top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Kaal kruis en ’n leë graf vertel alles oor my geloof
Jesus se kruis is nie so “dierbaar” soos wat ons dink nie. Paulus noem die kruis van Jesus ‘n plek van vervloeking (Galasiërs 3) en ’n plek van swakheid (2 Korintiërs 13). Tog is dit juis daar aan die hout van Golgota dat God se genade die hemelse walle eens en vir altyd oorstroom. In Jesus se lyding word God se redding vir altyd oopgesluit. Verstaan jy nou hoekom die dood Hom nie gevange kon hou nie? Wanneer Jesus se lyf daar aan die kruis stukkend gebreek word en Hy die hek
Stephan Joubert
Dec 5, 2025


Kersfees en Kersgeskenke
Kersfees kom nader en dis tyd vir wenslysies. Die opdrag: “Enigiets van ‘n rubberballetjie tot ‘n Ferrari.” Ons begin dink aan nodige, sinvolle items, of sommer net iets uitspattigs vir die lekkerte. Party se begroting kan ‘n rubberballetjie vir elk haal, ander kan die hand dieper in die sak steek (of die kredietkaart verder laai) en dalk halfpad tot by die Ferrari kom. Ons beplan aan ‘n tradisionele Kersboom, of dalk liewer ‘n meer moderne, minimalistiese draadboom of ‘n dr
Alet Gardner
Dec 3, 2025


Batman: Watter karakter speel jy?
Ek het al heelwat geskryf oor die baie bekende en populêre Dark Knight-fliektrilogie waarvan Christopher Nolan die regisseur is. Hierdie drie flieks openbaar merkwaardige diep menslike en Bybelse insigte vir ‘n superheldprent. Een stukkie wysheid wat egter onlangs op my neergedaal het, kom uit die tweede fliek, The Dark Knight. Hierdie fliek is uiters ryk aan komplekse karakterontwikkeling en simboliek en bring geweldige mensekennis na vore wanneer jy die drie hoofkarakters b
Roedolf Botha
Dec 2, 2025


Moenie dat woede jou skroefdraad beskadig nie
Skroefdraad word beskadig as ’n skroef of ’n bout skeef vasgedraai word. Ons almal het ook sulke skroefdraad rondom ons siel wat partykeer strip, soos wat die Engelse sou sê. Ek praat van al daardie onverwerkte, negatiewe emosies wat binne-in ons weggesteek is. Partykeer kom dit onverwags na die oppervlak as iemand ’n sarkastiese opmerking teenoor ons kwytraak.
Stephan Joubert
Dec 1, 2025


Daar hang ‘n vreemde Held aan daardie houtkruis
Superman dra ‘n groot S-teken op sy bors. Wanneer hy in sy gewone klere as Clark Kent rondbeweeg en daar duik ‘n krisis op, dan ruk Superman net sy gewone klere oop om sy ware superklere en daardie groot S te wys! Hoe anders as hy is die Held van die hemel nie! Jesus het nooit tussen ons rondbeweeg in ‘n bo-aardse uniform nie. Ook was Hy nooit gewapen met spesiale hemelse wapens nie. Jesus se klere was doodgewoon. Nee, wag, dit is nie heeltemal korrek nie. Jesus se klere was
Stephan Joubert
Nov 28, 2025


Vreemde kode
Ek staan by die kennisgewingbord van ʼn plaaslike gesondheidswinkel. Oral is daar woorde oor spesiale aanbiedinge. En daar, tussen al die woorde, pryk die swart-en-wit blokkies van ’n QR-kode lewensgroot. Niemand kyk daarna nie. Dit dra potensieel baie betekenis, maar dit wag vir iemand om net op die regte manier daarna te kyk.
Siegfried Louw
Nov 25, 2025


Ek is nie ’n geestelike dreigement nie
Dreigendes sien altyd net die kerk se doodsheid raak. Oopoë kyk hulle God se groot werke mis. Hulle plaas hulle hoop op môre, wanneer die res blykbaar sal opstaan en iets begin doen vir God. Maar daardie toekoms word net nooit ’n realiteit in hulle nabyheid nie. Of in hulle leeftyd nie. Daarom hang hulle gefrustreerd rond by een of ander rooi geestelike verkeerslig wat net nooit wil groen slaan nie. Tussen sulke lewende dreigemente dink ek altyd aan Creedence Clearwater Reviv
Stephan Joubert
Nov 24, 2025


