top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die Gees is daar waar Sy Boek gelees word
Ons moet die Gees toelaat om ons lewe na Sy eie goeddunke in te rig. Ons hoef nie bekommerd te wees dat Hy ons lewenshuis in hierdie proses
Stephan Joubert
Aug 23, 2024


Kry dit in jou hart
Die kerknavorser, George Barna, bevind dat minder as 10% van gelowiges die Bybel as die vernaamste bron vir hulle eie geestelike groei besko
Stephan Joubert
Aug 8, 2024


Stap saam met Jesus
‘n 84-jarige vriendin van ons is ‘n wonderlike voorbeeld van stap saam met Jesus: sy is vol vertroue en blymoedigheid. Sy moes ‘n paar jaar
Alet Gardner
Jul 17, 2024


Volg hierdie drie reëls as jy iets skryf
W. Somerset Maugham sê tong in die kies: “There are three rules for writing a novel. Unfortunately, no one knows what they are.” Skryf is ni
Stephan Joubert
Jun 6, 2024


Hoop teen alles in
Die lewe is soos ’n padkaart met baie roetes wat kruis en dwars by mekaar verbyloop. Elke mens is aan ’t beweeg. Party jaag teen ’n duiselin
Stephan Joubert
May 2, 2024


Die belangrikste padwyser vir my lewenspad
e midde van al die onbekende paaie, wat in 2024 op my wag, weet ek die enigste pad, wat altyd die regte pad is, is God S’n. Dis die pad, wat
Stephan Joubert
Jan 22, 2024


OHIO jou geloof
As ek ’n e-pos oopmaak, beantwoord ek dit daar en dan. As ek beloof het om iets vir iemand te doen, probeer ek dit dadelik doen. Ook probeer ek om enige besluite, wat ek saam met ander mense geneem het, dadelik deur te voer. Anders karring ek maar net weer aan van gesprek tot gesprek, van plek tot plek. Te veel kere in my lewe het ek al kerklike vergaderings, gesprekke en mense, wat die mooiste besluite neem, beleef, maar dan syfer dit leweloos weg in die sand. Almal beplan e
Stephan Joubert
Apr 17, 2023


Hardkoppigheid is nie ’n deug nie
Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.
Stephan Joubert
Apr 6, 2023


Hoop vat voor!
“Where did you go to my darling?” Die skryfster Maria Popova vertel in ’n oorsese rubriek dit was haar ouma se vraag aan haar oupa net nadat hy sy laaste asem uitgeblaas het. Syself worstel ook met hierdie vraag. Sy wonder hoe dit moet wees om in daardie oomblikke net te verdamp tot pure nikswees, tot “stardust”. Ons almal is volgens haar immers net ’n massa atome, wat lewe vir ’n kort tydjie hier op aarde deur ’n onpersoonlike heelal gegun is. Nadoods hersirkuleer al ons ato
Stephan Joubert
Feb 20, 2023


Draai vorentoe - draai na God toe
Jy verloor jou morele kompas, wanneer jy selfgesentreerd leef. Dit is aan die orde van die dag wanneer jy gedurig dink: “What’s in it for me?” Dan verander ander mense rondom jou in pionne, wat jy op jou eie skaakbord rondskuif om jouself te bevoordeel. Dan word God se rol in jou lewe aangepas tot die Een, wat jou eintlik net moet seën en voorspoedig maak. Dan dien jy die Here sodat … sodat Hy dinge vir jou moet doen wat jyself nodig het. Dan dien jy die Here nie ten spyte va
Stephan Joubert
Jan 19, 2023


My kompas vir 2023
Die eerste Petrusbrief bied lewensbelangrike padwysers vir ons as kinders van die Here oor hoe om vir Hom te leef in ’n nie-gelowige wêreld. Hier is ’n paar lewensbelangrike tekste, wat vanjaar as my eie kompas gaan dien (aangehaal uit: Die Nuwe Nuwe Testament): 1 Petrus 2:21: “Dit is julle roeping: Christus het vir julle gely. So het Hy vir julle ‘n voorbeeld gegee, sodat julle in Sy voetspore kan volg.”
Stephan Joubert
Jan 16, 2023


Almal doen dit
Jy ken die nuwe wagwoorde: “Almal doen dit; daarom kan ek ook.” “As niemand by stopstrate of verkeersligte stop nie, hoekom moet ek dit doen?” “As niemand hulle aan iemand anders steur nie, hoekom moet ek dit doen?” Hierdie vrae is die nuwe wagwoorde, die nuwe manier van leef vir te veel mense in ons land. Hoekom moet ek dit dan vandag oorweeg om heeltemal anders as “almal” te wees. Wel, omdat ek nie “almal” se slaaf is nie en ook omdat “almal” dikwels verkeerd is.
Stephan Joubert
Nov 25, 2022


