top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 v.C.), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het wat doen hy, het hy graag geantwoord dat hy op soek is na ’n man. Die mense het afgelei Diogenes bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. In geen stad kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie. Eerlike mense het hom altyd ontwyk.
Stephan Joubert
Jul 18


Spasie of tyd? Of dalk beide?
Dit is een ding om tyd te maak vir iemand, maar dis iets totaal anders om spasie vir hom of haar te maak. Om tyd te maak, moet jy eintlik net jou dagboek se aktiwiteite so ’n bietjie rondskuif. Om plek te maak, moet jy egter jou lewe rondskuif. Van tyd gepraat - dit is nie so moeilik om vir God tyd in te ruim nie. Al wat dit van die meeste mense vra, is ‘n uurtydgleuf iewers op ‘n Sondagoggend. Of ‘n 30 sekondegebed voor elke ete. Of vyf minute vir stiltetyd voor slapenstyd.
Stephan Joubert
Jun 20


‘n Betekenisvolle lewe – bietjie vir bietjie
My lewe is betekenisvol, omdat die Skepper van die heelal my as sy kind aanvaar het. Hy het my kunstig in die moederskoot aanmekaar geweef, ‘n droom gehad vir hoe Hy my lewe wil gebruik om ander na Hom toe te trek.
Alet Gardner
Jun 18


Uitbranding hoef jou nie oor te kom nie
Die woord “uitbranding” word deesdae baie gebruik. Uitbranding gebeur wanneer mense hulle eie fisiese en emosionele kapasiteite opgebruik het. Dit gebeur as hulle niks meer in hulle lewenstenk oorhet om te deel nie. Uitbranding loop hand aan hand met voltydse moegheid, asook met gevoelens van sosiale diskonneksie, lae selfwaarde en min effektiwiteit. Uitbranding is inderdaad soos ’n motor, wat sonder brandstof probeer ry.
Stephan Joubert
Jun 9


Gesonde families is gelyk aan ’n gesonde samelewing
Op ’n dag is die beroemde psigiater, Viktor Frankl (1905-1997), in kennis gestel dat sy visum gereed was om na die VSA toe te emigreer. Dit was gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe hy en sy familie in Wenen gewoon het. Vervolging van Jode was toe daar in Oostenryk aan die orde van die dag. Op pad terug huis toe met sy visum, kom daar toe groot twyfel in sy hart. Wat sal van sy ouers word? Moet hy hulle oorlaat aan hulle eie lot daar in Wenen? Toe hy tuiskom, tref hy sy pa in
Stephan Joubert
Jun 5, 2023


Jou lewe word nie gebou in jou eie fabriek nie
Jy is nie die argitek van jou eie lewe nie. Jy het nie al jou lewensplanne eiehandig ontwerp nie. Jy het ook nie jou lewe in jou eie fabriek aanmekaar gesit nie. Nog minder speel jy gedurig eienaarbouer, wat leef soos wat dit jou pas. Jy is hier op aarde weens God se genade. Jy is hier omdat Hy dit so wil. Daarom vertrou jy jouself gedurig toe aan Sy Gees as bouer en as binnehuise versierder van jou lewe. Jy bou jou lewe dag vir dag op die Here as jou Rots, soos wat Jesus in
Stephan Joubert
Jun 1, 2023


Leef ’n trefferverhaal, die Here S’n
Orals laat ons afdrukke agter van onsself. Ons vingerafdrukke, ons voetspore en ons teenwoordigheid maak tydelike en soms ook blywende afdrukke. Om seker te maak dat dit goeie afdrukke is, moet ons ons lewe gedurig toevertrou aan die hande van die Here. Paulus vertel juis in 2 Korintiërs 3:3 dat ons as gelowiges ’n lewende brief van Christus is. Hierdie brief word nie met gewone ink op gewone papier geskryf nie. Die Gees van die Here is met hierdie skryfwerk op ons harte besi
Stephan Joubert
May 18, 2023


