top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Van ver af is enige iemand vlak
Flieks soos Shrek het vir my soveel sosiale kommentaar van hoe vandag se mense stereotipes maak van mense en dinge wat ons nie verstaan nie. Die voor-die-hand-liggende voorbeeld in die fliek is Shrek self. Hy is ‘n ogre, ‘n monster. Almal in die dorpie wil hom net uitwis of doodmaak want monsters is mos almal sleg. Dis wat almal hulle kinders leer van kleins af. ‘n Mens moet immers jou vyande ken. Van ver af lyk die optrede van enige iemand verdag en die persoon word as sleg
Roedolf Botha
Jul 15


Ken Jesus se nuwe wet
“Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.” Dit is groot woorde hierdie. Jesus sê dit in Johannes 8 wanneer ’n klompie Jode ’n vrou met klippe wil doodgooi. Sy het owerspel gepleeg en volgens Levitikus 20:10 en Deuteronomium 22:22-24 was steniging die voorgeskrewe straf. Hulle wou eers weet wat Jesus sou doen. Maar Hy het aanvanklik niks gesê nie en net met Sy vinger in die sand geskryf. Uiteindelik, toe hulle aanhou, het Jesus die sondeloses uitgedaag om die eer
Stephan Joubert
Jul 7


Die kruis of ‘n six-pack?
Ons almal luister na geestelike leiers. Ek ook. Dis deel van die proses van geestelike volwassewording. Ons het almal geestelike mentors nodig. Ook dominees en pastore het geestelike leiding nodig. Ons almal luister na mense. Daarom is dit nogal belangrik om te weet hoe om sulke leiers te beoordeel. Daar is goeie leiers, maar ook so baie ontroue leiers; of geestelike leiers wat nonsens praat, al is dit met goeie bedoelings. Hoe besluit ‘n mens watter leiers is goed om na te v
Roedolf Botha
Jul 1


Onskuldig! Ja, jy!
Hofsake gaan uiteindelik oor die vraag: Skuldig of onskuldig? Ook in die hemelse regsaal is dit die finale vraag. Ons almal sal hierdie vraag eendag moet aanhoor as ons voor God staan. Wel, hier’s slegte nuus: Niemand, wat hulle eie saak voor God op daardie dag behartig, gaan dit maak nie. Niémand nie! Ons almal is skuldig. “Guilty as charged,"sê Paulus in Romeine 3:1-20. Ons oortredings is hemelhoog opgestapel as getuienis teen ons. Nie een van ons doen genoeg goeie dinge om
Stephan Joubert
Jun 13


Toe lewer God ‘n regsuitspraak in die hemel
Toe lewer God Sy uitspraak daar op Sy regterlike troon in die hemel. Boonop het dit ook lank voor die wederkoms gebeur. O ja, Psalm 82 vertel vir ons hiervan. Die Here het naamlik daar tussen die hemelwesens opgestaan om Sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee ook die antwoord. God het aardse leiers en regters, wat onregverdige beslissings fel, na Sy hemelse hof toe gevat. Hy het hulle gedaag om voor H
Stephan Joubert
Jun 6


Ons is nie suurpruime nie
“Tjips, hier kom die predikant.” Hierdie flou opmerking moes ek soms aanhoor toe ek nog ’n gemeenteleraar was. ’n Ma het selfs een keer tyde
Stephan Joubert
Jul 22, 2024


Gee jou lewe lig, Jesus S’n
“Die kamera is altyd op ons,” sê sy. “Hoe bedoel jy?” vra ek. “Ander mense se oog is altyd op ons.” Net so. Ek kon nie anders as om met haar saam te stem nie. Mense kyk mekaar gedurig uit. Of ons nou ry in die verkeerry en of ons iewers in ‘n tou staan - ander sien heeltyd raak wat ons doen. Ons is gedurig in mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself ook nie aan elke liewe kyk te steur nie, anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Jun 15, 2023


Die oordeel is af
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektu
Stephan Joubert
Apr 21, 2023


Stereotipes
Stereotipes is dodelik en omtrent elke keer verkeerd! Tog bepaal daardie einste stereotipes, wat ons in ons koppe oor ander mense ronddra, h
Stephan Joubert
Jan 20, 2023


