top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jesus is die brug, al die pad na God toe en terug!
“Hoe kom ek daar aan die oorkant?” roep die ou uit toe hy iemand aan die anderkant van die rivier sien staan. “Moenie bekommer nie; jy’s kla
Stephan Joubert
Apr 18


Geen slaaptydstorie nie
’n Storie was die laaste strooi. Ek praat van Jesus se gelykenis van die huurders van die wingerd (Markus 12:1-12). Jesus het dit op die Di
Stephan Joubert
Apr 14


Dubbele burgerskap
Brink en ek woon en werk reeds 25 jaar in Brittanje en het dan ook Britse burgerskap verkry. Ons was gelukkig in staat om ons Suid-Afrikaans
Alet Gardner
Apr 9


Die wêreld sal aangaan sonder my
Die ou Grieke het geglo dat om van jou eie sterflikheid bewus te wees, uiters noodsaaklik is. Dis noodsaaklik, want dit herinner jou aan jou
Roedolf Botha
Apr 8


The Baby Whisperer
David Deutschman, beter bekend as die “ICU Grandpa”, was ‘n vrywillige werker by die Children’s Healthcare of Atlanta hospitaal. Hy is een
Marietjie Joubert
Mar 4


Moenie ’n geestelike dreigement wees nie
Jare lank wou ek graag nuwe dinge vir God doen. By elke kerkdiens het ek “alles op die altaar” geplaas. Ek het myself moedeloos op groot deurbrake gewag. Tussendeur het ek my ore uitgeleen aan almal, wat my gedreig het dat een of ander herlewing nog op pad is. Elke keer wanneer ek met al hierdie godsdienstige gewaggery ongeduldig geraak het, is ek daaraan herinner dat deurbrake op pad is. Maar dit was altyd net toekomstaal. Amper nooit het enigiemand in die teenwoordige tyd,
Stephan Joubert
Jul 17, 2023


Dit gaan nooit verby nie
2 Korintiërs 3 is verruklik mooi! Dit bruis van opwinding oor die Gees se nuwe werke, soos dat Paulus se bediening Moses s’n vervang het en
Stephan Joubert
Jun 23, 2023


Klein is groot
Klein is nou die nuwe groot in God se koninkryk. Ek besef dit opnuut, toe ek onlangs die Britse liedjieskrywer, Martyn Joseph, se woorde oor
Stephan Joubert
Mar 31, 2023


Jy is deel van God se storie
Vir baie lank het ek geworstel met die vraag: wat is God se doel met my lewe? Waar pas ek by God se storie in? Ek was ‘n vrou, ‘n ma, ‘n onderwyseres en vriendin, maar soms het dit gevoel asof ek nog iets moes doen om my lewensdoel te vervul. Toe kom wys God my dat alles eintlik so eenvoudig is, dat ek in my daaglikse handel en wandel my doel kan uitleef.
Helena Smith
May 31, 2022


Dit het tyd geword om te ontrommel
Ons kinders is almal uit die huis en binne ‘n paar jaar is dit tyd vir aftrede. Ek en my man het besluit dat dit tyd is om kleiner te gaan. Ons wil graag verhuis na ‘n meenthuis. Die gedagte maak my effens benoud, want ons sal van baie goed ontslae moet raak. Hier sal ‘n grootskaalse “decluttering” moet plaasvind. As ‘n mens nog jou eie skoolrapporte van ongeveer 50 jaar gelede opgaar, weet jy dat daar baie ontrommeling sal moet gebeur! Ons woon in ‘n samelewing met ‘n ver
Helena Smith
Feb 8, 2022


Nog eens - die toekoms word gewaarborg!
Die Gees is God se waarborg dat ons elkeen, wat aan Hom behoort, se toekoms veilig is. Om dit te onderstreep, noem Paulus in 2 Korintiërs 5 die Gees nog eens die waarborg van God. Hier is hy besig om te vertel van die nuwe lewe anderkant die dood, wat God tans besig is om vir ons voor te berei. Dan onderstreep hy die absolute sekerheid dat dit wel sal aanbreek deur die Gees se rol as hemelse waarborg uit te lig. Net soos in Efesiërs 1:13-14 en vroeër in 2 Korintiërs 1:22, bev
Stephan Joubert
May 21, 2021


