top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Skryf in vir ’n taal-kursus … by die Here
Jy raak Spreuke se wysheid-taal baas as jy ophou om soos dwase te praat. Soos wat my oupa sou gesê het: Jy moet sulke taal afleer. Spreuke sê dwase is lief is vir haatpraatjies en skinder (10:18). Dwase verwoes ander mense met hulle venynige woorde (11:9; 12:6). Gedurig het dwase hulle monde vol oor die res van die mensdom (18:2). Hulleself is altyd op die morele hoëgrond. Dit is die res wat verkeerd is. Daarom is dwase se woorde hulle eie ondergang (18:7).
Stephan Joubert
6 days ago


Geloof word nie sommer net so verloor nie
“Ek het my geloof verloor,” vertel iemand half sarkasties in ’n gesprek. “Dit is nog niks nie - ek het twintig rand verloor,” reageer iemand anders droogweg. Terwyl almal verleë lag, wonder ek by myself hoe verloor ‘n mens jou geloof so maklik? Ek meen, hoe gebeur dit presies? Toe dink ek dit kan slegs gebeur as jy aan geloof dink as een of ander item, objek of besitting, waaroor jyself volledige beheer het.
Stephan Joubert
Aug 8


Om reg te rou, en reg te onthou
Die bekende skrywer, Henry James (1843-1916), skryf op ’n roerende wyse in sy dagboek oor die afsterwe van sy ma: “There seems not to be enough tenderness in my being to register the extinction of such a life. But I can reflect, with perfect gladness, that her work was done.” Wie van ons ken nie diep hartseer, wanneer ’n geliefde gesterf het nie.
Stephan Joubert
Jul 14


Wat ‘n vriend het ons in Jesus!
Gedurende die afgelope Paastyd sing ons een oggend die lied Wat ‘n vriend het ons in Jesus. Ek besef op daardie oomblik dat ek die lied al so baie gesing het, maar dat dit in hierdie jaar se Paastyd vir my opnuut betekenis gekry het. Jesus het aan die kruis,‘n vloekhout gehang. Hy het daardie dag aan die kruis soos ‘n sondaar geword deur die hele mensdom se sondes op sy skouers te neem. Hoe totaal Godverlate moes dit nie gevoel het nie! Ek beleef soms so ‘n geweldige diep tel
Marietjie Joubert
Jun 24


Wees vir ’n slag die uitsondering - wees gelukkig!
Geleerdes praat van toksiese positiwiteit, wat nadelig is vir ons geestesgesondheid. Dit gebeur wanneer negatiewe gevoelens ontken of onderdruk word. Enige vorm van kunsmatige positiwiteit is ongesond. Maar dis dalk nie die grootste probleem van ons dag nie. Ons leef in ’n wêreld, wat so oorbewus van indiwidue se “issues” en benadeeldheid geraak het dat dit onnatuurlik is om te sê jy is gelukkig. Of om te sê jy is nie oorwerk, uitgebrand, bekommerd, angstig of gestres nie.
Stephan Joubert
Jun 23


Spasie of tyd? Of dalk beide?
Dit is een ding om tyd te maak vir iemand, maar dis iets totaal anders om spasie vir hom of haar te maak. Om tyd te maak, moet jy eintlik net jou dagboek se aktiwiteite so ’n bietjie rondskuif. Om plek te maak, moet jy egter jou lewe rondskuif. Van tyd gepraat - dit is nie so moeilik om vir God tyd in te ruim nie. Al wat dit van die meeste mense vra, is ‘n uurtydgleuf iewers op ‘n Sondagoggend. Of ‘n 30 sekondegebed voor elke ete. Of vyf minute vir stiltetyd voor slapenstyd.
Stephan Joubert
Jun 20


Laat die regte afdrukke agter
Ons almal laat afdrukke agter. Meestal is dit ons vingerafdrukke. Ons laat egter meer as sulke fisiese afdrukke agter. Ons laat ook herinnerings as afdrukke agter. Soms is sulke afdrukke pynlik. Iewers langs die lewenspad het ons ander mense seergemaak of goor behandel. Soms weet ons dit, maar soms ook nie. Hoe dit ook al sy, sover dit van ons afhang, moet ons dinge weer gaan regmaak. Die Here vra dit van ons. Om afgebrande brûe te herbou, is altyd die regte ding om te doen.
Stephan Joubert
Jun 16


