top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die evangelie vra jou telefoonnommer
'n Onderwyseres vertel my van ’n briefie, wat sy een keer van ‘n skolier gekry het, wat nie sy huiswerk gedoen het nie. Hy het egter ‘n huilende gesiggie bo-aan die briefie geteken en geskryf dat hulle geen kos in die huis oorhet om te eet nie. Sy ma het nie ‘n kar nie en hyself moet elke dag ver stap skool toe. Toe besef die juffrou dat dit niks sal help om iets te sê soos: “Ek dink aan julle” nie. Ook sal dit nie help om te sê: “Ek sal vir julle bid” nie. Sy het geweet sys
Stephan Joubert
Jun 27


Spasie of tyd? Of dalk beide?
Dit is een ding om tyd te maak vir iemand, maar dis iets totaal anders om spasie vir hom of haar te maak. Om tyd te maak, moet jy eintlik net jou dagboek se aktiwiteite so ’n bietjie rondskuif. Om plek te maak, moet jy egter jou lewe rondskuif. Van tyd gepraat - dit is nie so moeilik om vir God tyd in te ruim nie. Al wat dit van die meeste mense vra, is ‘n uurtydgleuf iewers op ‘n Sondagoggend. Of ‘n 30 sekondegebed voor elke ete. Of vyf minute vir stiltetyd voor slapenstyd.
Stephan Joubert
Jun 20


‘n Betekenisvolle lewe – bietjie vir bietjie
My lewe is betekenisvol, omdat die Skepper van die heelal my as sy kind aanvaar het. Hy het my kunstig in die moederskoot aanmekaar geweef, ‘n droom gehad vir hoe Hy my lewe wil gebruik om ander na Hom toe te trek.
Alet Gardner
Jun 18


Probeer is nie genoeg nie, geloof moet geoefen word
God is goed. Dit word helder en duidelik in die lewe dood en opstanding van Jesus gedemonstreer. Daarom wil ons ook goed wees. Goed soos Jesus. Trouens, Paulus stel dit uitdruklik dat ons vir goeie werke geroep is. (Ef 2:8-10). Ons besef dit; daarom probeer ons hard. “Ek probeer ...” is die woorde, wat mense dikwels vir my sê, wanneer hulle van ‘n sondige gewoonte, soos ‘n humeur-probleem, bewus raak, of soos ongeduld of sommer net suiwer selfsug. Maar wat ek ook dikwels sien
Roedolf Botha
Jun 17


Onskuldig! Ja, jy!
Hofsake gaan uiteindelik oor die vraag: Skuldig of onskuldig? Ook in die hemelse regsaal is dit die finale vraag. Ons almal sal hierdie vraag eendag moet aanhoor as ons voor God staan. Wel, hier’s slegte nuus: Niemand, wat hulle eie saak voor God op daardie dag behartig, gaan dit maak nie. Niémand nie! Ons almal is skuldig. “Guilty as charged,"sê Paulus in Romeine 3:1-20. Ons oortredings is hemelhoog opgestapel as getuienis teen ons. Nie een van ons doen genoeg goeie dinge om
Stephan Joubert
Jun 13


Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel
Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor H
Stephan Joubert
Jun 6


Weet hoe om reg naby ander te leef
“Just because I told you my story does not invite you to be a part of it,” sê die karakter van Jack Nicholson in die film The Bucket List. Hierdie woorde het my al baie gehelp in my eie lewe. Dit het my minstens geleer dat ek sensitief moet wees vir ander mense. Ek het geen reg om ongenooid in mense se lewens in te storm en myself op te dring aan hulle nie. Die evangelie kies ’n beter roete. Ek leer naamlik by Jesus dat die regte nabyheid aan ander mense konkrete hulp insluit
Stephan Joubert
May 30


Wat as jy die dag jou nuttigheidswaarde verloor?
“I’ve outlived my usefulness.” So het Bill Knight sy eie lewe jare gelede opgesom in ’n onderhoud met ’n Amerikaanse TV-stasie. Hy was al baie oud en eensaam. Sy familie het lankal van hom vergeet. Toe besluit hy eendag om Amerikaanse soldate, wat uit Irak teruggekeer het, by ‘n plaaslike lughawe met ‘n handdruk te gaan verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd en syd regdeur die VSA bekend geraak. Baie ander bejaardes het sy voorbeeld begin
Stephan Joubert
May 23


