top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Almal hou van teleurgesteld wees - maar jy is nie almal nie!
Lyk my, sommiges hou daarvan om teleurgesteld te wees. Om elke hoek en draai hoor jy mense is teleurgesteld met hierdie skool, daardie kerk, hierdie fliek, daardie spreker … Dit voel kompleet asof party mense van teleurgesteld wees ’n voltydse beroep gemaak het.
Stephan Joubert
Jul 20


Wees ook lief vir jouself
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. So leer Jesus ons in Matteus 22. Ja, jy moet die Here jou God heel eerste liefhê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. Maar dan voeg Jesus by dat die tweede gebod wat hieraan gelykstaan, is dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Jy kan nie ander mense liefhê as jy nie jouself ook liefhet nie. Jy moet in vrede en harmonie met jouself leef. Jy moet jouself op die regte manie
Stephan Joubert
Jul 17


Dankie en asseblief wen in ons gebede
’n Klein stroompie bekommernis wat vrye toegang tot jou hart het, kerf spoedig ’n diep groef in jou lewe oop. Dan dreineer al jou gedagtes en emosies uiteindelik hierin. Anders gesê: bekommernis is dodelik en gulsig. Dit neem jou ganse lewe stap vir stap oor. Paulus weet dit. Daarom skryf hy in Filippense 4:6 dat ons nie bekommerd moet wees oor enigiets nie. Hy sê: “Bid altyd en oral. Smeek God en dank Hom. Doen dit terwyl julle alles wat julle nodig het, bekendmaak aan Hom.”
Stephan Joubert
Jul 13


My leefprogram vir vandag
Baie mense het aan die begin van die jaar goeie voornemens wat hulle die hele jaar lank moet hou. Gewoonlik hou dit nooit so lank nie. Mense hou nie vol hiermee nie. Die jaar is net te lank en hulle vergeet te gou. Kom ons doen dit dan vandag ’n bietjie anders. Kom ons besluit op ’n paar voornemens net vir vandag.
Stephan Joubert
Jul 10


Ons, die singende gemeenskap
Toe ons gemeente onlangs in Italië was, het ons as groep iets baie simbolies gedoen. Ons was die een dag saam in die katakombes in Rome. Die katakombes was grafkelders waarin die vroeë Christene bymekaargekom het om te aanbid. Ons het ‘n goeie gids gehad, wat self ook gelowig was. Hy het met passie verduidelik en vertel hoe die vroegste gelowiges dapper vir die Here geleef het. In die een donker kelder vra die gids toe vir ons of een van ons wil bid. Iemand in die groep sê to
Roedolf Botha
Jul 7


Nie sieldodend nie, maar lewegewend
Ben Hecht (1894-1964) was op sy dag ‘n bekende skrywer en regisseur in Hollywood-kringe. In sy outobiografie vertel hy dat dit ’n groot ontnugtering vir hom was om te besef baie bekendes hul sukses op die feit skoei dat hulle nooit hulleself was nie. Hulle sukses was geleë in verskillende rolle wat hulle vertolk het. Hulleself was egter brandarm wat hul eie karakter betref. In Hecht se eie woorde: “They had borrowed identity from the world and not out of their own souls.”
Stephan Joubert
Jul 6


God betaal duur om weg te kyk
Jy ken dit ook. Ek praat van daardie kyk! Dit gebeur wanneer iemand jou uitmekaar kyk. Of jou middeldeur kyk. Of jou ’n vuil kyk gee. Of jou aanstaar. Of jou klinies op en af kyk. Die Franse filosoof, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring “a sense of shame” oor jou. Jy weet daardie tipe kyke beoordeel en veroordeel jou. Jy voel dan of jy net die pad wil vat. Daarom is ek my pa, wat my van kleins af geleer het om mense nie uit te kyk nie, steeds dankbaar. Hy het my herin
Stephan Joubert
Jul 3


Wanneer is ’n voorbeeld ’n voorbeeld?
’n Ruk gelede hoor ek op die radio hoe die aanbieders gesels oor iemand wat vir hulle ’n voorbeeld is. Die persoon wat ter sprake was, het haar maandelikse salaris aan haar gemeenskap afgestaan. Toe dink ek dit is nie heeltemal korrek dat sy die omroepers se voorbeeld is nie. Dan sou hulle tog iets soortgelyk as sy gedoen het. Nie een van die aanbieders het egter aangedui hulle enige pogings gaan aanwend om ander mense se nood te verlig nie.
Stephan Joubert
Jun 29


