top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek onderhandel nooit met God nie
“As U my help, sal ek dit of dat vir U doen …” Baie van ons het dalk al sulke beloftes aan die Here gemaak. Die feit is, ons hoef nie. God het niks van ons nodig nie. Alles wat Hy vir ons doen, doen Hy verniet en onverdiend. Paulus skryf in Efesiërs 2 God is ryk in jammerhartigheid. Daarom onderstreep elke gebedsverhoring en elke deurbraak in ons lewe Sy goedheid. Hy doen dit vir ons, omdat Hy graag wil en nie maar net omdat ons so opreg gebid het nie. Of omdat ons sulke groo
Stephan Joubert
Oct 10


Wees uitdelers in die Here se Naam, nie vatters nie!
Die Amerikaanse bio-etikus en skrywer, Stephen G. Post, vertel dat wanneer hy as kind verveeld was, het sy ma graag vir hom gesê: “Go do so something good for someone else.” Dan het hy oorgestap na die bure toe en gevra of hy iets vir hulle kan doen. Post sê sulke dade van goeddoen was later so deel van sy lewe dat dit spontaan gebeur het. Hy het geleer om heel eerste te vra wat kan hy doen vir ander mense, voordat hy enigiets van hulle wil hê.
Stephan Joubert
Sep 19


Die Here hou van ons
“Almal bly in huise van glas.” So lui die lirieke van ‘n liedjie, wat jy dalk ken. Dit is die reine waarheid! Nie een van ons leef op die morele hoëgrond nie. Iewers in die lewe druip ons almal ’n toets of twee. Ons integriteit laat ons soms in die steek. Ons struikel oor sondes. Ons maak droog, al wil ons nie. Ons praat oorhaastig in konfliksituasies en raak lelike dinge kwyt teenoor ander mense waaroor ons vir altyd spyt is. Daarom dat God se goedheid en genade my so altyd
Stephan Joubert
Jul 25


Radikale tevredenheid bring vir ons hartsvrede
God is goed en Sy goedheid is oorweldigend. Dis waarom tevredenheid met wat ons het een van die grootste beginsels in Paulus se lewe was (Fil 4:11). Hy moes leer om tevrede te wees. Daarom is tevredenheid ook een van die belangrikste geestelike vermoëns, wat ons elkeen moet aanleer om gelukkig te kan wees. Dit sê ek, terwyl ek terdeë besef dat daar mense is wat werklik uiters min besit en elke dag moet swoeg om bloot te oorleef. Dit is egter vreemd dat dit juis by hierdie men
Roedolf Botha
May 20


Kom haal vandag se porsie brood vandág
Brood bly nie vir lank vars nie. Dit moet betyds geëet word, anders raak dit oud. Dit raak hard en muwwerig en uiteindelik ook oneetbaar. Dieselfde geld vir God se goeie gawes. Jesus leer ons in die Ons Vader om elke dag te bid vir ons porsie daaglikse brood uit God se hand. Hemelse gawes word dikwels net een dag op ‘n slag afgelewer. Dan is dit “use it or lose it.” Gebruik dit, of verloor dit. Moenie God se gawes vir vandag laat oorstaan tot môre nie. Of tot oormôre nie. Dan
Stephan Joubert
May 9


Vrygewig met die oorvloed wat ons gekry het
Gletsers is verantwoordelik vir ongeveer 95% van al die vars water, wat op aarde gestoor word. Geen wonder dat die gletsers in Switserland die watersilo’s van Europa genoem word nie. Hulle gaar die wintersneeu op en laat dit stadig gedurende die somer vry - dit voorsien water vir Europa se riviere en gewasse. Soos die oorvloedige sneeu in die somer smelt en dan kanale van lewegewende water word, het die vroeë kerk hierdie beginsel verstaan en dit met vreugde uitgeleef. Hulle
Elmarie van der Westhuizen
May 7


Daardie “iets beter”, wat God vir jou in gedagte gehad het, is reeds bewaarheid
“Die Here het vir jou iets beter in gedagte.” Mense sê dit graag vir mekaar in krisistye, sonder om mooi te dink wat hulle bedoel. Wel, daar
Stephan Joubert
Feb 24


Kersfees gaan oor meer as “seisoenwense”
Seasons Greetings - hierdie woorde is tans in elke winkel te sien en te hoor. Kerksfeeskaartjies en e-posboodskappe basuin dit ook uit. Kers
Stephan Joubert
Dec 14, 2023


Die liefde
Wanneer ek hierdie gedeelte in die Bybel lees, besef ek net hoe belangrik verhoudings vir ‘n gelowige mens moet wees. As ek na vandag se sam
Marietjie Joubert
Aug 8, 2023