Moenie jou asem mors nie
Stan Gerlach moes iewers in Kalifornië ‘n afskeidswoord lewer by ‘n vriend se begrafnis. Aan die einde van sy kort toespraak het hy vir die aanwesiges gesê dat niemand ooit seker is wanneer God jou die dag kom haal nie. Hy het bygevoeg: “At that moment, there’s nothing you can do about it. Are you ready?” Toe gaan sit Stan skielik. Net daar voor al die mense sak hy inmekaar en sterf. Skaars het Stan vir die begrafnisgangers gevra of hulle gereed is om die lewende God te ontmo
Stephan Joubert
May 16


Kom haal vandag se porsie brood vandág
Brood bly nie vir lank vars nie. Dit moet betyds geëet word, anders raak dit oud. Dit raak hard en muwwerig en uiteindelik ook oneetbaar. Dieselfde geld vir God se goeie gawes. Jesus leer ons in die Ons Vader om elke dag te bid vir ons porsie daaglikse brood uit God se hand. Hemelse gawes word dikwels net een dag op ‘n slag afgelewer. Dan is dit “use it or lose it.” Gebruik dit, of verloor dit. Moenie God se gawes vir vandag laat oorstaan tot môre nie. Of tot oormôre nie. Dan
Stephan Joubert
May 9


Raak makliker om mee saam te leef
As godsdiens jou moeiliker maak om mee saam te leef, dan mis jy die punt. As dit jou kwaai en krities maak teenoor mense, wat nie soos jy glo of dink nie, mis jy die punt. As jy boonop dink jou vroomheid gee aan jou ‘n lisensie om ongenooid in ander mense se lewens in te storm en vir hulle te sê net wat jy wil, is jy uit pas met die Woord. Jou godsdienstigheid laat jou nie vrou-alleen en man-alleen en mens-alleen op die morele hoëgrond rondstaan, terwyl jy neerkyk op almal, w
Stephan Joubert
May 2


So meet jy die waarde van alles en almal
Hoe meet jy die waarde van dinge? ‘n Versekeringsmaatskappy kan jou dalk help met die waarde van jou aardse besittings. Maar is die waarde v
Stephan Joubert
Apr 25


Jesus is die brug, al die pad na God toe en terug!
“Hoe kom ek daar aan die oorkant?” roep die ou uit toe hy iemand aan die anderkant van die rivier sien staan. “Moenie bekommer nie; jy’s kla
Stephan Joubert
Apr 18


Die ware skatte van die kerk is …
’n Ou priester is een nag deur twee rowers oorrompel. “Wat wil julle hê?” het hy gevra. “Ons wil jou kerk se skatte hê,” het hulle
Stephan Joubert
Mar 28


Stel hulle vroeg-vroeg teleur
“Disappoint them early.” “Stel hulle vroeg teleur.” Ek het al ’n paar keer in my lewe hierdie woorde van ’n Amerikaanse skrywer vir myself
Stephan Joubert
Mar 21


Jy hoef nie altyd woorde te gebruik nie
Die bekende komponis, Joseph Haydn (1732-1809), se orkes was by geleentheid oorwerk en tot die dood toe moeg. Die hertog, in wie se diens hu
Stephan Joubert
Mar 14


Heiliges - dit is wie ons is!
Ek wil nie 'n heilige wees nie. Laat ek dit reg sê: ek wil minstens ’n heilige wees, soos wat die kerk deur die eeue daaroor gedink en gepra
Stephan Joubert
Mar 7


Bestuur gelowig
Sowat 3 000 mense sterf per dag wêreldwyd in motorongelukke. Nalatigheid, spoed, alkohol en padwoede speel ’n groot rol in die slagtings op
Stephan Joubert
Jan 31


Gekruisig
Wanneer die Heilige Gees ons lewenshuis oorneem, verander Hy ook ons liggaamshouding. Hy herbou ons op só ‘n manier dat ons bereid is om voo
Stephan Joubert
Jan 24


Selfbeheersing
Selfbeheersing is om my eie behoeftes, veiligheid, gerief, planne, beroep en wat nog alles ondergeskik aan God te stel. Dis om teen alles in
Stephan Joubert
Jan 17


Blydskap – elke dag
Ek en Brink was onlangs deur ‘n jonger man opgelaai vir die twee ure rit lughawe toe, totaal onbewus van hierdie man se smeking voor die Her
Alet Gardner
Jan 10
bottom of page
