
Ek wens dit was 2019 sê iemand. “Regtig? Hoekom?” wonder ek. Het almal vergeet van laasjaar se misdaad, grondgevegte, armoede en wat nog alles? Is Prediker 7:10 nie meer waar nie? Dit sê dat ons moenie sê die ou dae was beter as nou nie. Dan voeg hy by dat dit nie wysheid is om agteruit te leef in die rigting van die verlede nie. Ware woorde. Soos wat ek aldag vir myself sê: die verlede is ook net goed solank onsself nie daar hoef te leef nie. Ja, tye is hard, maar dit is altyd hard. Gaan jy terug na 2019 toe, dan sal jy in amper elke koerantberig, Facebook plasing en gesprek hoor van al die moeilikheid. O ja, dieselfde geld van 2019, 1918, 1818, 1618, 1518… Regdeur die eeue verklaar mense nog altyd hulle eie omstandighede tot die moeilikste ooit.
Nou ja, 2020 is hard. Die korona-virus beïnvloed ons elkeen se lewens op wie weet hoeveel slegte maniere. Maar die keuse is ons s’n of ons die tyd net gaan omwens, en of ons saam met Paulus in 2 Korintiërs 6 gaan sê dat vandag die Here se dag is en dit vul met sy teenwoordigheid.
Comments