eureka” (ek het gevind), word steeds as ‘n uitroep gebruik. Ons verbind hierdie uitroep veral met die ou Griekse wiskundige, Archimedes (287-212 vC). Blykbaar het hy eendag in sy bad agtergekom dat die volume water, wat hy verplaas het, gelyk is aan sy liggaamsvolume binne-in die bad. So opgewonde was Achimedes hieroor dat hy vergeet het hy hardloop kaal in die straat rond terwyl hy uitroep: “Eureka!”
Stephan Joubert
May 12, 2025


Kom haal vandag se porsie brood vandág
Brood bly nie vir lank vars nie. Dit moet betyds geëet word, anders raak dit oud. Dit raak hard en muwwerig en uiteindelik ook oneetbaar. Dieselfde geld vir God se goeie gawes. Jesus leer ons in die Ons Vader om elke dag te bid vir ons porsie daaglikse brood uit God se hand. Hemelse gawes word dikwels net een dag op ‘n slag afgelewer. Dan is dit “use it or lose it.” Gebruik dit, of verloor dit. Moenie God se gawes vir vandag laat oorstaan tot môre nie. Of tot oormôre nie. Dan
Stephan Joubert
May 9, 2025


Vrygewig met die oorvloed wat ons gekry het
Gletsers is verantwoordelik vir ongeveer 95% van al die vars water, wat op aarde gestoor word. Geen wonder dat die gletsers in Switserland die watersilo’s van Europa genoem word nie. Hulle gaar die wintersneeu op en laat dit stadig gedurende die somer vry - dit voorsien water vir Europa se riviere en gewasse. Soos die oorvloedige sneeu in die somer smelt en dan kanale van lewegewende water word, het die vroeë kerk hierdie beginsel verstaan en dit met vreugde uitgeleef. Hulle
Elmarie van der Westhuizen
May 7, 2025


‘n Goeie standpunt is nie ‘n goeie vervanging vir liefde nie
Ek dink die era het aangebreek vir ‘n behoefte aan stilte. Die lawaai, die hoeveelheid opinies, die hoeveelheid geraas raak net te veel. Dis net my opinie. Ek weet - nóg een! Dié nuwe insig het op my neergedaal, terwyl ek ‘n diep teologiese ervaring gehad het. Ek het ‘n episode van Star Trek gekyk. Die “regte” oorspronklike Star Trek met William Shatner as kaptein Kirk. Die episode was getiteld The Ampath. Die bemanning van die Enterprise het op ‘n vreemde planeet iewers in d
Roedolf Botha
May 6, 2025


Gee jou lewe weg, maar doen dit reg
Karl Schmidt was ‘n bekende Amerikaanse herpetoloog. In 1957 het die Lincoln Park Dieretuin hom gevra om ’n slang uit Afrika te identifiseer. Op 26 September het hierdie einste slang hom gepik. Schmidt het gemeen dit is ’n boomslang, maar om heeltemal seker te maak, het hy alle vorms van mediese hulp geweier. Sy rede volgens The Chicago Daily Tribune was as volg: “That would upset the symptoms.”
Stephan Joubert
May 5, 2025
bottom of page