God se lewende offer
Wat ‘n fenomenale beeld vir die Heilige Gees se werk gebruik Paulus nie hier in Romeine 8:23 nie. Dit laat my skoon na my asem snak! In die Ou-Testamentiese tyd het Israeliete die eerste opbrengste van hul oes aan die Here gewy. Paulus sê egter hier dat die rolle nou totaal en al omgeruil het: nou is dit nie meer ons wat offers aan God hoef te bring nie. Nee, Hy bring nou ’n offer aan ons en hierdie offer is niemand minder as Sy Gees nie. God gee so baie vir ons om dat Hy Sy
Stephan Joubert
May 14, 2021


Beseël vir die groot fees!
Die voorregte uit God se hand, waaraan ons nou reeds deel het, is maar net ’n voorsmakie van dit wat nog voorlê. Hiervan is die Gees die persoonlike waarborg. Hy sal sorg dat ons die wenstreep haal. Hy het ons beseël as God se persoonlike eiendom. Hy is die deposito, wat ons Hemelse Vader as vooruitbetaling op ons elkeen se lewe inbetaal het om ons te verseker dat niks of niemand sal keer dat ons die groot feesbanket in die hemel haal nie. Ons is mense met die toekoms in ons
Stephan Joubert
May 7, 2021


Here, wanneer dan?
Almal vra wanneer die pandemie dan nou tot ‘n einde gaan kom. Wanneer kan alles weer aangaan? Wanneer kan ons weer mens wees? Waarom gee die Here nie vir ons die antwoord nie? So wou mense al by my weet. Dis alles verstaanbare vrae en ons moet natuurlik bid, daaraan werk en hoop dat dinge ekonomies en medies spoedig gaan verbeter. In die Nuwe Testament sien ons egter dat die dissipels vir Jesus ‘n soortgelyke vraag gevra het (Handelinge 1:6-8a):
Roedolf Botha
Sep 1, 2020


Sywurms
“Nee, Pappa, ek soek meer van die kleiner blare,” beduie sy met haar wysvingertjie. Ek het self gereken dat die groter blare beter is, maar Wysvingertjie weet duidelik beter. Haar pa skud sy kop en begin eerder nader aan die takke se punte pluk. “Hulle is sagter en sappiger vir die wurmpies,” verduidelik sy blinkoog vir my. Die kuiltjie in haar linkerwang duik op. “Hulle los heeltemal op in die kokon,” giggel sy.
Siegfried Louw
Aug 11, 2020


Hierdie Vuur brand skoon
Vuur brand. Wie weet dit nie? Daarom speel mens nie met vuur nie. Dis lewensgevaarlik. Maar vuur maak soms ook skoon. Dit brand dooie dinge uit die pad. Op verrassende maniere is vuur soms die pad na nuwe lewe toe, soos op daardie oggend in Jerusalem toe hemelse vure skielik begin brand het. Toe die winde van verandering begin waai het, het die vure van vernuwing ook begin brand.
Stephan Joubert
Mar 13, 2020


Die doel van invloed
Wat maak vir Jesus saak. Kyk na sy eerste preek. Ons kan nogal heelwat uit Lukas 4 van Jesus se prioriteite leer. Daar stel Hy die agenda vir die res van sy bediening. Jesus het gesê: die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig (Lukas 4:18 – 19).
Coen Slabber
Jan 22, 2020


Wakker-slaap!
Ek weet nie of jy al gehoor het van die lekker Afrikaanse gesegde wat dikwels gebruik word om mense te laat weet dat hulle moet oplet, of me
Ivor Swartz
Jan 14, 2020
bottom of page