top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die kruis of ‘n six-pack?
Ons almal luister na geestelike leiers. Ek ook. Dis deel van die proses van geestelike volwassewording. Ons het almal geestelike mentors nodig. Ook dominees en pastore het geestelike leiding nodig. Ons almal luister na mense. Daarom is dit nogal belangrik om te weet hoe om sulke leiers te beoordeel. Daar is goeie leiers, maar ook so baie ontroue leiers; of geestelike leiers wat nonsens praat, al is dit met goeie bedoelings. Hoe besluit ‘n mens watter leiers is goed om na te v
Roedolf Botha
Jul 1


Wat ‘n vriend het ons in Jesus!
Gedurende die afgelope Paastyd sing ons een oggend die lied Wat ‘n vriend het ons in Jesus. Ek besef op daardie oomblik dat ek die lied al so baie gesing het, maar dat dit in hierdie jaar se Paastyd vir my opnuut betekenis gekry het. Jesus het aan die kruis,‘n vloekhout gehang. Hy het daardie dag aan die kruis soos ‘n sondaar geword deur die hele mensdom se sondes op sy skouers te neem. Hoe totaal Godverlate moes dit nie gevoel het nie! Ek beleef soms so ‘n geweldige diep tel
Marietjie Joubert
Jun 24


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17


Onskuldig! Ja, jy!
Hofsake gaan uiteindelik oor die vraag: Skuldig of onskuldig? Ook in die hemelse regsaal is dit die finale vraag. Ons almal sal hierdie vraag eendag moet aanhoor as ons voor God staan. Wel, hier’s slegte nuus: Niemand, wat hulle eie saak voor God op daardie dag behartig, gaan dit maak nie. Niémand nie! Ons almal is skuldig. “Guilty as charged,"sê Paulus in Romeine 3:1-20. Ons oortredings is hemelhoog opgestapel as getuienis teen ons. Nie een van ons doen genoeg goeie dinge om
Stephan Joubert
Jun 13


Gee jou lewe weg, maar doen dit reg
Karl Schmidt was ‘n bekende Amerikaanse herpetoloog. In 1957 het die Lincoln Park Dieretuin hom gevra om ’n slang uit Afrika te identifiseer. Op 26 September het hierdie einste slang hom gepik. Schmidt het gemeen dit is ’n boomslang, maar om heeltemal seker te maak, het hy alle vorms van mediese hulp geweier. Sy rede volgens The Chicago Daily Tribune was as volg: “That would upset the symptoms.”
Stephan Joubert
May 5


Vanaf God-verlate tot God-gevind
Hierdie woorde uit Psalm 22 weerklink op Jesus se lippe, terwyl Hy aan die kruis hang. Hy is alleen. Hy dra die sondes en oortredings van de
Stephan Joubert
Apr 21


Van Vis tot Kruis
Paasfees is duidelik naby aan ons. Selfs nog voordat ek paaseiers op die winkelrakke te siene gekry het, het ek varsgebakte paasbolletjies g
Siegfried Louw
Apr 15


Genade gebeur!
Genade gebeur! Genade, wat reg gebeur, vertel luidkeels dat die Here my onvoorwaardelik liefhet. Hy het my lief sonder dat ek iets gedoen he
Stephan Joubert
Apr 4


Gekruisig
Wanneer die Heilige Gees ons lewenshuis oorneem, verander Hy ook ons liggaamshouding. Hy herbou ons op só ‘n manier dat ons bereid is om voo
Stephan Joubert
Jan 24


God is die Here van die gewone
Ek is baie lief vir my skeptiese en nie-gelowige vriende, maar sommiges frustreer my eindeloos met die gebrekkige begrip, wat hulle soms...
Roedolf Botha
Nov 5, 2024


Tot aan die kruis toe getrou
Die enigste beperking op die wreedheid van enige kruisiging was afhanklik van die gemoedstoestand van die Romeinse offisier, wat op daardie
Stephan Joubert
Mar 21, 2024


Om Jesus se lydingsverhaal te onthou, is om Sy kruis te dra
“Onthou om te onthou.” So sing Laurika Rauch oor die liefde. Hierdie waarheid geld ook elders. Juis gedurende hierdie lydenstyd kies Chr
Stephan Joubert
Mar 18, 2024


