top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek het dikwels gehoor ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek ‘n myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie veel as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek ‘n tweede myl, maar dit was steeds nie ver genoeg nie.
Stephan Joubert
Sep 1


Wat is die maklikste?
Jeff Bezos, die bekend Amerikaanse biljoenêr, vertel ’n paar jaar gelede by Princeton Universiteit se besigheidskool dat sy oupa hom een keer een van die grootste lesse van sy lewe geleer het. Toe hyself nog ’n kind was, het hy op ’n dag vir sy ouma padlangs die waarheid vertel. Hulle het in die kar gery en sy het gerook. Jeff kon haar kettingrokery nie vir een oomblik langer uitstaan nie. Hy het vir haar vertel dat dit haar lewe met nege jaar verkort. Jeff se ouma was baie o
Stephan Joubert
Aug 29


Geloof sonder risiko is nutteloos
As jy wil hê jou lewe moet ‘n blye, sinvolle avontuur wees, moet jy aan risiko’s gewoond raak. Avontuur en absolute veiligheid loop nie...
Roedolf Botha
Aug 26


Jy is veel meer as miljoene atome wat na-doods hersirkuleer
In een novelle skep die skrywerakademikus, Alan Lightman, ’n godheid genaamd “Mr g”. As hierdie “godheid” ’n vrou sien sterf, weet hy die miljarde atome in haar liggaam gaan nadoods gehersirklueer word. Daardie 21% koolstofdioksied asook daardie 10,1% waterstof in haar liggaam gaan tydens haar verassing met ander gasse in die lug verbind. Ander elemente van haar liggaam gaan later deur plante opgeneem word, sommiges gaan in reënwater beland, en nog ander gaan in suurstof omsk
Stephan Joubert
Aug 25


Nie net praat, praat nie - ook doen, doen
“All we ever do is talk, talk!”- het ’n bekende popgroep ’n paar jaar gelede gesing. Net so! Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos om te sit sonder om te loop. Of soos om rond te staan sonder om ooit iewers heen op pad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there - do something!” Te veel praat lei tot te min doen. In ons as gelowiges se lewe moet woorde gedurig in dade verander, in die régte soort dade. Ons dade en gedrag moet liefde-aang
Stephan Joubert
Aug 22


Ons gee liefde aan ander deur te luister
Luister as ‘n konsep klink so eenvoudig – ons doen dit tog aldag en heeldag en die meeste van ons weet reeds wat goeie luistervaardighede is. Ek weet reeds om goed te kan luister beteken om nie met vrae te onderbreek (“Wat het hulle gesê?”) of advies nie, hulle storie met jou eie verhaal te kaap nie (“O ja! Dieselfde ding het met my gebeur”), misplaaste empatie (“Ek weet presies hoe jy voel”) nie. Of nie alreeds my antwoord te formuleer nie.
Elmarie van der Westhuizen
Aug 20


Die Here lei die regverdiges
Ons hou mense dop, veral dié wat goed doen in die lewe. Die samelewing en media het ‘n manier om bekendes gereeld in die media uit te lig. Ons word daagliks deur sosiale media herinner aan wat hulle doen, waar hulle bly of vakansie hou. Hulle lewenstyl word baie keer gelykgestel aan die hoeveelheid geld wat hulle verdien. As onderwyseres by ‘n plaaslike hoërskool het ek so baie by die leerders gehoor dat hulle baie geld wil verdien en bekendes se lewenstyl wil navolg. Hulle w
Marietjie Joubert
Aug 19


Moenie ’n “aangestotene” wees nie
Almal neem deesdae aanstoot. Verwys jy na ouens, dan is die vrouens ongelukkig. Praat jy van dames en here, dan voel die res benadeeld....
Stephan Joubert
Aug 18


