top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Korter is partykeer beter
Die Franse wiskundige, Blaise Pascal, het in 1657 in een brief opgemerk dat hy nie genoeg tyd gehad het om dit korter te skryf nie. In 1690 maak die filosoof, John Locke, ’n soortgelyke opmerking oor een van sy artikels. Hy het gesê hy was óf te lui óf te besig om dit korter te skryf. Pascal, Locke en ander effektiewe kommunikeerders weet langer is meestal makliker, maar korter is moeiliker. Hulle het ook geweet dat korter dikwels meer impak het.
Stephan Joubert
Jun 30


Raak die regte geloofbelydenis baas
Iemand vertel onlangs vir my dat sy kind hom gevra het of grootmense se lewe swaar is. “Hoekom?” wou hy weet. “Grootmense sê altyd hulle is moeg,” was die antwoord. Is die lewe regtig so swaar dat ons gedurig voel ons het te min kapasiteit hiervoor? En dat ons gedurig moet praat oor hoe moeg en uitgeput ons is?
Stephan Joubert
May 19


Ek het nie ‘n standaardpraatjie oor Jesus vir 2025 nie
Net soos wat ekself nie ‘n spesifieke resep het om oor my vrou of kinders te praat nie, het ek ook nie ‘n standaard praatjie oor Jesus nie.
Stephan Joubert
Feb 3


As ons vir Christus opkom
Dit is nou reeds ʼn paar weke na die polemiek rondom die Olimpiese Spele, die Laaste Avondmaal, Griekse mitologie en die uiteenlopende reaksi
Liezel Lüneburg
Aug 20, 2024


Ons is nie God se advokate nie, maar…
God het nie ’n aardse regspan nie. Hy het nie een van ons ooit gekontrakteer om Hom te verdedig asof Hy iewers in die moeilikheid is nie. Hy
Stephan Joubert
Aug 19, 2024


Niks oor die evangelie is geskryf totdat ek dit nie met my eie lewe geskryf het nie
Die film Lawrence of Arabia vertel die verhaal van die legendariese T. E. Lawrence (1888-1935). Een keer het hy Arabiese soldate deur die Ne
Stephan Joubert
Apr 4, 2024


My “dayjob” is nie my identiteit nie - Jesus is!
Daar bestaan nie iets soos dissipelskap na-ure nie. Of dieetdissipelskap vir liggewig gelowiges nie. In Lukas 17:7-10 leer Jesus dat ons, wat Hom ken as Heer en Verlosser, Sy voltydse knegte en kelners is. Die hemel se servet pas nou oor ons arms as Jesus se kelners en nie meer rondom ons nek nie. Ons voltydse missie is nou om Jesus te volg tussen al Sy gunsteling mense: stukkendes, vergetenes, verlorenes, arrogantes en kie. Ons loop hulle orals raak: in toue by die bank, ron
Stephan Joubert
Jul 24, 2023


Moenie ’n geestelike dreigement wees nie
Jare lank wou ek graag nuwe dinge vir God doen. By elke kerkdiens het ek “alles op die altaar” geplaas. Ek het myself moedeloos op groot deurbrake gewag. Tussendeur het ek my ore uitgeleen aan almal, wat my gedreig het dat een of ander herlewing nog op pad is. Elke keer wanneer ek met al hierdie godsdienstige gewaggery ongeduldig geraak het, is ek daaraan herinner dat deurbrake op pad is. Maar dit was altyd net toekomstaal. Amper nooit het enigiemand in die teenwoordige tyd,
Stephan Joubert
Jul 17, 2023


Vanaf verveeld tot gelowig
Die strokieskat, Garfield, is bekend vir al sy spitsvondighede. In een strokie sê sy eienaar, Jon Arbuckle, hyself is met sy lewe verveeld. Dan dink Garfield hy is ook verveeld met Jon se lewe! Verveeldheid is volop. Amper niemand kan meer vir vyf minute lank net stilsit sonder om hulle selfone te gryp en iets op sosiale media te soek om hulle verveeldheid aan te spreek nie. Verveeldheid tref selfs al vir jong kindertjies, wat gedurig met hul selfone sit en speel aan etenstaf
Stephan Joubert
Mar 27, 2023


Grassny kan ‘n ligskyngebeure word
Een van die belangrikste dinge, wat die Gees in ons doen, is om ons diensbaar te maak. Hy gebruik ons as effektiewe spreekbuise vir Jesus in die klein dingetjies en in die oënskynlike toevallighede van ons daaglikse lewe. Nou die dag vertel iemand dat haar man vanweë werksdruk vir twee weke nie die gras gesny het nie. Toe sy sien iemand sny die nuwe bure se gras, het sy oorgestap en vir die “tuinhulp” gevra of hy ook hulle gras sal kom sny. Hy het ingewillig.
Stephan Joubert
Oct 14, 2022