Eureka, ek is gevind!
Die Griekse werkwoordsvorm “eureka” (ek het gevind), word steeds as ‘n uitroep gebruik. Ons verbind hierdie uitroep veral met die ou Griekse wiskundige, Archimedes (287-212 vC). Blykbaar het hy eendag in sy bad agtergekom dat die volume water, wat hy verplaas het, gelyk is aan sy liggaamsvolume binne-in die bad. So opgewonde was Achimedes hieroor dat hy vergeet het hy hardloop kaal in die straat rond terwyl hy uitroep: “Eureka!”
Stephan Joubert
May 12


Dubbele burgerskap
Brink en ek woon en werk reeds 25 jaar in Brittanje en het dan ook Britse burgerskap verkry. Ons was gelukkig in staat om ons Suid-Afrikaans
Alet Gardner
Apr 9


As jy in Rome is … of in Suid-Afrika
“As jy in Rome is, maak soos die Romeine!” Het jy ook al hierdie uitdrukking iewers raaakgeloop? Het jy dalk ook gewonder waar dit vandaan k
Stephan Joubert
Feb 14


Die eenvoud van wysheid
Om die leier van ‘n land te wees, soos ‘n president of ‘n eerste minister, is die blykbaar die mees stresvolle werk om te kan hê. So beweer
Roedolf Botha
Feb 11


Selfs tot in jou slaap!
Die Here sorg vir ál Sy kinders. Hy dra alles, wat ons benodig vir ons aan, selfs tot in ons slaap, soos wat Psalm 127 helder en duidelik
Stephan Joubert
Feb 7


Herwin jou kinderlike opregtheid
Verlies het nie net te make met stukkende verhoudings en dood nie. Dikwels is verlies ook emosioneel of geestelik van aard. Judith Viorst sk
Stephan Joubert
Jun 27, 2024


Wat kan ons sê?
Wat kan ‘n mens nog van God se goedheid sê na alles wat Paulus reeds tot hier toe in Romeine 8:31 beskryf het? Dalk nog dat niks jou ooit va
Stephan Joubert
Jun 14, 2024


Spreek God reg aan
Aanspreekvorms maak saak. Mense wil graag reg aangespreek word. Dit geld ook vir God. Die Israeliete het dit geweet. Hulle het Eksodus 3 goe
Stephan Joubert
May 6, 2024


Ons hoop is op die kleintjies!
Ek kyk nou die dag ‘n fliek waarin ‘n klein, nietige en onbelangrike mensie sê: “I know exactly what to do. I’m just too afraid to do it.”
Roedolf Botha
Apr 23, 2024


Getuie
Saam met die Gees se funksie om hier diep vanuit ons harte na God te roep en om namens ons te bid, is Hy ook die een, wat ons oortuig dat on
Stephan Joubert
Mar 15, 2024


Hanteer die Bybel met respek
Bybelverse, wat uit konteks aangehaal word, kry dikwels ’n lewe van hulle eie. Dit gebeur deesdae met tekste soos Genesis 12:3, waar die Her
Stephan Joubert
Feb 26, 2024


Vader, liefdevolle Vader!
‘n Teks, wat ‘n mens tot stilstand moet ruk, is Romeine 8:15. Hier deel Paulus die jongste aanspreekvorm vir God met ons. Nou is God so naby
Stephan Joubert
Feb 23, 2024


Nie slawe nie
Slawe is lewenslange gevangenes. Hulle leef dag en nag in vrees vir hul eienaars. Daarom sê Paulus ons is nie slawe nie, maar kinders van Go
Stephan Joubert
Feb 16, 2024


God se kinders
God se kinders - dis hoe almal genoem word wat deur die Gees gelei word. Godskinders! Wat ‘n eretitel.
Stephan Joubert
Feb 9, 2024
bottom of page