Veroorsaak ’n goeie probleem
“Veroorsaak ’n goeie probleem.” Dit klink vreemd. Tog is dit dikwels daardie mense, wat goeie probleme veroorsaak, wat die wêreld verander.
Stephan Joubert
Dec 11, 2023


Alles het reggekom!
“Glo maar net - alles sal regkom,” sê hulle. Maar soms kom dit nie reg nie, in elk geval nie soos wat jy gedink het dit behoort reg te kom n
Stephan Joubert
Nov 23, 2023


Dra jou kruis
Lees Lukas 14:27 Dit is nie aldag maklik om ’n Christen te wees nie. In die veilige ruimte van die kerk is dit nie veel van ’n probleem...
Stephan Joubert
Oct 27, 2023


Moenie ’n geestelike dreigement wees nie
Jare lank wou ek graag nuwe dinge vir God doen. By elke kerkdiens het ek “alles op die altaar” geplaas. Ek het myself moedeloos op groot deurbrake gewag. Tussendeur het ek my ore uitgeleen aan almal, wat my gedreig het dat een of ander herlewing nog op pad is. Elke keer wanneer ek met al hierdie godsdienstige gewaggery ongeduldig geraak het, is ek daaraan herinner dat deurbrake op pad is. Maar dit was altyd net toekomstaal. Amper nooit het enigiemand in die teenwoordige tyd,
Stephan Joubert
Jul 17, 2023


Kom huis toe - alles is vergewe!
Die bekende skrywer, Ernest Hemingway, vertel in “The Capitol of the World” van ‘n seun, genaamd Paco, wat na ‘n woordewisseling met sy pa pad gee uit sy ouerhuis. Later gaan die bedroefde pa orals in Spanje na sy kind soek, maar sonder enige sukses. Uiteindelik plaas hy ’n advertensie in ‘n dagblad in Madrdid, El Liberal,met die woorde: “Paco, meet me at Hotel Montana. Noon Tuesday. All is forgiven.” Maar die pa was nie voorbereid op die reaksie, wat sy advertensie tot gevol
Stephan Joubert
Jul 3, 2023


Ons kry heel eerste ’n kruis om te dra
In die tyd van die Nuwe Testament het gelowiges geweet dit is nie ’n ligtelike keuse om Jesus te volg nie. Om Hom te dien het hoë risiko’s ingehou. Mense het geweet Jesus bring ’n swaard van skeiding tussen hulle en hul eie familielede, soos wat Hy sê in Matteus 10. Al was dit nogtans ’n lewensgevaarlike keuse om Hom na te volg, het Jesus nooit Sy oproep aangepas of versag volgens mense se persoonlike omstandighede nie. In Lukas 14 volg Jesus ’n ander roete. Hier sê ons moet
Stephan Joubert
Apr 24, 2023


Die kruis is nie ‘n vroom fotosessie nie
Selfies saam met bekendes is gewild. Almal wil graag foto’s saam met hulle helde hê. Nog altyd wil mense in die teenwoordigheid van bekendes gesien word. In die era voor kameras was dit ook die geval. Gaan kyk maar na baie skilderye van Jesus se kruisiging deur die eeue, dan sien jy hoeveel mense het hulleself laat inverf in tonele van Sy kruisiging. Koninklikes en magshebbers het gedurig rondom Hom by Sy kruisiginggestaan. In vandag se taal sou ons sulke skilderye die selfie
Stephan Joubert
Apr 3, 2023


Jesus verloor alles om te wen
Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar
Stephan Joubert
Sep 8, 2022


Staan by Hom
Die gewilde “godsdienstige” waardes in ons dag is skuldgevoelens en relativisme. Skuldgevoelens? Ja, amptelike godsdiens is vandag in die beskuldigdebank oor min of meer alles vanuit die verlede. Noem jy dit, dan moet die kerk ekskuus sê, omdat hy / sy gister en eergister verkeerd daaroor gedink het. En relativisme? Wel, vandag moet daar ruimte wees vir almal om te glo wat hulle wil. Mense, wat nie wil aanvaar dat Jesus fisies uit die dood opgestaan het nie, moet blykbaar ewe
Stephan Joubert
Aug 19, 2022
bottom of page