top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek durf 2026 so aan..
Ek het ’n paar jaar gelede vir myself ’n aantal kompaswysers neergepen vir die nuwe jaar wat wag. Ek deel dit met jou hier op die vooraand van 2026:
Stephan Joubert
Dec 29, 2025


Hoogmoed en die effek op verhoudings
Trots en hoogmoed is subtiel. Dit is een van die oudste sondes en glip ongesiens by my gedagtes in, sonder dat ek eers daarvan bewus is: “Ek kan dit sonder hulp doen...”, “Ek weet die beste...”, “Ek verdien meer."
Elmarie van der Westhuizen
Nov 5, 2025


Ek is vreugdevol en heilig
Een van die karakters in E.M. Forster se bekende werk,“A Passage to India” merk by geleentheid op: “I am a holy man without the holiness.” Vir die meeste mense is die woord “heilig” enigiets vanaf ’n spotwoord, tot ’n term om werklikheidsvreemde mense mee te beskryf. In godsdienstige kringe is heiliges diegene wat in afgesonderde plekke leef, soos in kloosters. Of dit verwys na sekere indiwidue wat lankal dood is en tot “saints” verklaar is.
Stephan Joubert
Sep 5, 2025


Vind vreugde in beide kakofonie én harmonie
Een van my gunstelingonderwysers het op 'n dag in 'n dawerende stem gevra: "Wat vir 'n kakofonie gaan hier aan?" Die hele klas het stil geraak en hom oopmond aangegaap. Die betekenis van die term, wat darem baie soos 'n vloekwoord klink, was vir die klomp onkundige sestienjarige tieners heeltemal duister. Hy het gelag en verduidelik dat 'n kakofonie eintlik 'n onwelluidende mengsel van deurmekaar klanke of 'n goot lawaai is.
Liezel Lüneburg
Jul 22, 2025


Saai vreugde en bemoediging met jou woorde
Benjamin West was die amptelike skilder vir koning George die derde van Engeland. Hy was onder meer bekend vir die historiese tonele, wat hy geskilder het. Toe hy klein was, het hy eendag verf geneem en ‘n prentjie van sy sussie begin verf. Sommer gou was dit ‘n groot gemors. Toe sy ma egter sy “skildery” sien, het sy hom gesoen en geprys. Later in sy lewe het hy gesê dat daardie soen van sy ma van hom ‘n skilder gemaak het. Een kompliment van sy ma het hom laat glo dat hy
Helena Smith
May 13, 2025


Eureka, ek is gevind!
Die Griekse werkwoordsvorm “eureka” (ek het gevind), word steeds as ‘n uitroep gebruik. Ons verbind hierdie uitroep veral met die ou Griekse wiskundige, Archimedes (287-212 vC). Blykbaar het hy eendag in sy bad agtergekom dat die volume water, wat hy verplaas het, gelyk is aan sy liggaamsvolume binne-in die bad. So opgewonde was Achimedes hieroor dat hy vergeet het hy hardloop kaal in die straat rond terwyl hy uitroep: “Eureka!”
Stephan Joubert
May 12, 2025


Jy het ‘n skat in jou hand
Ek wens dis Vrydag! Ek is so moeg, ek kan nie wag vir die vakansie nie! Die goeie lewe sal begin, as ek net eers afgetree het! Só wens ons
Helena Smith
Mar 18, 2025


Gee aan ander met Christus-vreugde en dankbaarheid
Elkeen van ons het iets om te gee, of dit nou tyd, talente of geld is. Dit waaroor ek beskik, is ‘n geskenk uit God se hand. “God het aan el
Elmarie van der Westhuizen
Feb 13, 2025


Die blydskap, wat die Here gee, is ons krag
Die woord “vreugde” kom van die Griekse stamwoord “chara” en beteken “om buitengewoon bly te wees”. Dit is die blydskap, wat ons ervaar, wan
Elmarie van der Westhuizen
Jan 31, 2025


Nuwejaarsvoorneme Quitter!
Vandag is dit die 21ste Januarie. Die euforie van Kersfees en Nuwejaar is verby. Ons bruin lywe is besig om te taan en ons sukkel met die ge
Marietjie Joubert
Jan 21, 2025


My padkaart vir 2025
In 2025 is die Here my Herder. In 2025 gaan ek Jesus se kruis getrou dra, omdat Sy kruis my dra. In 2025 gaan ek ’n raaksiener én ve
Stephan Joubert
Jan 13, 2025


Wees ‘n vreugde-ambassadeur vir die Koninkryk
Jare gelede het die gospelduo, Prophet, ‘n liedjie gesing met die naam Suurtier. Aan die begin van die musiekvideo sien ‘n mens die kerkgang
Helena Smith
Jan 7, 2025


Jy is nie verplig nie…
Jy is nie verplig om sinies te leef nie. Dit is nie ’n voorvereiste vir alle Suid-Afrikaners om deur alles en almal ontnugter te wees...
Stephan Joubert
Nov 25, 2024


Wees ’n goeie antwoord op die regte vrae
Charles Schultz, die skepper van die strokiesreeks “Peanuts,” het iewers vir mense gevra om die volgende tipe vrae te beantwoord: Noem...
Stephan Joubert
Oct 28, 2024


Geluk is nie ’n bewegende teiken nie - dit is ’n Persoon!
Dit is ’n waagstuk om jou geluk uit te kontrakteer aan ander mense, of aan goeie omstandighede. As ander mense jou gelukkig moet maak, gaan
Stephan Joubert
Apr 29, 2024


God vra nooit hoe gaan dit nie. Hy weet!
Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?” God doen dit nooit nie, want Hy weet. Hy het al die feite tot Sy beskikking. Daarom ver
Stephan Joubert
Jan 11, 2024


Wat maak jou gelukkig?
Wat maak jou gelukkig? Ek het nie die vaagste benul nie. Smaak verskil. Ek weet wel wat mý hart met die warm gevoelens van geluk en tevreden
Liezel Lüneburg
Sep 5, 2023


Lag gelowig
In ’n onlangse boek oor die impak van humor vertel Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas van ’n stukkie navorsing wat bevind ’n gemiddelde vierjarige kind lag amper 300 keer per dag, terwyl dit ’n veertigjarige ’n volle tien weke neem om 300 keer te lag. Eina! Hoor weer: dit neem ’n volwassene 70 dae om soveel te lag soos wat ’n klein kindjie in een dag lag.
Stephan Joubert
Jun 26, 2023


OHIO jou geloof
As ek ’n e-pos oopmaak, beantwoord ek dit daar en dan. As ek beloof het om iets vir iemand te doen, probeer ek dit dadelik doen. Ook probeer ek om enige besluite, wat ek saam met ander mense geneem het, dadelik deur te voer. Anders karring ek maar net weer aan van gesprek tot gesprek, van plek tot plek. Te veel kere in my lewe het ek al kerklike vergaderings, gesprekke en mense, wat die mooiste besluite neem, beleef, maar dan syfer dit leweloos weg in die sand. Almal beplan e
Stephan Joubert
Apr 17, 2023


Vreugde is God se lewenstou
Die digter en skrywer, Herman Hesse, het te midde van al die wreedhede van die eerste wêreldoorlog gepraat van klein daaglikse vreugdes, wat gedien het as sy papierdun lewenstou. Jane Hirshfield het ook hierdie dun lewenstou van vreugde geken. Klein stukkies vreugde het haar lewenskaal laat klop. Sy beskryf dit as volg in haar gedig “The Weighing:”
Stephan Joubert
Feb 16, 2023
bottom of page