Die verskil tussen heilige chaos en gewone chaos
Christene is te bang vir chaos. Miskien is dit omdat ons in die kerk grootgemaak is met ‘n vrees vir die onbekende en vir die “sondige wêreld” daarbuite. Ek onthou hoeveel male kerkraadslede al vir my gesê het om tog nie die mense te ontstel nie. Seker daarom dat ‘n leraar onlangs, toe ek genooi is om by sy gemeente te kom preek, vir my gevra het om nie sy lidmate ongemaklik te laat voel nie!
Stephan Joubert
May 6, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Ligloop vir stilstaan
Wees elke dag op die regte pad, op God s’n. Laat die Gees jou begerig maak om só te leef dat jou lewe vir God soos ‘n aangename geur is. Leef in die Lig. Plaas jou hand in Syne. As jy dit nie daagliks doen en voluit saam met Hom stap nie, dan raak jy ‘n dag op ‘n slag agter. As jy net aan jou eie oorvol program aandag gee en nou en dan afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie verbaas wees dat jy geestelik uitgeput raak nie. Of dat jy ‘n geestelike verkeersknoop op die hoo
Stephan Joubert
Jul 16, 2021


Vol, voller, volste!
Verlede week het ons stilgestaan by daardie kanonteks, Efesiërs 5:18. Daar het ons geleer dat ons moet toelaat dat die Gees ons elke dag vervul. Maar ons kan hierdie vers nie as ‘n losstaande teks hanteer nie. Die omringende verse in Efesiërs 5 vertel selfs nog meer vir ons oor die aard van die vervulling met die Gees. In vers 17 leer ons byvoorbeeld dat ons met wysheid moet lewe. Paulus leer ons hier om dwaasheid te vermy ten einde die wil van God te verstaan.
Stephan Joubert
Jun 11, 2021


Wat ‘n geskenk!
Die Gees se werk in die kerk en in ons elkeen se lewe is oorweldigend. Die Heilige Gees werk agter die skerms en ook openlik in ons almal. Ons as Christene staan almal onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees, soos wat 1 Korintiërs 6:18 my leer. Ons is Sy lewende tempels. Die Heilige Gees is ook die seël vanaf God se kant dat ons aan Hom behoort. Hierdie boodskap hoor ek vars en nuut in Efesiërs 1:14. Hy waarborg die egtheid van ons geloof. Dan is die Gees boonop ook die h
Stephan Joubert
May 28, 2021


Een van Jesus se lewende tekste
In haar boek: “Oranges are not the only fruit” skryf Jeanette Winterson: “The trick is to turn your own life into something that has meaning for people whose experience is nothing like your own.” So moet ons as navolgers van die Here vir Hom leef. Ons lewe moet ’n leesbare verhaal wees in die teenwoordigheid van mense, wat dieselfde én anders as onsself leef en glo. So by so is ons elkeen se lewe ’n oop boek. Ander mense lees ons gedurig. En ons lees hulle. Van ons kant af mo
Stephan Joubert
May 17, 2021


Vat eerste voor
“Vat voor!” Dit het ek gereeld gehoor toe ek doer in my studentedae vir sakgeld by die lughawe se vragkantore gewerk het. Dan moes ek letterlik aan die voorkant gaan dra wanneer ons groot bokse en kratte rondgeskuif het. Gou-gou het ek besef dit is die swaarste kant, maar dit is ook die kant waar jy die beste kan sien waarheen om te loop. Wel, nou is dit sulke tyd. Dit is tyd om voor te vat in die Heer se Naam. Moenie wag vir ander mense nie. Dan gaan jy jouself dood wag. Jy
Stephan Joubert
Apr 12, 2021


Tempels moet soos tempels lyk!
Dit is belangrik dat ons vandag nog eens vir mekaar sê dat die Heilige Gees permanente en eksklusiewe regte op ons lewens het, omdat ons aan Christus behoort. Ons is Syne hier en nou en vir altyd. Hy is ons nuwe Eienaar, omdat Jesus ons tussen die sonde gaan uitsnuffel het en ons toe met sy kosbare bloed gekoop het. Van daardie oomblik af is ons lewens onder hemelse bestuur. God woon voltyds in ons. Daarom kan ons nie doen wat ons wil of leef soos ons wil nie. Die Here duld d
Stephan Joubert
Feb 19, 2021


Al timmerend!
N. P. van Wyk Louw het iewers ’n aangrypende gedig oor ’n beiteltjie geskryf. Hierin vertel hy van ‘n klein beiteltjie wat aan ’n groot rots kap. Aanvanklik lyk dit nie asof die beiteltjie hond haaraf met die stuk klip gaan maak nie. Dan, uit die bloute, breek dit in duisende stukke. Ongesiens het die aanhoudende gekap van die beitel sy werk gedoen. Die Heilige Gees werk ook so. Hy kap dikwels stilweg, maar aanhoudend in mense se lewens.
Stephan Joubert
Dec 25, 2020
bottom of page