Wees versigtig wat jy liefhet
“Amor mundi!” “Liefde vir die wêreld!” So het die kerkvader Augustinus gesê. In dieselfde asem het hy ook gesê ons moet versigtig wees wat ons liefhet. Hierdie einste woorde van Augustinus het die denker Hannah Arendt (1906-1975) so besig gehou dat sy uiteindelik ’n boek hieroor geskryf het. Volgens haar kan sulke liefde nooit geskoei wees op selfsug of haat nie. Onder andere omskryf Arendt boosheid as doelbewuste keuses om ander mense as oorbodig of irrelevant te verklaar. I
Stephan Joubert
Dec 12, 2022


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022


Moenie foutvinderig leef nie
In ‘n onlangse omvattende studie in die VSA, waarin daar gevra is na die verskil tussen Christene en nie-Christene se optrede, het die meeste respondente gesê: “Christene is te veroordelend en liefdeloos.” Hoe jammer dat diegene, wat veronderstel is om die wêreld met liefde te verower, soms selfaangestelde regters oor ander mense geword het. Luister maar net na sommige gelowiges se skerp tonge in die kerk, dan besef jy dit opnuut.
Stephan Joubert
Sep 2, 2022


Kies betyds 1 Korintiërs 13 se pad
Daar’s altyd meer vreemdelinge as bekendes rondom jou. Op die pad, in winkelsentrums, by sportgeleenthede, in die kerk … daar is meer onbekendes as bekendes! Hulle ken jou nie. Jy ken hulle ook nie. Julle weet nie wat in mekaar se harte leef nie. Of wat mekaar se motiewe of planne is nie. Daarom is daar nie aldag te veel vertroue in die lug tussen bekendes en onbekendes nie.
Stephan Joubert
Aug 29, 2022


Onbedreigd
Ons leef in ‘n tyd waar verdraagsaamheid die wagwoord is en waar die waarheid altyd ‘n paar ekstra kante het. Nou ja, wanneer die Gees in ons lewens werk, is ons nie bang vir ander opinies nie. Ons word nie uit ons geloof geskud elke keer wanneer iemand die Christendom aanvat, of wanneer ateïste hulle ongeloof in ons omgewing bely nie.
Stephan Joubert
Aug 12, 2022


Wat elke leier nodig het: stilte en afsondering
Die genesing vir ons raserige, besige en deurmekaar wêreld is stilte en afsondering. Ons moet die neiging om altyd haastig te wees, breek. Stilte en afsondering is instrumente, wat God gebruik om ons siele te herstel. Dit sluit in dat ons weg van ander moet wees. Terwyl jy meer volwasse word, kan jy in ‘n skare mense die vernuwende krag van afsondering ondervind. Jy kan ‘n verbintenis met God ervaar selfs in ‘n luidrugtige wêreld.
Coen Slabber
Aug 25, 2021


Ek kort die regte oordeel, God s’n
“Wie is ek om te oordeel?” Dit is ’n gewilde sê-ding op sosiale media en elders. Mense sê dit graag vir mekaar. Beteken hierdie “geen oordeelbeleid” dat jy dus ’n vry hand gee aan almal om te doen wat hulle wil? Geld hierdie “geen oordeelbeleid” byvoorbeeld wanneer ander mense hulle kinders of huwelikmaats verneder en afkraak? Of fisies mishandel? Of as iemand heeltyd vulgêr of rassisties is? Moet jy sulke ding oop-oë miskyk, omdat jy nie wil oordeel nie? Of omdat jyself ook
Stephan Joubert
May 24, 2021


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021


Oordeel van binne- nie buite
Een Sondag-oggend kort na ek klaar gepreek het in een van ons dienste, kom sê die opsigter dat daar buite die kerk ‘n hawelose ou dringend n
Ivor Swartz
Jul 30, 2019


Geestelike Spietkop
Deesdae lyk dit of elke tweede Christen met ‘n Facebook-profiel voel dat hulle ‘n “geestelike spietkop” moet wees vir die Here. Jy weet, daa
Ivor Swartz
May 7, 2019
bottom of page