top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Vind vreugde in beide kakofonie én harmonie
Een van my gunstelingonderwysers het op 'n dag in 'n dawerende stem gevra: "Wat vir 'n kakofonie gaan hier aan?" Die hele klas het stil geraak en hom oopmond aangegaap. Die betekenis van die term, wat darem baie soos 'n vloekwoord klink, was vir die klomp onkundige sestienjarige tieners heeltemal duister. Hy het gelag en verduidelik dat 'n kakofonie eintlik 'n onwelluidende mengsel van deurmekaar klanke of 'n goot lawaai is.
Liezel Lüneburg
Jul 22


Om reg te rou, en reg te onthou
Die bekende skrywer, Henry James (1843-1916), skryf op ’n roerende wyse in sy dagboek oor die afsterwe van sy ma: “There seems not to be enough tenderness in my being to register the extinction of such a life. But I can reflect, with perfect gladness, that her work was done.” Wie van ons ken nie diep hartseer, wanneer ’n geliefde gesterf het nie.
Stephan Joubert
Jul 14


Ons hoef nie koeëlvas te wees nie
“Na al die jare moes ek meer koeëlvas gewees het teen die lewe se stampe en stote. Ek moes kritiek beter verwerk het. Mense se rugsteke moes
Stephan Joubert
Apr 7


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het. Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen ni
Stephan Joubert
Jun 29, 2023


Boelies bring lyding
Nabal was ʼn skoorsoeker en bullebak. Hy het een en elk beledig en word in 1 Samuel 25 beskryf as ʼn “regte korrelkop en onbeskof” en ʼn verkee
Liezel Lüneburg
May 16, 2023


Om te huil en te lag
Soms wil jy net huil oor al die sinnelose geweld en hartseer in die lewe. Jesus het dit regtig gedoen. Hy het op ‘n dag hardop gehuil oor ‘n
Stephan Joubert
Apr 7, 2023


Mense is ook veilige hawens
Skepe het hawens nodig. Hier moet nuwe voorrade en passasiers aan boord geneem word. Hier moet herstelwerk gedoen word. Hier moet geskuil word, wanneer gevaarlike storms woed. Dieselfde geld vir onsself. Ons almal benodig hawens, waar ons veilig kan wees en waar noodsaaklike geestelike herstelwerk aan ons gedoen kan word. Ons almal kort ’n skuilplek, wanneer die stormwinde dreig om ons van koers af te waai. Waar is sulke hawens te vind? Vir seker by die Here. Hy is ons skuilp
Stephan Joubert
Apr 28, 2022


Vreugde wen, want Jesus wen
Johannes 20:1-18 vertel vir ons van Jesus se eerste gesprek kort nadat Hy die dood gefnuik het. Dit gebeur vroeg daardie Sondag, wanneer Maria Magdalena by die graf opdaag. Sy hoor Iemand agter haar. Dit is Jesus. Haar eie hartseer veroorsaak egter dat sy Hom nie herken nie. Sy verwar Hom met die plaaslike tuinier. Fout, groot fout! “Waar is Jesus se liggaam?” vra sy vol droefheid. Toe spreek Jesus haar reguit op haar naam aan: “Maria!” Net dit. Dit ruk haar tot stilstand. Di
Stephan Joubert
Apr 18, 2022


Kom sit asseblief hier by Jesus se vuur... een wat goeie hitte afgee
Mag ek jou oornooi na ’n ander vuur toe, een wat goeie hitte afgee. By daardie oorkantste vuur brand almal seer. Daar baklei almal. Daar stry almal oor wie is die meeste benadeel en verneder. Vroue, mans, kinders, wit swart, gay, straight, oud, jonk en al die res is daar slagoffers. Daar is soveel oop wonde, soveel rou emosies. Kom sit hier. Hier maak die vuur almal warm. Hier is genesing te vind... asook ‘n bietjie vrede en rus vir elkeen se gemoed. Hierdie is Jesus se goeie
Stephan Joubert
Sep 14, 2020


Net seker van die Gees
Ons is so in beheer van ons lewens en ons wêreld as wat kan kom. Ons selfone maak ons op enige plek bereikbaar. Ons GPS keer dat ons verdwaal. Ons rekenaars sorg vir seepgladde toegang tot die super-informasie hoofweg. Vandag se wêreld is meer effektief as ooit. Tog is die mensdom diep ongelukkig. So bevind die tydskrif Time onlangs. Meer huwelike spat uitmekaar, meer kinders gebruik dwelms en meer gesinne verbrokkel as ooit –ten spyte van ons tegnologie, terapeute en kerklik
Stephan Joubert
Aug 14, 2020


God laat Homself vind
Die boek Job is juis ’n lewensgrootte worsteling met lyding en met God se rol hierbinne. Nadat Job self al sy kinders aan die dood verloor het, saam met al sy aardse besittings, worstel hy om sin te maak van die lewe en van God. Dan ontdek Job vir God op ’n nuwe manier in sy lyding. Hy loop in God vas, nie in rasionele antwoorde nie. Of is dit andersom? God loop in Job vas! Job ontdek dan dat die Here hom nie afgeskryf het nie. Hy leer God ken as die Een wat sy liefde en alma
Stephan Joubert
Jul 30, 2020
bottom of page