Ek hou aan om reddingstoue uit te gooi
Octavia Butler (1947-2006) skryf iewers: “Drowning people sometimes die fighting their rescuers.” Net so! Party mense wil nooit gehelp word nie. Hulle kies om op hulle eie voort te strompel. Hulle kies om hulle laste alleen te dra. Hulle verseg dat ander mense hulle bystaan. Hulle weier om gered te word. Watter redes hulle ook al aanvoer, jy en ek mag nooit moed opgee met mense wat oop oë aan’t sterf is nie. Nee, ons kan niemand forseer om ons hulp te aanvaar nie, maar ons ka
Stephan Joubert
Jun 26


Nie geestelik afgedreigdes nie
Dis hoog tyd dat die kerk opstaan, hoor ek ‘n prediker oor die radio sê. Toe dink ek by myself dat darem ‘n hardnekkige idee is dat almal in die kerk gedurig moet opstaan. Of moet wakker word. Om een of ander rede glo sommiges almal in die kerk is altyd in ’n winterslaap vasgevang. Geen gelowige is ooit op die regte standaard in sulke dreigendes se nabyheid nie.
Stephan Joubert
Jun 22


Hy is nie maar net “die Man daarbo nie”
“Die man daarbo”, “the man upstairs.” Het jy ook al hierdie uitdrukkings gehoor? In sommige geselskappe word daar graag op sulke maniere na die Here verwys. Elke keer wanneer ek dit hoor, krap dit aan my siel. Nou die dag was die gekrappery een te veel, want toe vra ek summier vir iemand wat dit kwytraak: “On which floor?” Die ou het nie mooi verstaan nie. Toe sê ek vir hom hy het dan gepraat van die man “upstairs” en ek wil net weet op watter vloer bokant hom woon daardie ma
Stephan Joubert
Jun 19


Die onpopulêrste boodskap ooit: Word ‘n voetewasser
Dis ‘n ongelooflike eer as iemand voor my kom kniel om as ‘n teken van respek / waardering my voete te was, maar ook onbeskryflik “humbling”. Om egter die kniel- en waswerk te doen, is nie so eenvoudig nie. Veral nie wanneer die een wie se voete gewas moet word, beslis geen eerbetoon verdien nie. My huweliksmaat, wat my gedurig kritiseer en verkleineer, my tienerkind, wat my sonder respek behandel, my pa / ma wat my nooit gewys het wat liefde is nie, moontlik ‘n vriend of ken
Alet Gardner
Jun 17


Moenie alles aanvaar wat jou aangebied word nie
In Fellowship of the Ring is daar ‘n insiggewende toneel wat aandui hoe paraat ons elkeen moet wees oor ons eie vermoë om die bose te kan hanteer. Frodo, die klein onskuldige hobbit (dwergagtige mensies van Middle Earth) besit die towerring. Dis vir hom gegee juis omdat hy daarmee kan vertrou word. Maar dan kom Frodo agter dat die magtige swart ruiters op pad is om hom te kom vermoor en die ring by hom af te neem. Dan bied hy die ring aan vir Gandalf, sy wyse geestelike mento
Roedolf Botha
Jun 16


Hier is die moeilike antwoord
Swaarkry is aan die orde van die dag in ons land. Dit wemel van armoede. Brandstofpryse het die hoogte ingeskiet. Kospryse raak buitensporig. Dag na dag hoor jy van mense wat hulle werk verloor, en van ander wat nie genoeg geld het om in hulle daaglikse behoeftes te voorsien nie. Hoe gemaak wanneer sulke mense aan jou deur kom klop? Jy kan tog nie almal help nie, maar jy weet ook jy moet sommiges help.
Stephan Joubert
Jun 15


Donker geheime het nie verblyfreg nie
Party mense leef jare lank met donker geheime. So lank as wat hierdie donkertes nie aangespreek word nie, is eindelose negatiewe emosies hulle metgeselle. Skuldgevoelens, woede, twyfel en ’n klompie ander donker emosies word dan daaglikse realiteite. Dit gebeur omdat almal wat geheime “tweede lewens” leef, groot slotte op hulle gewete moet plaas. Hulle moet die Heilige Gees se stem in hulle binneste onderdruk. Dit is hoekom donker emosies hulle metgeselle is, want hulle moet
Stephan Joubert
Jun 12
bottom of page
