top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek onderhandel nooit met God nie
“As U my help, sal ek dit of dat vir U doen …” Baie van ons het dalk al sulke beloftes aan die Here gemaak. Die feit is, ons hoef nie. God het niks van ons nodig nie. Alles wat Hy vir ons doen, doen Hy verniet en onverdiend. Paulus skryf in Efesiërs 2 God is ryk in jammerhartigheid. Daarom onderstreep elke gebedsverhoring en elke deurbraak in ons lewe Sy goedheid. Hy doen dit vir ons, omdat Hy graag wil en nie maar net omdat ons so opreg gebid het nie. Of omdat ons sulke groo
Stephan Joubert
Oct 10, 2025


Jou lewe maak ‘n verskil
“Terwyl ons nog tyd oor het, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en...
Elmarie van der Westhuizen
Oct 8, 2025


Bly op die Jesus-pad
Volharding is ‘n waarde en strewe wat baie opvallend is in die Nuwe Testament. Die vermoë om uit te hou en aan te hou, om dag in en dag...
Roedolf Botha
Oct 7, 2025


Ons gebede sneuwel nie teen ‘n dooie muur nie
Wanneer die soeklig op ons persoonlike gebedslewe val, is ons gewoonlik in die moeilikheid. Gedurig hoor ons ons moet meer bid. Ons hoor...
Stephan Joubert
Oct 6, 2025


Dit wat jy weggee, maak jou lewe ryk
‘n Vriend deel onlangs ‘n onderhoud wat ‘n radiostasie met ‘n bekende Nigeriese sakeman gevoer het op Facebook. Hy is gevra wat hom die gelukkigste maak. Hy sê toe dat alles in sy jonger lewe oor geld en besittings gegaan het. Later het hy waardevolle dinge begin versamel. Toe het groot internasionale projekte gevolg. Niks van hierdie dinge het egter blywende geluk gebring nie. Maar toe nooi een van sy vriende hom om rolstoele aan verlamde kinders te gaan uitdeel. Hy vertel h
Stephan Joubert
Oct 3, 2025


Warrelwind
ʼn Paar maande gelede het my vriendelike bure in die middel van die nag aan my slaapkamervenster kom klop. Natuurlik het ek nogal geskrik,...
Siegfried Louw
Sep 30, 2025


Kies jou vrae
“Niemand kon tot nou toe my vrae beantwoord nie, maar ek wil hoor wat sê jy.” In sulke tye weet ek ek gaan ook nie die regte antwoorde hê nie. Daarom probeer ek nie eens om op sulke vrae te reageer nie. Ek het geleer nie alle vrae benodig ’n antwoord nie. Vraagstellers se vrae kom soms uit ’n plek van veroordeling, of beterweterigheid. Dan is stilbly by verre die beste antwoord.
Stephan Joubert
Sep 29, 2025


Moenie net dankbaar wees nie, wees ook vrygewig
“Gaan kyk ’n slag hoe krap mense in asblikke rond vir kos. Dan sal jy dankbaar wees vir dit wat jy het.” Ken jy sulke opmerkings? Word ander mense se slegte omstandighede gedurig gebruik as motivering hoekom jy jou eie seëninge moet tel? Nou ja, dit is ‘n feit dat baie mense op die planeet swaarder kry as jyself kry, maar die Bybel gebruik nooit ander se omstandighede om jou dankbaarder te maak nie.
Stephan Joubert
Sep 26, 2025


Jesus-navolging is ‘n uitruiltransaksie
Wanneer ons onsself aan Jesus vasmaak, maak ons onsself by implikasie los van ander goed. Indien ‘n mens die nuutste F1-fliek van uit...
Roedolf Botha
Sep 23, 2025


Die lewe is nie ‘n projek nie
Die lewe is nie ‘n projek nie. Jy beplan projekte en bestuur dit, maar die lewe leef jy. Ja, jy kan beplan vir sekere dinge in die lewe. Jy kan beplan vir beroepskuiwe, vakansies, of vir jou aftrede, maar helaas kan jy nie jou eie lewe, of dié van jou geliefdes, haarfyn op ‘n tekenbord uitwerk en dit dan stelselmatig agterna leef nie.
Stephan Joubert
Sep 22, 2025


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19, 2025


Mission Impossible: Wat ons van leierskap kan leer
Die flieks kan maklik gekritiseer word met uitsprake oor onrealsitiese aksietonele, ietwat simplistiese komplotte, asook die oordrewe rol van Ethan as die reddende held. Dit gee aan die reeks ‘n bietjie van ‘n idealistiese smaak. Dalk is dit egter die punt, naamlik om hoog te mik in terme van menslike effektiwiteit, morele standaarde en persoonlike selfopoffering. Die Bybel self leef in hierdie spanning, ‘n spanning tussen realisme oor die mens se inwonende sonde aan die een
Roedolf Botha
Sep 17, 2025


Die beste ding wat ooit met my gebeur het, is ook die moeilikste
Elkeen op aarde het 'n "die beste ding wat ooit met my gebeur het".
Op my troudag het ek gedink dat my huwelik met 'n fantastiese man die beste ding is wat ooit met my gebeur het. Met my eerste kind se geboorte het ek gedink dat dit een van die twee beste dinge is wat ooit met my gebeur het. So ook met die tweede en derde kind.
Liezel Lüneburg
Sep 16, 2025


Moenie aan “hubris” ly nie
Hubris is ’n bekende woord in die ou Griekse kultuur. In Handelinge 27 en 2 Korintiërs 12 verwys dit na beledigings, skade en slegte behandeling vanaf ander. In die werke van die groot Griekse denker, Aristoteles, verwys hubris na die arrogante ingesteldheid en optrede van indiwidue wat veroorsaak dat hulle dink hulle is beter as ander.
Stephan Joubert
Sep 15, 2025


Psalm 119 is ’n lewensredder op baie maniere
Daar is twee Engelse kerkleiers met dieselfde naam, naamlik George Wishart. Hulle het onderskeidelik geleef tussen 1513-1546 en 1599-1671. Beide het in groot moeilikheid beland as gevolg van hul geloof. Die eerste George het die leringe van Calvyn en Luther nagevolg. Hy is in St Andrews, Skotland tereggestel. Die tweede George Wishart het later as biskop van St Andrews gedien. As gevolg van sy militêre betrokkenheid is hy tot die dood veroordeel. In daardie tyd was dit gebrui
Stephan Joubert
Sep 12, 2025
bottom of page