Nie regrukkers nie maar oorvertellers
“Pa, jy preek my ore pap!” Jare gelede het my jongste een oggend na kerk dit kwytgeraak. Dit was nogal ’n waterskeidingopmerking. Toe ek na die tyd hieroor nadink, het ek besef dat ekself dit my voltydse besigheid gemaak het om ander mense uit te sorteer, reg te ruk, en te “fix.” Ek vermoed baie ander gelowiges doen dit ook. Ons is gedurig besig om vir ander te vertel wat fout in hulle lewe is. Of wat fout met Suid Afrika en met die res van die wêreld is. “Help dit ooit?” he
Stephan Joubert
Oct 10, 2022


Skuldig!
Skuldig! Dis die Gees se aanklag jeens die nie-gelowige wêreld. Elkeen, wat Christus die rug toekeer, word deur Hom skuldig bevind. Dis die Gees se werk om namens die hemel waarheid en leuen te onderskei. Hy ken die verskil tussen navolgers van Christus en diegene, wat Hom verwerp, die beste van almal.
Stephan Joubert
Jul 8, 2022


Vanaf arme Willem tot goeie Gaius
“Arme Willem.” Nee, ek ken nie vir Willem nie, in elk geval nie hierdie Willem wat ons so jammer kry nie. Maar ons het heelwat van hom gehoor, terwyl ons in ‘n tou in ’n openbare plek gestaan het. Iewers agter ons het mense hardop gesels. Hulle het oor Willem gepraat. Dit het geklink asof hy net mooi niks kon reg doen nie. Dis toe dat my vrou saggies opmerk: “Arme Willem!” Dalk het daardie mense nie besef dat almal rondom hulle ook na hulle gesprek moes luister nie. Of dalk h
Stephan Joubert
May 2, 2022


God se Seun mag nooit weer op ‘n uitverkoping wees nie!
Dertig silwer muntstukke! Vir presies dertig silwerstukke is die Seun van God se lewe aan die godsdienstige leiers in Jerusalem opgeveil. Dertig silwer muntstukke is die bedrag, wat hulle aan Judas Iskariot vir sy verraad kort voor Paasfees betaal het (Matteus 26:15). Volgens Eksodus 21:32 was dertig silwer muntstukke (of shekels, soos wat dit genoem is) die waarde van ’n Joodse slaaf. Josef is op sy beurt jare tevore vir 20 silwerstukke aan slawehandelaars deur sy broers ver
Stephan Joubert
Apr 4, 2022


Vanaf voltyds verveeld tot ’n voltydse volger…
Verveeldheid en ’n siniese ingesteldheid tot die lewe is deesdae aan die orde van die dag. Boonop spoel dit oor na die terrein van geloof. Tog is hierdie “verveeldheid” met godsdiens niks nuuts nie. Paulus het reeds in Athene hierin vasgeloop. Wanneer hy in Handelinge 17 daar optree, loop hy sulke verveeldes en onvervuldes. Hoor net hoe stel vers 21 dit: “Die mense van Athene, asook mense wat van ander plekke afkomstig is en wat ook in die stad gebly het, het al hulle tyd deu
Stephan Joubert
Mar 21, 2022


Praat reg namens God
Die reg om namens God te praat, het indiwidue nog altyd deur die geskiedenis op hulle skouers geneem. Profetiese figure, wat alleen teenoor die ganse samelewing staan met ‘n sterk woord van die Here se kant af, is bekend in die Ou Testament. Om God se stem te wees, is egter ‘n moeilike saak. Dit is meestal ‘n tipe “teenoor”- posisie. God en Sy profeet, wat staan teenoor die massa; die hemelse spreekbuis teenoor vals stemme. Maar wie mag namens God Sy saak stel? In die Bybel i
Stephan Joubert
Mar 18, 2022


God onthou regtig nie alles oor jou nie
Wanneer sommige mense te na gekom word, roep hulle graag vir God tot getuie dat Hy die skuldiges hiervoor sal terugkry. Dan hoor jy opmerkings soos: “Die Here slaap nie!” Of: “Die Here onthou.” Daarmee bedoel hulle eintlik dat God ’n langtermyngeheue het vir terugkry. Hy onthou blykbaar sulke dinge teen mense. Wel, die korrekte Bybelse feit is dat God nie altyd so ’n langtermyngeheue het, soos wat party mense dink nie. Dikwels ly Hy aan amnesia.
Stephan Joubert
Feb 7, 2022


Sampioene
Ek is baie lief vir sampioene. Een van die mooiste geluide in die kombuis, is die ptsjhhhhh-geluid wat opgekerfde oestersampioene maak wanneer hulle die warm pan se bodem tref. My liefde vir sampioene het veroorsaak dat ek ʼn spesiale emmertjie aangeskaf het waarin ek kweekmedium, soos strooi, moet sit. Ek moet met groot geduld en afwagting deur ʼn hele proses gaan om uiteindelik die vrug van die organisme te kan geniet: die sampioen self.
Siegfried Louw
Nov 16, 2021


Staan op vir dit waarin jy glo
Marietjie Joubert skryf in haar nuwe My Lewe nuusbrief hoe dit sal lyk as ons opstaan vir ons geloof.
Marietjie Joubert
May 18, 2021


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020
bottom of page