top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Van ver af is enige iemand vlak
Flieks soos Shrek het vir my soveel sosiale kommentaar van hoe vandag se mense stereotipes maak van mense en dinge wat ons nie verstaan nie. Die voor-die-hand-liggende voorbeeld in die fliek is Shrek self. Hy is ‘n ogre, ‘n monster. Almal in die dorpie wil hom net uitwis of doodmaak want monsters is mos almal sleg. Dis wat almal hulle kinders leer van kleins af. ‘n Mens moet immers jou vyande ken. Van ver af lyk die optrede van enige iemand verdag en die persoon word as sleg
Roedolf Botha
Jul 15


Drie Honde
By die swart traliehek gewaar ek die hond, wat so wild en wakker vir my blaf. Die Jack Russell staan op sy agterpote en gluur my aan. Sy een
Siegfried Louw
May 2, 2023


Sit dit af, sit dit af!
So het Johannes Kerkorrel op sy dag gesing. Dit geld vandag nog, veral wat sosiale media betref. Selfone het te veel mense se nuwe base geword. Sosiale media het verander in baie mense se voltydse nuwe kuierplekke. “I’d rather text than talk” - dit is deesdae die kodefrase vir miljoene mense op die planeet. Digitale afstand is die nuwe veilige afstand tussen mekaar. Baie mense verkies om eerder per whatsapp met mekaar te gesels, as een tot een. Oog-tot-oogkontak is veels te e
Stephan Joubert
Aug 8, 2022


Moet ’n Christen nuus lees?
Die afgelope ruk hoor ek hoe al meer mense verklaar dat hulle nie meer nuus lees of kyk nie, want dit maak hulle net depressief, moedeloos en angstig. ʼn Predikant het selfs so ʼn ruk gelede gevra of ek hom sal inlig oor aktuele sake waaroor daar gepreek moet word, want hy lees nie meer nuus nie en weet nie mooi wat aangaan nie.
Liezel Lüneburg
Mar 22, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Elkeen, letterlik elkeen, is belangrik
Ons leef in ‘n tyd wat mense geen agting meer vir mekaar het nie, veral nie vir jou teenstaanders of vyande nie. Dis tog jammer, ek het nog altyd gedink dat dit juis een van die aantreklike dinge van die Goeie Nuus van Jesus is: dat mens onder leiding van die Heilige Gees die kapasiteit kan ontwikkel om liefde te openbaar, selfs vir jou vyand. Lyk my egter nie alle Christene voel so nie.
Roedolf Botha
Aug 18, 2020


Soms is daar eenvoudig nie goeie besluite nie
Ek is al so moeg vir almal se opinies, insluitend my eie. Elke dag op sosiale media deel mense hulle wyshede links en regs uit. As daar een ding waaroor ons almal beskik is dit opinies. Hier is daar geen tekort nie. Opinies oor dit en opinies oor dat. Iets het nog skaars gebeur of ons het ‘n opinie daaroor. Omdat wesens met intelligensie dink oor dinge, kritiseer ons ook maklik en aanhoudend. Ons kritiseer veral besluite wat ander mense neem. Ons kritiseer veral vandag die re
Roedolf Botha
Jun 9, 2020


Alleenheid
lleenheid. Loneliness. Dit is een van die oorsake én gevolge van baie van ons uitdagings vandag. Alleenheid maak dat jy besig bly, sodat jy kan ervaar jy het ʼn konneksie met iets of iemand. ʼn Projek of ʼn kliënt, ʼn kuier of die volgende cappuccino. Eensaamheid kan ʼn kernkrag-masjien in jou binneste wees wat sy eie krag opwek. En dan vuur dit jou aan om buitentoe te kyk. Jy soek mense en ervarings op. Jy skep, raak kreatief, soek nog betekenisvolle oomblikke. Die lekkerte van s
Siegfried Louw
Apr 7, 2020
bottom of page