top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


“What is in your well?”
Daar is ‘n gesegde: “What's in the well comes up in the bucket” en dit weerspieël wat in my hart aangaan. My gedagtes en emosies beland in
Elmarie van der Westhuizen
Mar 12


Wees ‘n vreugde-ambassadeur vir die Koninkryk
Jare gelede het die gospelduo, Prophet, ‘n liedjie gesing met die naam Suurtier. Aan die begin van die musiekvideo sien ‘n mens die kerkgang
Helena Smith
Jan 7


Olimpiese Spele
Dit is so lekker om te sien hoe ʼn top-atleet haar beste gee by ʼn geleentheid soos die Olimpiese Spele. Ek en jy het die voorreg om die oombl
Siegfried Louw
Aug 6, 2024


’n Teleurstelling en ’n teleurgestelde … of nie!
’n Wyle gelede vertel iemand my dat aan 'n Bybelstudiegroep by haar werk onttrek het. Alles daar het om die betrokkenes se groot geestelike deurbrake, hulle spesiale gebedsverhorings en die jongste profesieë, wat hulle sou ontvang het, begin draai. Sy het gevoel sy is nie geestelik genoeg nie. Maar haar seepbel het behoorlik gebars, toe hierdie vroom Bybelstudiegroep nie betrokke wou raak by ’n nie-gelowige kollega, wat geldelik en emosioneel swaargekry het nie. Sy was teleur
Stephan Joubert
Jul 6, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


Moet tog nie so gou aanstoot neem nie
“Ek neem aanstoot.” “I’m offended.” Dit is die in-ding om deesdae te sê. Natuurlik is sekere dinge en sekere opmerkings aanstootlik, maar ons moet oppas dat ons darem ook nie te fyngevoelig raak nie. Interessant genoeg is dit juis God se liefde, wat ons hiermee help. Paulus skryf onder andere in 1 Korintiërs 13 dat die liefde veroorsaak dat ons alles verdra wat mense na ons kant toe aangee. Die liefde het tot gevolg dat ons nie gedurig duistere motiewe in alles, wat ander men
Stephan Joubert
May 25, 2023


Om “onderweldig” te wees
“Oorweldig” is ’n mooi Afrikaanse woord. Dit sê jy is só beïndruk met iets of iemand dat jy nie genoeg woorde het om jou goeie emosies te beskryf nie. In Engels sê mense graag hulle is “overwhelmed”, maar partykeer is ons ook “underwhelmed”. Ek dink nie daar is ’n gepaste Afrikaanse woord hiervoor nie - kom ons skep sommer een: “onderweldig!” Mense wat “onderweldig” is, is net mooi glad nie beïndruk met enigiets of enigiemand nie. “Onderweldigheid” tref mense soms ook in die
Stephan Joubert
May 1, 2023


Hoe hoër die goor emosies, hoe laer die IK
Ons dink nie helder en logies as ons baie kwaad is nie. Dan sê ons gewoonlik dinge waaroor ons na die tydspyt is. Ons dink ook nie helder of logies as ons bang is nie. Dan wil ons eintlik net daardie Trippel-V ding doen: vries, veg of vlug. Ons is fisiologies bedraad dat sulke negatiewe veg-, vries- of vlugemosies ons denke afsny. Wyse gedagtes en goor emosies kan nie gelyktydig binne ons gebeur nie. Anders gesê: hoe hoër die negatiewe emosies in onsself, hoe laer die IK. Of
Stephan Joubert
Apr 27, 2023


Die belangrikheid van emosionele veiligheid
Suid-Afrikaanse konsultant, skrywer en life coach – Hermann du Plessis – skryf in sy nuutste boek Lead with Intent, oor die belangrikheid vir ‘n leier om ‘n veilige emosionele omgewing vir werknemers en spanlede te skep. Hy struktureer die gedagte
Roedolf Botha
Sep 7, 2022


Jesus Christus: Vigilante of wetsgehoorsame?
Op ’n keer ry Jesus Christus Jerusalem op ʼn donkie binne. Paasfees is om die draai en Hy is op pad na sy Vader se huis. ’n Onaangename verrassing wag by die tempel: Duisende drom saam. Die lawaai is oorverdowend en die gejil en gekibbel maak aanbidding in die voorhof onmoontlik. Wie gee nou om of die heidene kan aanbid of nie? Woekeraars en verkopers verleen ’n vlooimarkagtige atmosfeer en almal is vrolik, in ’n vakansiebui.
Liezel Lüneburg
Nov 30, 2021


Sing om te onthou
Musiek roer ons diepste emosies. Dis dus geen wonder dat dit so ‘n groot rol in ons verhouding met die Here speel nie. Musiek, wat uit ons harte kom, wys dat ons Geesvervuld is. As Moses byvoorbeeld aan die einde van sy lewe van die Israeliete afskeid neem en God se pad vir oulaas aan hulle voorhou, dan doen hy dit singend. Moses maak God se wil melodieus in Deuteronomium 32 bekend. Hy sing as hy leer. Hy maak musiek as hy God se wil vir die Here se mense oopbreek.
Stephan Joubert
Jun 25, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021


