top of page

Hoe om dwaas te leef met jou besittings

  • Stephan Joubert
  • 16 hours ago
  • 2 min read

Teks: Prediker 5:10


Prediker 5 deel ’n aantal beginsels oor hoe om nie deur jou besittings besit te word nie:


VERS 9a: “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie.

Gevolgtrekking 1: Hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê.

VERS 9b: “Die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.”

Gevolgtrekking 2: Hoe meer jy het, hoe minder tevrede is jy.

VERS 10a:As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie.”

Gevolgtrekking 3: Hoe meer jy het, hoe meer wil mense daarin deel.

VERS 10b: “Al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.”

Gevolgtrekking 4: Hoe meer jy het, hoe meer ontdek jy dit help jou nie.

VERS 11: “Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.”

Gevolgtrekking 5: Hoe meer jy het, hoe meer het jy om jou oor te bekommer.

VERS 12: “Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: Dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring.”

Gevolgtrekking 6: Hoe meer jy vasklou aan geld, hoe meer beskadig dit jou menswees.

VERS 13:  “Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die pa van 'n seun geword en dié kry niks nie.”

Gevolgtrekking 7: Hoe meer jy het, hoe meer verloor jy.

VERS l4:Self gaan hy kaal uit die wêreld soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie.”

Gevolgtrekking 8: Jy kan niks saamvat nie.


Gebed: Heer leer my om wys  met my besittings te leef. Keer dat ek ’n slaaf hiervan word.

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page