Staan uit vir Christus; leef vir Christus!
Ek onthou die woorde: “As jy nie staan vir iets nie, dan val jy vir letterlik enigiets.” Ek weet nie meer wie het dit gesê nie, maar dit is die reine waarheid. Ek sou hierdie stelling ook verder wou aanpas: “As jy nie staan vir Iemand nie, dan val jy vir enigiemand se stories.” Hierdie Iemand is die Here. Om in Hom vas te loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos ‘n kop-aan-kopbotsing, ’n noodlottige een. Om in Christus vas te loop, maak d
Stephan Joubert
Nov 21, 2025


In die smeltkroes van swaarkry
Gedurende ‘n tyd van verandering, aanpassing, besigwees en ‘n ou infeksietjie op die koop toe, was Gerard Kelly se gedig “Furnace” vir my persoonlik ‘n tydige herinnering. “In your furnace, my faith is formed.” Wat ’n wonderlike troos is dit nie! Ek het ‘n liefdevolle, alwyse, magtige hemelse Vader, wat ‘n oog oor my hou, terwyl ek in die smeltkroes van ‘n krisistyd is. Hy weet hoeveel ek kan vat, hoeveel “hitte” nodig is om my geloof te suiwer sodat ek sterker en wyser ander
Alet Gardner
Nov 19, 2025


Moenie ʺleegtesʺ maak van mekaar nie
In een van die nuutste superheldflieks, Thunderbolts, wat hierdie jaar begin draai het, word ‘n groepie verworpe losers die superhelde van die wêreld. Hulle kom uit onvolmaakte, gebroke omstandighede, agterlike families en twyfelagtige omgewings. Tog word hulle die goeie mense wat die wêreld uiteindelik van ondergang red. My ervaring van die fliek het my laat dink aan die vroeë kerk.
Roedolf Botha
Nov 18, 2025


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek hoor soms ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek een myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek om ‘n tweede myl in daardie skoene aan te durf. Maar dit was steeds nie ver genoeg of goed genoeg nie.
Stephan Joubert
Nov 17, 2025


Nie gebou-gevangenes nie
“Niks het verander nie. Daar word steeds besigheid gedoen, maar nou kry ‘n mens ten minste iets waarvoor jy betaal het.” So lui een stukkie siniese kommentaar onder ’n foto van ’n kerkgebou in Bloemfontein wat onlangs omskep is in ’n motorhandelaarskap. Hierdie internasionale tendens is nou ook ’n plaaslike realiteit. Een Nederlandse dagblad het juis ’n paar jaar gelede berig dat daar reeds meer agnostici as gelowiges in die land is en dat sowat 100 kerkgeboue per jaar verkoo
Stephan Joubert
Nov 14, 2025


Nou is die tyd vir dapperheid by leiers (Deel 1)
In die September-Oktoberuitgawe van die Harvard Business Review skryf Ranjay Gulati ‘n treffende artikel, getiteld: “Now is the Time for Courage”. Hy wys daarop dat in hierdie onseker tyd van politieke, ekonomiese en tegnologiese onrus, leiers te versigtig is om tot die nodige aksie oor te gaan. Sommiges vries eenvoudig, oorweldig deur omstandighede. Ander hou hulleself in, in die hoop en antisipasie dat die chaos later self verby sal gaan. Ander weer doen afleggings om sodoe
Roedolf Botha
Nov 12, 2025


God se grootse magsvertoon
Die magtige Skepper het miljoene jare gelede die aarde se kragtige fondamente gelê, die ingewikkelde afmetings wiskundig bepaal en die ewenaar oor die breedte gespan. Terwyl die sterre saamsing en die hemelliggame jubel, het God die wêreld, soos ons dit ken, aanmekaargesit en die see opgedam toe die water woedend begin uitborrel het. Hy alleen weet waar die oorsprong van die oseane is en wandel gemaklik in die wonderbaarlike tuine, wat Hyself op die seebodem uitgelê het.
Liezel Lüneburg
Nov 11, 2025


God is nie net ’n hemelse nooddiens nie
Hoekom dink baie mense dit is God se belangrikste werk om hulle deur storms te kry? Hoekom verstaan sommige gelowiges die lewe hoofsaaklik in terme van aanslae en moeilikhede wat God gedurig (of aanhoudend?) vir hulle moet uitsorteer? Sosiale mediaplasings, preke, gesprekke en boeke wemel deesdae van storms wat God namens ons moet aandurf, reuse wat Hy vir ons moet verslaan, en moeilikhede wat Hy van vroeg tot laat moet oplos. Dit voel kompleet asof dit God se enigste werk ge
Stephan Joubert
Nov 10, 2025
bottom of page