As daardie donkertes opdaag, is God nie weg nie
“Life must be undergone.” So skryf die bekende digter, John Keats (1795–1821), op ’n keer vir ’n goeie vriend van hom. Keats was nie onbekend met depressie of met wisselende emosies nie. Hy het geweet van daardie groot donkertes wat soms op jou lewe toesak. Tog het hy geweet dat hy met sy goeie vriende hieroor kon praat. Van depressie gepraat - ook hier in ons dag kuier sulke ongenooide gevoelens by baie mense. Moenie dit in die geheim ontvang nie. Moenie gratis verblyfreg hi
Stephan Joubert
Apr 8, 2021


Konflik
Almal van ons kom op een of ander stadium konflik teë. Dit is niks nuut nie. Dink maar aan die konflikte in die vroeë kerk en die konflik tussen Jesus en die Joodse wetsgeleerdes. Konflik is ‘n gegewe in die lewe. Konflik op sigself is nie sonde nie, maar sonde mag die oorsaak van die konflik wees. Ons kan ook sondig deur die manier waarop ons op konflik reageer. Wyse leiers weet hoe om konflik te hanteer. In Handelinge 15 word die probleem of nie-Jode eers Jode moet word voo
Coen Slabber
Feb 10, 2021


Vier fees - die Gees is hier
‘n Amerikaanse navorsingspan het bevind dat wanneer ons gevoelens van frustrasie, woede of bitterheid ervaar, dan raak ons hartklop onreëlmatig, maar wanneer ons intense dankbaarheid beleef, dan is ons hartklop rustig. Gevoelens van dankbaarheid oefen ook ‘n kalmerende invloed op ons neurologiese en endokriene sisteme uit. Hoe groter ons gevoelens van vreugde is, hoe meer is ons totale menswees in resonansie. Dit beteken dat ons hartklop, bloeddruk, asemhaling, spysvertering
Stephan Joubert
Jan 22, 2021


Jaloesie is die Gees se vyand
Waar die Gees werk, raak mense magneties. Hulle liefdevolle woorde en Geesgevulde dade gryp ander aan die hart. Hulle nederigheid en opregtheid is magneties. Presies dit het in Jerusalem met die apostels gebeur. Mense van oraloor het begin praat oor die groot dinge, wat hulle in die Here se Naam doen. Ook het hulle gemeente aanhou met groei. Toe gebeur die onvermydelike: jaloesie het sy aaklige kop uitgesteek! Die Joodse Raad het weer kennis geneem van die groot invloed van d
Stephan Joubert
Nov 6, 2020


Kom sit asseblief hier by Jesus se vuur... een wat goeie hitte afgee
Mag ek jou oornooi na ’n ander vuur toe, een wat goeie hitte afgee. By daardie oorkantste vuur brand almal seer. Daar baklei almal. Daar stry almal oor wie is die meeste benadeel en verneder. Vroue, mans, kinders, wit swart, gay, straight, oud, jonk en al die res is daar slagoffers. Daar is soveel oop wonde, soveel rou emosies. Kom sit hier. Hier maak die vuur almal warm. Hier is genesing te vind... asook ‘n bietjie vrede en rus vir elkeen se gemoed. Hierdie is Jesus se goeie
Stephan Joubert
Sep 14, 2020


Mense twyfel aan jou leierskap
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het (Matteus 28: 16 – 17). Daar is verskillende redes waarom mense jou leierskap betwyfel. Hierdie elf mense was drie jaar saam met Jesus. Hulle het gesien hoe Hy duisende mense voed met enkele broodjies en ‘n paar vissies. Hulle was daar toe Hy aan blinde mense hulle sig teruggegee het, toe Hy mense met melaatshei
Coen Slabber
Aug 19, 2020


Wat maak ons met ons gevoelens?
Ons het in ons gemeente ‘n empiriese studie gedoen oor wat die dinge is waarmee ons mense die meeste worstel in hierdie vreemde tyd. Meer as vyf- en tagtig persent het aangedui dat hulle nie aldag weet wat om met hulle gevoelens te maak tydens lockdown nie. Emosies speel sokker met hulle eienaars in so ‘n mate dat sommige van die geliefdes rondom ons slagoffers word van ons innerlike worstelinge. Hierdie aanduiding word relatief sterk bevestig wanneer mens die media en sosial
Roedolf Botha
Jul 7, 2020


Een dag in die poskantoor…
“Die diens is goor,” kla iemand voor my in die ry by die poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ‘n kwaai gesprek van soorte aan die gang oor hoe dinge in die land agteruit gaan. Net toe dit lyk of die beswaarde dame ‘n klein paleisrewolusie op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai en beduie met haar hande. Toe dit my beurt is, sien e
Stephan Joubert
Jun 15, 2020


Maak jou kop weer jou vriend
Jou kop is nie aldag jou beste vriend nie. Jou kop het allerlei onbewuste “padkaarte” wat jou lewe “programmeer.” Jy weet dit nie eens nie, maar baie van jou negatiewe gevoelens en emosies word hierdeur aangevuur. Jy moet ingryp op jou kop.
Stephan Joubert
Jun 11, 2020
bottom of page