Om “onderweldig” te wees
“Oorweldig” is ’n mooi Afrikaanse woord. Dit sê jy is só beïndruk met iets of iemand dat jy nie genoeg woorde het om jou goeie emosies te beskryf nie. In Engels sê mense graag hulle is “overwhelmed”, maar partykeer is ons ook “underwhelmed”. Ek dink nie daar is ’n gepaste Afrikaanse woord hiervoor nie - kom ons skep sommer een: “onderweldig!” Mense wat “onderweldig” is, is net mooi glad nie beïndruk met enigiets of enigiemand nie. “Onderweldigheid” tref mense soms ook in die
Stephan Joubert
May 1, 2023


Ek gaan nie… ek gaan…
In 2023 gaan ek nie my laat beïnvloed deur verbitterdes en hooploses nie. Hoopvolle mense wat die Here ken en dien, gaan my mentors wees. Ek praat van daardie klein groepie gelowiges wat in die taal van Romeine 5 te midde van hooploosheid glo en vasbyt. Ek gaan by hulle leer om dieselfde te doen.
Stephan Joubert
Jan 5, 2023


Moenie dreig om dankbaar te wees nie. Doen dit net!
Almal praat daaroor as ‘n leraar ophou glo, maar niemand prys die Here, wanneer derduisende leraars aanhou glo nie. Almal praat daaroor wanneer een kerklike skynheilig is, maar niemand is bly dat die meeste gelowiges opreg leef nie. Dit lyk my slegte nuus kry selfs al in die kerk die oorhand oor goeie nuus. Keer asseblief dat so iets met jou gebeur. Hoe?
Stephan Joubert
Nov 21, 2022


Nie deur skuldgevoelens nie, maar deur Christus
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Stephan Joubert
Nov 7, 2022


Ons word dit, wat ons najaag
Hercule Poirot, die bekende speurder in die skryfster, Agatha Christie, se speurverhale, sê op ’n keer vir iemand: “Understand this, I mean to arrive at the truth. The truth is always curious and beautiful to seekers after it.”
Stephan Joubert
Aug 15, 2022


Gerieflik afgestomp, of nie!
“Comfortably numb.” Hierdie titel van een van Pink Floyd se liedere bly my steeds by, veral daardie woorde: “The child is grown. The dream is gone. I have become comfortably numb.” Dit gebeur met baie van ons. Ons raak gerieflik afgestomp. Die realiteite van die lewe slyp ons algaande stomp. Ons raak gewoond aan enigiets en aan alles - misdaad, geweld, vermaak, sport, mekaar, kerk, godsdiens … Jy noem dit en ons ken dit! Niks hou ons aandag meer vir lank nie. Ons raak voltyds
Stephan Joubert
Feb 28, 2022


Liefde juig as ander wen
Party mense is meer kere bly, wanneer slegte mense hulle verdiende loon kry, as wanneer die waarheid wen. Dis ‘n fout, want midde in al die seer van die lewe giet God elke dag ruim porsies goedheid oor Sy wêreld uit. Boonop maak die liefde van die Gees dat ons jubel en bly is, wanneer Sy liefde in en rondom ons wen. Kom ons maak ons oë ‘n slag hiervoor oop. Kom ons word fynkenners van God se oorstromende genade, nie van alles wat rondom ons verkeerd loop nie. Kom ons sien raa
Stephan Joubert
Jan 14, 2022


’n Nuwe vandag is hier
God se nuwe vandag is hier. Dit het aangebreek toe die engel in Lukas 2:11 uitgeroep het dat Jesus vandag vir ons gebore is. Die Verlosser het aangekom. ’n Splinternuwe vandag het op God se kalender verskyn. Die tyd het skielik gedraai. Die ewige nuwe dag van die Here het begin, toe Jesus na ons toe gekom het. Om in Hom te glo, is om te leef binne ‘n nuwe tydsone, Syne! Dit is om deel te wees van God se ewige vandag. Die ou dae van dood en donkerte is oor en verby vir elkeen,
Stephan Joubert
Dec 20, 2021


Om te lewe met die regte gesindheid
Ek is ‘n onderwyseres en daarom is ek mal oor Vrydae. O, om net op ‘n Vrydagmiddag ‘n kuier met ‘n vriendin in te haal! Om op ‘n Vrydagaand net luilekker voor die televisie te ontspan! Verlede Vrydagaand het ek koud gekry, daar was beurtkrag, die positiewe Covid-getalle het gestyg en boonop moes ek baie skoolwerk gedurende die naweek doen. Kort voor lank was ek in ‘n swartgallige bui en het oor alles gekla.
Helena Smith
Jun 29, 2021


Goeie Bedoelings
Ek dink deesdae baie aan my oorlede moeder. Sy was ‘n yster in my lewe. Haar storie en hoe sy ons grootgemaak het, beslaan ‘n groot deel van
Ivor Swartz
Oct 20, 2020
bottom of page