Ons is “per missie”
Toe ek ’n paar jaar gelede na 'n Amerikaanse kerkleier sit en luister, besef ek opnuut hoe ek vir jare verkeerd gedink het. Daar in die harde wêreld van Detroit het hy sy gemeente geleer dat hulle gemeente “per mission” is. Hy het bedoel almal in hulle geloofsgemeenskap is voltyds op ’n sending vir die Here. Hulle is voltyds “per missie”. Die leraar het ook vertel hoe dit een van hulle kernwaardes is dat alle gemeentelede toestemming het om te doen wat die Here op hulle harte
Stephan Joubert
Aug 15


Marcus Aurelius - ‘n Ware verhaal van ‘n magtige, nederige leier
Daar is soms ‘n groot wit olifant in die kamer van leierskap. Dit is die ongemak wat daar bestaan tussen die geweldige absolute mag wat soms aan sekere leiers toevertrou word, en die karakter van nederigheid en diensbaarheid wat so ‘n leier veronderstel is om te hê. Kan ‘n werklik magtige leier werklike nederigheid ook openbaar? Alhoewel die antwoord op die vraag ‘n natuurlike “ja” is (ons het mos al ‘n paar wonderlike voorbeelde hiervan gesien), weet ons dat hierdie kombinas
Roedolf Botha
Aug 13


How to train you dragon en gebroke verhoudings
Die laaste paar maande het daar ‘n reproduksie van die 2010 fliek, How to train your dragon, verskyn Die fliek het my geweldig baie herinner aan die belangrikheid van gesonde verhoudings en hoe fundamenteel belangrik veral ouer-kindverhoudings is in die uitleef van ons geloof.
Roedolf Botha
Aug 12


Skryf in vir ’n taal-kursus … by die Here
Jy raak Spreuke se wysheid-taal baas as jy ophou om soos dwase te praat. Soos wat my oupa sou gesê het: Jy moet sulke taal afleer. Spreuke sê dwase is lief is vir haatpraatjies en skinder (10:18). Dwase verwoes ander mense met hulle venynige woorde (11:9; 12:6). Gedurig het dwase hulle monde vol oor die res van die mensdom (18:2). Hulleself is altyd op die morele hoëgrond. Dit is die res wat verkeerd is. Daarom is dwase se woorde hulle eie ondergang (18:7).
Stephan Joubert
Aug 11


Geloof word nie sommer net so verloor nie
“Ek het my geloof verloor,” vertel iemand half sarkasties in ’n gesprek. “Dit is nog niks nie - ek het twintig rand verloor,” reageer iemand anders droogweg. Terwyl almal verleë lag, wonder ek by myself hoe verloor ‘n mens jou geloof so maklik? Ek meen, hoe gebeur dit presies? Toe dink ek dit kan slegs gebeur as jy aan geloof dink as een of ander item, objek of besitting, waaroor jyself volledige beheer het.
Stephan Joubert
Aug 8


Woorde bou op of vernietig
Terwyl ek luister na die mondelinge verslag van die spraakterapeut, wat my broer moet help om na ‘n beroerte weer sinvol te kan praat, besef ek opnuut hoe kosbaar my brein en die gawe van gedagtes en spraak, van woorde is. En dat dit juis hierdie gawe is wat ek so maklik wanbestuur! In die eerste instansie laat ek toe dat verkeerde en negatiewe gedagtes nes in my brein skrop. Dit is juis hierdie negatiewe gedagtes wat, wanneer dit toegelaat word om te broei en groei, om “klei
Alet Gardner
Aug 6


Genade in 'n geskeurde sak
ʼn Studentevriend vertel my hoe hy onlangs besig was om aanlyn te werk. Dit was een van dáárdie dae: Jy voel so produktief dat jy byna te laat ontdek dat jy honger is. Sy oplossing? Bestel gou kos deur Uber Eats sodat jy gefokus kan voortwerk. Buite het die Kaapse winter vir ongure wind en stortreën gesorg. Dit was dus ʼn verdere bonus om nie die huis te verlaat nie en aan die ontvangkant te wees van ʼn kardoes met warm kos wat vir jou gebring word.
Siegfried Louw
Aug 5
bottom of page