OHIO jou geloof
As ek ’n e-pos oopmaak, beantwoord ek dit daar en dan. As ek beloof het om iets vir iemand te doen, probeer ek dit dadelik doen. Ook probeer ek om enige besluite, wat ek saam met ander mense geneem het, dadelik deur te voer. Anders karring ek maar net weer aan van gesprek tot gesprek, van plek tot plek. Te veel kere in my lewe het ek al kerklike vergaderings, gesprekke en mense, wat die mooiste besluite neem, beleef, maar dan syfer dit leweloos weg in die sand. Almal beplan e
Stephan Joubert
Apr 17, 2023


Vlug reg as jy die slag moet!
“Ek het niks om weg te steek nie,” sê iemand in ’n film. “Jy is gelukkig,” antwoord iemand anders, “want almal steek iewers ’n paar geheime weg.” Dit het my herinner aan ’n verhaal, wat op 16 Junie 1901 in die Washington Post verskyn het. George D. Aldrich het hier ’n storie gedeel wat hy by Arthur Conan Doyle gehoor het. Conan Doyle het een keer vir sy vriende gesê almal het teen ouderdom 40 'n geraamte in die kas. Toe besluit hulle om hierdie stelling te toets. Hulle het 'n
Stephan Joubert
Mar 16, 2023


Op hartverloor se vlakte
Partykeer verloor mense hulle harte, terwyl hulle nog leef. Dan word hulle harteloos hard en wreed. Presies dit het gebeur met die berugte Russiese leier, Josef Stalin (1878-1953). Daar word vertel hoedat hy by sy eerste vrou, Ekaterina, se begrafnis in 1907 gesê het sy was die enigste persoon, wat sy hart sag gemaak het. Met haar dood het sy laaste gevoelens van medelye gesterf. Van toe af het hy verander in ’n hartelose leier wat ook miljoene van sy eie mense doodgemaak het
Stephan Joubert
Mar 6, 2023


Ek vat vyf in 2023
Ek kies die volgende vyf lewensbeginsels in 2023: Wees stil. Ek gaan myself oefen om nog meer te wag op die Here, soos wat daar in Habakuk 2:20 staan. Hy leer my dat die hele aarde voor God in Sy heilige tempel moet stil moet wees. Daarom gaan ek elke dag ’n stilhouplek in my lewe inbou. Wees vrygewig. Ek gaan my gedurig herinner aan Jesus se woorde: “Dit is beter om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35) Ek wil vanjaar geken word aan ‘n oop hart en oop hande, eerder as
Stephan Joubert
Jan 23, 2023


Draai vorentoe - draai na God toe
Jy verloor jou morele kompas, wanneer jy selfgesentreerd leef. Dit is aan die orde van die dag wanneer jy gedurig dink: “What’s in it for me?” Dan verander ander mense rondom jou in pionne, wat jy op jou eie skaakbord rondskuif om jouself te bevoordeel. Dan word God se rol in jou lewe aangepas tot die Een, wat jou eintlik net moet seën en voorspoedig maak. Dan dien jy die Here sodat … sodat Hy dinge vir jou moet doen wat jyself nodig het. Dan dien jy die Here nie ten spyte va
Stephan Joubert
Jan 19, 2023


Ek het in 2022 gehoor… Maar 2023 gaan anders wees
Ek het in 2022 gehoor: “Ons het so groot geword.” Maar toe leer ek in die Bybel ek hoef regtig nie só oud te word nie. Daarom gaan 2023 anders wees.
Stephan Joubert
Jan 2, 2023


Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop o
Stephan Joubert
Nov 3, 2022


Nie behoefte-aangedrewe nie
“You can’t always get what you want.” So sing Mick Jagger en die Rolling Stones. Inderdaad! Ons kan nie altyd kry wat ons wil hê nie. Daarom is baie mense ongelukkig, want hulle is “wants and needs driven”, soos wat die Engelse dit sou sê. Hulle leef behoeftegedrewe. So ’n leefwyse is ’n bodemlose put. Behoeftegedrewe mense het nooit genoeg nie. Daar is altyd nog iets, wat hulle kortkom voordat hulle regtig gelukkig in hulle eie oë kan wees. Hulle glo dat die volgende item op
Stephan Joubert
Oct 24, 2022


