top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie ʺleegtesʺ maak van mekaar nie
In een van die nuutste superheldflieks, Thunderbolts, wat hierdie jaar begin draai het, word ‘n groepie verworpe losers die superhelde van die wêreld. Hulle kom uit onvolmaakte, gebroke omstandighede, agterlike families en twyfelagtige omgewings. Tog word hulle die goeie mense wat die wêreld uiteindelik van ondergang red. My ervaring van die fliek het my laat dink aan die vroeë kerk.
Roedolf Botha
Nov 18


Ek loop saam met ander in my eie skoene
Ek hoor soms ek weet nie wat is dit om swaar te kry nie, totdat ek een myl in iemand anders se skoene geloop het. Toe probeer ek dit. Maar toe hoor ek dit help nie as ek na een myl daardie skoene uittrek en weer my eie aantrek nie. Toe probeer ek om ‘n tweede myl in daardie skoene aan te durf. Maar dit was steeds nie ver genoeg of goed genoeg nie.
Stephan Joubert
Nov 17


Nie gebou-gevangenes nie
“Niks het verander nie. Daar word steeds besigheid gedoen, maar nou kry ‘n mens ten minste iets waarvoor jy betaal het.” So lui een stukkie siniese kommentaar onder ’n foto van ’n kerkgebou in Bloemfontein wat onlangs omskep is in ’n motorhandelaarskap. Hierdie internasionale tendens is nou ook ’n plaaslike realiteit. Een Nederlandse dagblad het juis ’n paar jaar gelede berig dat daar reeds meer agnostici as gelowiges in die land is en dat sowat 100 kerkgeboue per jaar verkoo
Stephan Joubert
Nov 14


Nou is die tyd vir dapperheid by leiers (Deel 1)
In die September-Oktoberuitgawe van die Harvard Business Review skryf Ranjay Gulati ‘n treffende artikel, getiteld: “Now is the Time for Courage”. Hy wys daarop dat in hierdie onseker tyd van politieke, ekonomiese en tegnologiese onrus, leiers te versigtig is om tot die nodige aksie oor te gaan. Sommiges vries eenvoudig, oorweldig deur omstandighede. Ander hou hulleself in, in die hoop en antisipasie dat die chaos later self verby sal gaan. Ander weer doen afleggings om sodoe
Roedolf Botha
Nov 12


God se grootse magsvertoon
Die magtige Skepper het miljoene jare gelede die aarde se kragtige fondamente gelê, die ingewikkelde afmetings wiskundig bepaal en die ewenaar oor die breedte gespan. Terwyl die sterre saamsing en die hemelliggame jubel, het God die wêreld, soos ons dit ken, aanmekaargesit en die see opgedam toe die water woedend begin uitborrel het. Hy alleen weet waar die oorsprong van die oseane is en wandel gemaklik in die wonderbaarlike tuine, wat Hyself op die seebodem uitgelê het.
Liezel Lüneburg
Nov 11


God is nie net ’n hemelse nooddiens nie
Hoekom dink baie mense dit is God se belangrikste werk om hulle deur storms te kry? Hoekom verstaan sommige gelowiges die lewe hoofsaaklik in terme van aanslae en moeilikhede wat God gedurig (of aanhoudend?) vir hulle moet uitsorteer? Sosiale mediaplasings, preke, gesprekke en boeke wemel deesdae van storms wat God namens ons moet aandurf, reuse wat Hy vir ons moet verslaan, en moeilikhede wat Hy van vroeg tot laat moet oplos. Dit voel kompleet asof dit God se enigste werk ge
Stephan Joubert
Nov 10


Die probleem: Ons word groot
Die probleem met ons almal is dat ons opgroei. Ons word groot. Dan bly ons groot. Dan is ons volwasse. Of soos wat ek aldag sê: vol-wasse! Dan is ons ore behoorlik verstop. Ons as grootmense het die lewe klaar uitgesorteer. Daarom het ons min vrae, maar baie antwoorde. Ons het die meeste van ons geleenthede ingeperk, of ons het hulle almal reeds opgebruik. Kinders daarenteen het baie geleenthede én baie vrae. Kinders is leergierig. Hulle wil alles weet. Die meeste grootmense
Stephan Joubert
Nov 7


