top of page

Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel

  • Stephan Joubert
  • Jun 6
  • 2 min read

Teks: Psalm 82:1


Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor Hom as die Koning van hemel en aarde te verskyn. Hy het ook al daardie arrogante mense, wat op armes, weeskinders en hulpeloses trap aangekla. Nodeloos om te sê, God het die hele lot van hulle skuldig bevind. Hy het immers al die feite tot Sy beskikking. Vir sulke mense wag daar net donkerte en nood. 


Ons wat Psalm 82 ter hand het is die getuies van hierdie hofgeding tussen God en goddeloses. Onsself moet oppas om nie in dieselfde strik as hulle te trap nie. God kan dit nie kan uitstaan dat mense so vol van hulleself raak dat hulle net mooi niks voel vir swakkes en weerloses nie. Ons as gelowiges word geroep om ’n hart vir mense te hê, wat deur die lewe onderstebo geloop is. En as ek dit nie mis het nie, het die Here vir ons op die regte plek neergesit om dit in Sy Naam te doen. Ons kan en moet en gaan vandag ’n verskil maak. Ons gaan God se aardse noodshulpspan wees. 


Gebed:

Here, saam met U kinders meld ek ook aan vir diens in u aardse noodhulpspan. Gebruik my!

Kommentare


Dieser Beitrag kann nicht mehr kommentiert werden. Bitte den Website-Eigentümer für weitere Infos kontaktieren.
bottom of page