top of page

Wat is die maklikste?

  • Stephan Joubert
  • Aug 29
  • 2 min read

Teks: 1 Petrus 2:17


Jeff Bezos, die bekend Amerikaanse biljoenêr, vertel ’n paar jaar gelede by Princeton Universiteit se besigheidskool dat sy oupa hom een keer een van die grootste lesse van sy lewe geleer het. Toe hyself nog ’n kind was, het hy op ’n dag vir sy ouma padlangs die waarheid vertel. Hulle het in die kar gery en sy het gerook. Jeff kon haar kettingrokery nie vir een oomblik langer uitstaan nie. Hy het vir haar vertel dat dit haar lewe met nege jaar verkort. Jeff se ouma was baie ontsteld. Toe hou sy oupa ’n rukkie later stil en sê Jeff moet langs die kar kom staan. Na ‘n lang ruk merk hy op: “One day you’ll understand that it’s harder to be kind than clever.” Net dit. Dit het Jeff se lewe verander. 


Toe ek hierdie storie, wat Jeff Bezos vertel het, raakgelees het, het ek gedink aan die woorde van 1 Petrus 2:17, wat sê dat ons as gelowiges alle mense moet respekteer. Ons word opgeroep om eerbied te bewys aan vriend en vyand, oud en jonk, belangrik en onbelangrik. Nee, Petrus sê nie ons moet probeer om almal rondom ons te verander nie; hy sê ons moet alle mense eer. Ons moet mense so mooi behandel in die Heer se Naam dat hulle veilig sal voel in ons nabyheid. Ons kry dit reg as ons leer om op te kyk na ander rondom ons. Dit is die moeiliker roete, maar dit is die regte een. 


Gebed: 

O God, U verwag liefde en barmhartigheid van my. Ek kry dit nie so maklik reg nie. Help my hiermee deur U Gees.

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page