top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Kies jou vrae
“Niemand kon tot nou toe my vrae beantwoord nie, maar ek wil hoor wat sê jy.” In sulke tye weet ek ek gaan ook nie die regte antwoorde hê nie. Daarom probeer ek nie eens om op sulke vrae te reageer nie. Ek het geleer nie alle vrae benodig ’n antwoord nie. Vraagstellers se vrae kom soms uit ’n plek van veroordeling, of beterweterigheid. Dan is stilbly by verre die beste antwoord.
Stephan Joubert
Sep 29


Moenie net dankbaar wees nie, wees ook vrygewig
“Gaan kyk ’n slag hoe krap mense in asblikke rond vir kos. Dan sal jy dankbaar wees vir dit wat jy het.” Ken jy sulke opmerkings? Word ander mense se slegte omstandighede gedurig gebruik as motivering hoekom jy jou eie seëninge moet tel? Nou ja, dit is ‘n feit dat baie mense op die planeet swaarder kry as jyself kry, maar die Bybel gebruik nooit ander se omstandighede om jou dankbaarder te maak nie.
Stephan Joubert
Sep 26


Jesus-navolging is ‘n uitruiltransaksie
Wanneer ons onsself aan Jesus vasmaak, maak ons onsself by implikasie los van ander goed. Indien ‘n mens die nuutste F1-fliek van uit...
Roedolf Botha
Sep 23


Die lewe is nie ‘n projek nie
Die lewe is nie ‘n projek nie. Jy beplan projekte en bestuur dit, maar die lewe leef jy. Ja, jy kan beplan vir sekere dinge in die lewe. Jy kan beplan vir beroepskuiwe, vakansies, of vir jou aftrede, maar helaas kan jy nie jou eie lewe, of dié van jou geliefdes, haarfyn op ‘n tekenbord uitwerk en dit dan stelselmatig agterna leef nie.
Stephan Joubert
Sep 22


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19


Mission Impossible: Wat ons van leierskap kan leer
Die flieks kan maklik gekritiseer word met uitsprake oor onrealsitiese aksietonele, ietwat simplistiese komplotte, asook die oordrewe rol van Ethan as die reddende held. Dit gee aan die reeks ‘n bietjie van ‘n idealistiese smaak. Dalk is dit egter die punt, naamlik om hoog te mik in terme van menslike effektiwiteit, morele standaarde en persoonlike selfopoffering. Die Bybel self leef in hierdie spanning, ‘n spanning tussen realisme oor die mens se inwonende sonde aan die een
Roedolf Botha
Sep 17


Die beste ding wat ooit met my gebeur het, is ook die moeilikste
Elkeen op aarde het 'n "die beste ding wat ooit met my gebeur het".
Op my troudag het ek gedink dat my huwelik met 'n fantastiese man die beste ding is wat ooit met my gebeur het. Met my eerste kind se geboorte het ek gedink dat dit een van die twee beste dinge is wat ooit met my gebeur het. So ook met die tweede en derde kind.
Liezel Lüneburg
Sep 16


Moenie aan “hubris” ly nie
Hubris is ’n bekende woord in die ou Griekse kultuur. In Handelinge 27 en 2 Korintiërs 12 verwys dit na beledigings, skade en slegte behandeling vanaf ander. In die werke van die groot Griekse denker, Aristoteles, verwys hubris na die arrogante ingesteldheid en optrede van indiwidue wat veroorsaak dat hulle dink hulle is beter as ander.
Stephan Joubert
Sep 15


Psalm 119 is ’n lewensredder op baie maniere
Daar is twee Engelse kerkleiers met dieselfde naam, naamlik George Wishart. Hulle het onderskeidelik geleef tussen 1513-1546 en 1599-1671. Beide het in groot moeilikheid beland as gevolg van hul geloof. Die eerste George het die leringe van Calvyn en Luther nagevolg. Hy is in St Andrews, Skotland tereggestel. Die tweede George Wishart het later as biskop van St Andrews gedien. As gevolg van sy militêre betrokkenheid is hy tot die dood veroordeel. In daardie tyd was dit gebrui
Stephan Joubert
Sep 12


Voetewas – ‘n teken van ware liefde
Op ‘n helder sonskyndag in die Bosveld het ‘n egpaar heeltemal onverwags voor my en Brink kom kniel, elk met ‘n skottel water en ‘n handdoek. Hierdie liefdevolle aksie was onbeskryflik “humbling”, veral omdat ek geweet dat sy ‘n baie slegte knie-infeksie gehad het en waarskynlik heelwat pyn moes verduur terwyl sy gekniel het. Hierdie was hulle manier om dankie sê vir hoe die Here ons gebruik het in die herstel van hulle verbrokkelende huwelik. Dit was asof my Here self voor m
Alet Gardner
Sep 10


Sal jy Superman vertrou met al die mag?
Wie sal jý vertrou met al die mag? Die nuutste Superman -fliek het die afgelope paar weke begin vertoon. Die superheldflieks bly maar ‘n...
Roedolf Botha
Sep 9


Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Leef jou lewe op hierdie vyf lewenspaaie
Stephan Joubert
Sep 8


Ek is vreugdevol en heilig
Een van die karakters in E.M. Forster se bekende werk,“A Passage to India” merk by geleentheid op: “I am a holy man without the holiness.” Vir die meeste mense is die woord “heilig” enigiets vanaf ’n spotwoord, tot ’n term om werklikheidsvreemde mense mee te beskryf. In godsdienstige kringe is heiliges diegene wat in afgesonderde plekke leef, soos in kloosters. Of dit verwys na sekere indiwidue wat lankal dood is en tot “saints” verklaar is.
Stephan Joubert
Sep 5


Vooroordeel maak seer
Dit is so maklik om ander onbewustelik te veroordeel - sy het nie haar hare gekam nie, hy het te veel tatoeëermerke, daar is ‘n gat in haar kouse en hy is lui.
Elmarie van der Westhuizen
Sep 3


Soutpilaar of sout vir die aarde?
Verbeel jou jy word deur twee engele besoek! Daardie engele bied vir jou ‘n nuwe lewe aan. Jy moet egter jou bekende omgewing agterlaat...
Helena Smith
Sep 2
bottom of page