Hoogmoed en die effek op verhoudings
Trots en hoogmoed is subtiel. Dit is een van die oudste sondes en glip ongesiens by my gedagtes in, sonder dat ek eers daarvan bewus is: “Ek kan dit sonder hulp doen...”, “Ek weet die beste...”, “Ek verdien meer."
Elmarie van der Westhuizen
Nov 5


Kennis en intelligensie is nie genoeg nie
Moes Robert Oppenheimer ooit die atoombom gebou het, of nie? Dis die vraag. Het die Tweede Wêreldoorlog werklik gevra vir so ‘n drastiese skepping van dood en vernietiging? Dis sekerlik ‘n ope vraag. Dis die vraag waarmee Christopher Nolan se onlangse fliek, Oppenheimer, spook. Die prent handel oor die proses en dinamika agter die bou van die eerste atoombomme, wat op Hirosjima en Nagasaki geval het. Die klem word veral geplaas op die geweldige imposante span van briljante fi
Roedolf Botha
Nov 4


God, ek het ’n guns dringend nodig
In 2023 het die Amerikaanse rapper, Jelly Roll, ’n groot treffer gehad met sy lied “Need a Favor.” Hy sing onder andere: “I only talk to God when I need a favor.” “Toe ek dit die eerste keer gehoor het, het ek by myself gedink dis presies wat baie mense met God doen. Maar toe luister ek verder. Toe hoor ek hoe hy sing dis eintlik arrogant om net met God te praat as jy ’n guns nodig het.
Stephan Joubert
Nov 3


Waar is God?
Waar is God as dinge sleg gaan? Hierdie vraag is so vars soos die nuutste realiteite van Suid Afrika. Baie van ons het lankal reeds ons kwota moeilikheid vir die jaar opgebruik. Ons was reeds blootgestel aan enigiets, vanaf korrupsie tot misdaad. In elk geval, die stereotipe siening is dat dit makliker is om te glo as jy omring is met groen weivelde. Of as jou beker oorloop met seëninge. Maar dit raak blykbaar moeiliker as jy bid en dit voel of die hemele bokant jou toegeslui
Stephan Joubert
Oct 31


Kies eenvoud in ‘n komplekse wêreld
Jy kan kruideniersware aanlyn bestel en blitsvinnig kom lewer ‘n motorfiets dit voor jou voor jou deur af. Wegneemetes kan binne ‘n paar...
Helena Smith
Oct 28


Gebed is om altyd mooi met God oor God te praat
Ons bid nie net omdat dit die regte godsdienstige ding is om te doen nie. Ons bid omdat ons daarna smag om met God te praat. Ons bid om...
Stephan Joubert
Oct 27


Skryf in vir ’n taalkursus by die Here
Dit is moeilik om ’n nuwe taal aan te leer. Dit vra jare se inoefening om dit reg te kry. Wel, ons moet aanhoudend ‘n ou taal afleer en ’n nuwe een aanleer. Ons moet ophou om dwaasheid te praat en wysheid baasraak. Spreuke leer ons dat dwase lief is vir haatpraatjies en vir skinder (10:18). Hulle verwoes ander mense met hulle woorde (11:9). Hulle maak mense seer met hulle venynige woorde (12:6). Van vroeg tot laat het hulle hul monde vol oor ander mense (18:2). Daarom is hull
Stephan Joubert
Oct 24


Diensbaar vir God: hoekom en hoe
Johan W se laaste wens was dat sy getuienis iemand anders sal aanmoedig om Jesus as Verlosser aan te neem. ‘n Predikantvriend van ons het...
Alet Gardner
Oct 22
bottom of page