Krag vir daardie groot moegheid
Die lewe het nogal ‘n manier om krapmerke op jou liggaam en jou gees agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer terwyl die lewensjare meer word. Jy herstel nie so vinnig soos altyd na ‘n groot siekte nie. Jy beweeg ’n klein bietjie stadiger. Dit voel ook of jou geheue jou te veel kere in die steek laat. Tog gebeur dit nie net met mense wat ouer word nie. Jesaja 40 vertel vir ons dat selfs die jongmanne moeg en afgemat raak. Moe
Stephan Joubert
Aug 1, 2022


Hoe om vir langer as 14 dae gelukkig te wees
Abd al-Rahman III was die leier van Cordoba tussen die jare 912-961. Sy onderdane was baie lief vir hom. Sy vyande het hom gevrees. Hy was skatryk en magtig. Toe hy egter op 70 jarige ouderdom al die dae van sy lewe bymekaar tel wat oorgeloop het van geluk, kon hy slegs veertien sulke dae identifiseer. Wag! Briek net vir ’n oomblik en lees dit weer: Abd al-Rahman III kon net veertien super-gelukkige dae identifiseer in sy lewe, ten spyte van al sy rykdom en mag!
Stephan Joubert
Jul 25, 2022


Raak geduldiger
Geduld gebeur nie spontaan vir die meeste van ons nie. Om geïrriteerd te wees is ’n baie makliker opsie. Geduld is hier in ons dag so skaars as wat kan kom. Ek wens ons almal kon wegkom met die verskoning dat dit ander mense se skuld is dat ons so sukkel met geduld. Die res maak dit regtig vir ons moeilik om geduldig te wees. Maar ons kan nie. Die Here vra geduld van ons elkeen. Daarom moet ons dit gedurig van Hom afbid. Daarna moet ons dit aanhoudend inoefen.
Stephan Joubert
Jul 14, 2022


Eerlikheid is ons normale manier van leef voor God en tussen ander
Daar word vertel dat die Siniese filosoof, Diogenes (412-323 vC), bedags met ’n lamp rondgeloop het. As mense hom gevra het hoekom hy dit doen, het hy geantwoord hy is op soek na ’n man. Diogenes het bedoel hy was op soek na ’n eerlike man. Nêrens kon hy blykbaar so iemand raakloop nie, nie eens in die helder daglig nie.
Stephan Joubert
Jun 30, 2022


Weet waarheen jy op pad is
Ek het iewers op Facebook die verhaal gedeel, wat ek raakgelees het, oor ’n kort toespraak, wat Billy Graham in Charlotte, North Carolina gehou het. Dit was kort voor sy 93ste verjaarsdag. Hy het vir die mense van Albert Einstein vertel, wat eendag op ’n trein nie sy kaartjie kon kry toe die kondukteur by hom aangekom het nie. Die kondukteur het egter geantwoord: “Dr. Einstein, I know who you are. I’m sure you bought a ticket. Don’t worry about it.” Toe het hy aangestap.
Stephan Joubert
Jun 27, 2022


So lyk die lewe van ’n geseënde
Die Here se seën op Sy kinders se lewe bring ook seën vir almal rondom hulle, soos wat Genesis 39:1-5 vertel. Hier hoor ons hoe Potifar, die hoof van die spesiale magte van die Farao, vir Josef as slaaf gekoop het. Omdat die Here by Josef was, het dit baie goed met hom in die huis van sy eienaar gegaan. Potifar het ook opgemerk die Here is by Josef. Toe het hy vir Josef oor sy hele huishouding aangestel. Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Die seën van
Stephan Joubert
May 23, 2022
bottom of page